FB Hoofstuk 7 - Koste Van Kapitaal Flashcards
Koste van Kapitaal?
Gemiddelde koste wat ‘n entiteit moet betaal om finansiering uit ‘n mengsel van bronne te kry;
Uitgedruk as ‘n persentasie;
Moeilik om in praktyk te bereken.
Wat is die 2 aannames van koste van kapitaal?
Aanvaar word dat ‘n optimale kapitaalstruktuur vir elke entiteit bestaan, dus ‘n optimale skuld-tot-ekwiteit verhouding;
Bates waarin fondse bele word, het almal dieselfde risiko.
Hoekom wil ons die GGKK bereken?
1) Evalueering van kapitaalprojekte;
2) Waardasies van firmas;
3) Bepaling van ‘n firma se ekonomiese waarde toevoeging (EWT);
4) GGKK gebruik vir prys besluite vir industrieë wat onderhewig is aan regulatoriese beheer
5) Bepaling van billike waarde van bates vir korporatiewe verslagdoening
1) Evalueering van kapitaalprojekte
GGKK moet korrek bereken word om firma in staat te stel om evaluasie uit te voer;
Bepaal of die projek opbrengs > GGKK
2) Waardasie van firmas?
GGKK stel beleggers in staat om verdiskonteerde kontantvloeie waardasies te onderneem;
Die firma se koste van kapitaal word gebruik om ‘n firma se voorspelde toekomstige kontantvloeie te verdiskonteer.
3) Bepaal firma se ekonomiese waarde toegevoeg
Beleggers gebruik EWT of ekonomiese wins om die finansiële prestasie van firma’s te evalueer en bestuur word ook op die basis van EWT evalueer;
EWT = Bedryfsinkomste - (GGKK x Geïnvesteerde kapitaal)
Beleggers vergelyk hul Opbrengs Op Invsteerde Kapitaal (OOIK) met die GGKK om te bepaal of waarde toegevoeg of verminder word.
4) GGKK gebruik om prys besluite vir industrieë wat onderhewig is aan regulatoriese beheer
Die regulatoriese owerhede implimenteer die GGKK om firma’s se pryse te bepaal
5) Bepaling van billike waarde van bates vir korporatiewe verslagdoening
Veral gebruik in die afwesigheid van likiede, geordende mark vir die firma se bates.
Berekening van koste van kapitaal
Stap 1: Bepaal die marginale koste van elke finansieringsbron; Sluit die effek van belastiing in; Gebruik marginale koerse;
Stap 2: Bepaal die gewig van elke finansieringsbron; Gebruik markwaardes of teiken kapitaalstruktuur);
Stap 3: Bereken GGKK (die som van marginale koste x gewig)
Stap 1: Sluit die effek van belasting in
Die verdiskonteringskoers moet na belasting wees;
Wanneer ons toekomstige kontantvloeie verdiskonteer, verdiskonteer ons dit na belasting en dus om konstant te wees, gebruik ons ‘n na-belaste verdiskonteringskoers;
Stap 1: Gebruik marginale koste
Die koste van nuwe finansiering is relevant;
Dus moet die koste om nuwe finansiering te bekom gebruik word en nie die gemiddelde koste van vorige finansiering en lenings nie;
Moet ook nie die gemiddelde rentekoers op effekte en lenings gebruik wat op die state van die firma gerapporteer word nie;
Gebruik inligting wat verwys na die toekoms om die koste van ekwiteit en die koste van skuld te bereken.
Stap 2: Bepaal die gewig van die verskillende finansieringsbronne
Fokus op die bepaling van die vereisde opbrengs wat ‘n opbrengs sal lewer aan alle finansieringsbronne van die firma;
Stap 2: Gebruik markwaardes of teiken kapitaal struktuur
Die gerbuik van markwaardes is meer relevant in die bepaling van die werklike koste van elke finansieringsbron;
Die werklike waarde wat onder risiko is vir elke finansieringsbron is die markwaarde van ekwiteit en skuld;
Dit is sal nuttig wees om die teiken kapitaal struktuur te gebruik indien die bestuur verwag dat die toekomstige gewig van skuld en ekwiteit gaan verander
Formule van die GGKK?
Die formule behoort die na-belaste koste van elke finansieringsbron geweeg deur sy bydra na die waarde van die firma weerspieël;
Formule van GGKK?
GGKK = Kd (1 - t)(D/V) + Ke (E/V) Kd = koste van skuld Ke = Koste van gewone ekwiteit t = belastingkoers D = markwaarde van skuld E = markwaarde van gewone ekwiteit V = markwaarde van die firma
Verpoeling van fondse
Besluite gegrond op GGKK, nie individuele bronne van finansiering nie
Verpoeling van fondse?
Die prinsiep is dat die GGKK, wat die geweegde koste van die komponente van die kapitale sturktuur weerspieël, gebruik moet word as die minimum opbrengskoers wat verwag word vanaf die projekte
Koste van nuwe skuld?
Koste van skuld = Kd (1 - t) t = Belastingkoers Skuld verwys na rente-draende lenings. Word in 2 kategorieë verdeel: 1) Termynlenings @ vasgestelde koers 2) Skuldbriewe
1) Termynlenings @ vasgestelde koers?
Die gekwoteerde koers sal die markverwante koers wees wat huidiglik gehef word op soortgelyke lenings;
Meeste termynlenings verteenwoordig wisselende koers finansiering, maar ‘n firma kan ook ‘n vaste rentekoers termynlening kry.
2) Skuldbriewe
Die koers sal i.t.v. Die diskonto of premie op die pari-waarde ten tyde die verkoop van die skuldbrief bepaal word;
Koste van skuld berekening? Kd word in % uitgedruk Nie-aflosbare skuld (perpituiteite) Sigwaarde is die markwaarde van item Sigwaarde = nominale waarde
Koste van skuld = Kd (1 - t)
Vd = markwaarde van skuld = rente of koepon / verwagte opbrengs %
Netto ontvangste = Vd - uitgifkoste (gewoonlike koste van uitreiking van nuwe skuld)
Kd = Rente of koepon / Netto ontvangste
Indien geen uitgifkoste nie: Kd = I (1 - t) = verwagte opbrengs%
Koste van skuld?
Aflosbaar
PV = Netto ontvangste (dus min uitgifkoste)
FV = Aflosbare bedrag (ontvang wanneer item afgelos word)
N = aantal betalings
PMT = Koepon of rente
I/YR = Kd (wat ek wil he)
Indien geen markwaarde gegee is nie aanvaar nominale waarde = markwaarde
Koste van voorkeuraandele (Kp)
Voorkeuraandeelhouers ontvang dividende voor dividenduitbetalings aan gewone aandeelhouers;
Alhoewel geen verpligting ontstaan om dividende te betaal nie, word dit tog verwag;
Indien nie uitbetaal nie word die kredietwaardigheid van die firma beïnvloed;
Nie aftrekbaar vir belasting nie
Nie-aflosbare voorkeuraandeel
Vp = Voorkeur dividend / verlangde opbrengskoers
Netto ontvangste = Vp - uitgifkoste
Kp = Voorkeur dividend / netto ontvangste
Indien geen uitgifkoste nie, is Kp = verlangde opbrengskoers;
Koste van voorkeuraandele = Kp