BB Hoofstuk 1 & 2 - Inleiding Flashcards
Besluitneming
Beplanningsproses
1) Identifiseer doelwitte
2) Soek alternatiewe
3) Versamel data van alternatiewe
4) Selekteer geskikte alternatiewe
5) Implementeer alternatiewe
6) Vergelyk werklike uitkoms met verwagte uitkoms
7) Reageer op afwykings
Soek alternatiewe
Moet ek produkte self vervaardig of aankoop?
Is dit goedkoper om in te voer?
Waar gaan my produkte verkoop word? (Ligging van winkels, ens.)
Aan nuwe teikenmark of bestaande teikenmark verkoop?
Watter opsies is beskikbaar vir die adverteering van nuwe produk?
Hoe beïnvloed tipes koste my besluite
Kyk na vaste en veranderlike kostes. Veranderlike kostes beïnvloed slegs my produkte, terwyl vaste kostes my produkte en produksie beïnvloed.
Kostevoorwerp van vervaardigings maatskappye
Gewoonlik die produkte
Koste voorwerp van produkte verskaffer maatskappye
Departemente is gewoonlik die koste voorwerp
Koste voorwerp van diensverskaffers
Gewoonlik die verskaffing van dienste
Kosteberekeninge
Direkte koste
Koste voorwerp(-objek) = enige iets waaraan bestuur koste heg, bv. Produksie lyne, departemente, produkte, ens. Direkte koste = kostes wat direk aan die koste voorwerp toegedeel word, bv. Direkte grondstof, direkte arbeid, ens. Direkte kostes is enige kostes wat direk aangegaan is in die produksie van die produk.
Kosteberekeninge
Indirekte vervaardigingskoste = vervaardigingsbokoste
Kostes wat nie direk aan die produksie van die produkte toegedeel word nie, bv. Elektrisiteit, skoonmaakdienste, EAT, huur, ens.
Klasvoorbeeld
Koste van margerien vir 1 baksel (24 koekies)?
Aanvaar 1 koppie = 250g margerien
2/3 koppies = 166g en koop margerien aan @ R20 p/400g
Klasvoorbeeld
Aankope van margerien
Koste van margerien per baksel = R20 / 400g = R0,05 p/g, dus koste van 166g = 166g x R0,05 = R8,30
Dus koste per koekie = R8,30 / 24 koekies = R0,35
Klasvoorbeeld:
Vervaardigingskoste per eenheid (Baksel)
Direkte kostes = Direkte grondstof + direkte arbeid
Direkte grondstof:
Margerien (R20 / 400g x 166g) = R8,30
Suiker (83g @ R10 p/250g) = (10 / 250 x 83) = R3,32
Eier (R2 p/eier) = (1 eier x R2) = R2
Koekmeel (500g @ R25 p/kg) = (25 / 1 000 x 500) = R12,50
Klasvoorbeeld
Vervaardigingskoste per eenheid (baksel)
Direkte arbeid = 3,6 ure om baksel te bak x R25 p/uur = R90
Direktevervaardigingskoste = Direkte grondstof + Direkte arbeid = R116,12
Klasvoorbeeld
Vervaardigingskoste per eenheid (baksel)
Het 25 000 eenhede (baksels) in totaal geproduseer
Indirekte vervaardigingskoste: Fabriek = R50 000 Indirekte arbeid = R12 000 Elektrisiteit = R8 000 Skoonmaakdienste = R2 500 Totaal = R72 500; per eenheid = 72 500 / 25 000 = R2,90
Klasvoorbeeld
Vervaardigingskoste per eenheid (baksel)
Het 25 000 eenhede (baksels) geproduseer
Totale vervaardigingskoste = Direkte vervaardigingskoste + Indirekte vervaardigingskoste = R116,12 + R2,90 = R119,02
Nie-vervaardigingsbokoste
Periodieke-uitgawes: - Bemarkingskoste - Admin kostes - Verkoopskoste Vorm nie deel van voorraadwaardasie vir die berekening van Koste van Verkope nie. Word as ander uitgawes erken.
Voorraadwaardasie vs Besluitneming
Voorraadwaardasie moet voldoen aan IAS;
Besluitneming = ALLE RELEVANTE kostes word in ag geneem by die bepaling van die verkoopprys van die produk.
Klasvoorbeeld
Besluit wat moet verkoopprys van baksel wees:
Totale vervaardigingskoste = R119,02 Ander uitgawes: Verkoopskoste per baksel = R2,50 Bemarkingskoste per baksel = R4,00 Admin koste per baksel = R12,00 Dus totale koste per baksel = R137,52
Direkte grondstof verbruik = ?
= Beginvoorraad + aankope - eindvoorraad
Dus eindvoorraad van Direkte grondstof = Beginvoorraad + aankope - grondstof gebruik (en indien van toepassing, enige verliese en diefstal)
Koste van goedere vervaardig =
= Kan vanaf WIP rekening kry OF
= Direkte grondstof verbruik + Direkte arbeidskoste aangegaan + Vervaardigingsbokoste aangegaan = Totale vervaardigingskoste van HUIDIGE JAAR + WIP beginsalde (vorige periode se items se koste om te voltooi in huidige periode) - WIP eindsaldo (koste van items nog nie in huidige jaar voltooi nie) = Koste van goedere vervaardig
Versamel data
Data nie beperk na finansiële inligting nie, maar ook kwalitatiewe / nie-finansiële data.