FB Hoofstuk 3 - Risiko En Opbrengs Flashcards
Die konsep van risiko:
Hoe hoër die risiko, hoe hoër is die verwagte/verlangde obrengs;
Risiko = kans dat werklike uitkoms verskil van verwagte uitkoms
Finansiële bestuurder moet Finansiering en Beleggingsbesluite teenoor die aanvaarbare vlak van risiko oorweeg;
Risiko’s t.o.v. Finansiering en Beleggingsbesluite = onstabieliteit van verwagte opbrengs en moontlike verliese
Beleggings met sekere uitkomstes
Geen verwagting dat werklike uitkoms met verwagte uitkoms gaan verskil nie, bv. 8% staatseffekte (algemene maatstaf van risiko-vrye beleggings)
Beleggings met onsekere uitkomstes
‘n Mate van onsekerheid tussen die verwagte en werklike uitkoms, bv. JSE aandele
3 tipes risiko’s?
1) Besigheidsrisiko
2) Finansiële risiko
3) Totale maatksappy risiko
1) Besigheidsrisiko
Is veroorsaak deur die aard van die besigheid (tipe produk/diens) en die industrie waarin dit bedryf;
Word weerspieël in die veranderlikheid van verkope en kostestruktuur;
Effek van besigheidsrisiko op finansiële prestasie word gemeet deur hoe die veranderlikheid van verkope VVRB sal beïnvloed
1) Besigheidsrisiko
Verwys ook na die aanpasbaarheid van die kostestruktuur van vaste koste tot veranderlike koste;
En die effek wat die vaste kostestruktuur op winsgewendheid het
Faktore wat Besigheidsrisiko, asook die veranderlikhied van verkope beïnvloed:
Toename in mededinging; Die beskikbaarheid van plaasvervangende produkte; Effek van resessie; Vinnige veranderinge in tegnologie; en Markverskuiwings
Faktore wat Besigheidsrisiko, asook die aanpasbaarheid van die kostestruktuur beïnvloed:
Verhouding tussen vast en veranderlike kostes
Gelykbreek
F = Vaste koste VC = Veranderlike koste S = Verkope
Totale verkope (in Rand) = Totale kostes = Geen wins/verlies = Gelykbreek
Gelykbreek in eenhede = (F) / Bydrae per eenheid (S - VC) = antwoord in eenhede
Gelykbreek in R = Vaste koste (F) / Bydrae % [(S - VC) / S] = Rand
Bedryfshefboom (MBH)
MBH = (S - VC) / (S - VC - F)
= Grensinkomste / VVRB
Bedryfshefboom (MBH)
Dit verwys na die volatiliteit van die styging/daling van verkope en die effek daarvan op VVRB
Hoe hoër MHB is, hoe hoër is die vlak van vaste koste om te dek, dus ook ‘n hoër gelykbreeksyfer om te dek; EN
Hoe minder aanpasbaar is die kostestruktuur
Bedryfshefboom (MBH)
Hoër MBH beteken hoër risiko
2) Finansiële risiko
Gebruik rentedraende lenings om gedeeltes die maatskappy se bates te finansier en aandeelhouers se opbrengs te verhoog;
Rente is betaalbaalbaar, ongeag maatskappy se prestasie;
Toename in verkope lei tot ‘n beter posisie in die finansiële hefboom wat weer lei tot ‘n toename in OOE
2) Finansiële risiko
Maatskappye sonder skuld het geen rente wat betaalbaar is nie, dus geen finansiële risiko nie aangesien verliese ten volle deur die aandeelhouers geabsorbeer word;
Finansiëlehefboom (MFH)
VVRB / (VVRB - Rente)
Rente = I
Rentedekking = Wins voor rente / Rente
Wat is die mate van finansiële risiko? (MFH)
Verwys na die finansiële struktuur van die entiteit;
Die % van VVRB wat afgestaan word aan finansiële kostes (rente);
Hoe hoër die MFH is, hoe hoër is die rentekost, hoe hoër is die risiko
Totale maatskappy risiko (TMR)
TMR = MBH x MFH
= (S - VC) / (S - VC - F - I)
= Bydrae (of Grensinkomste) / Netto Inkomste VOOR Belasting
TMR is die effek wat die % veranderng in verkope (of byrdrae) het op Wins voor belasting
Wat is opbrengs?
Die wins of verlies van ‘n sekuriteit in ‘n bepaalde tydperk.
Die opbrengs bestaan uit die inkomste en die kapitaalwins relatief tot die belegging.
Dit word gewoonlik aangehaal as ‘n persentasie
Berekeninge wat belangrik is in die bepaling van opbrengs:
1) VVRB
2) OOE
3) % Opbrengs aan aandeelhouer
4) Verwagte Opbrengs
1) Verdienste Voor Rente en Belasting (VVRB)
VVRB = wins uit bedrywighede = Grensinkomste - Uitgawes (uitsluitend finansiële uitgawes)
2) Opbrengs op Ekwiteit (OOE)
OOE = Netto wins (wins vir die jaar) / Totale aandeelhouers fondse (ekwiteit)
= antwoord getoon in %
3) % Opbrengs aan aandeelhouer
Meting van verwagte risiko en opbrengs
Rs = (P1 - P0 + D) / P0 Rs = Opbrengs aan aandeelhours P0 = Aandeelprys aan begin van periode P1 = Aandeelprys aan einde van periode D = Dividende ontvang in periode Antwoord uitgedruk in %
4) Verwagte opbrengs met waarskynlikhede
Enkel aandeelbeleggings:
Opbrengs en Risiko (standaardafwyking) kan bereken word met:
- waarskynlikhede (tabelle en formules)
- aantal jare (historiese data, dus sakrekenaar)
Verwagte opbrengs met waarskynlikhede
Re = Sigma (Waarskynlikheid% x Opbrengs)
Sigma = Som van teken