FB Hoofstuk 13 - Bronne Van Finansiering Flashcards
Tipes finansiële markte
1) Geld- en kapitaalmark
2) Primêre en sekondêre markte
3) Formeel en oor-die-toonbank markte
4) Sig en afgeleide markte
1) Geld- en kapitaalmarkte:
Geldmark?
Meestal gebruik om korttermyn finansiering te bekom;
Groep mense wat by mekaar geld leen en terugbetaal;
Aksepbanke, kommersiele banke, nie-banke finansiële instellings en groot korporasies bedryf in die geldmark;
Handeldryf van finansiële instrumente met ‘n leeftyd van minder as 3 jaar
1) Geld- en kapitaalmarkte
Kapitaalmarkte?
Word gebruik om langtermyn finansiering te bekom;
Bv. JSE aandele mark
Handeldryf met finansiële instrumente wat ‘n leeftyd van langer as 3 jaar het.
2) Primêre en sekondêre markte
Primêre markte?
Gebruik om nuwe finansiering te bekom;
Aanbod van nuwe ekwiteit op JSE is ‘n voorbeeld hiervan
2) Primêre en sekondêre markte
Sekondêre markte?
Die handeldryf van bestaande ekwiteit vind plaas in hierdie mark;
Aandele wat op ‘n daaglikse basis gekoop en verkoop word op die aandelemark is ‘n voorbeeld hiervan (maar dit moet reeds uitgereikte aandele wees, nie nuwe aandele nie);
Is nie ‘n bron van finansiering nie, maar is relevant omdat dit die mark en waarde van die aandele aandui;
Verskaf inligting vir organisasies wat finansiering in die primêre mark wil bekom
3) Formeel- en oor-die-toonbank markte
Formele markte?
Bv. JSE se verskillende departemente; Hoogs gereguleer; Spesialiseer in 'n noue verskeidendheid van instrumente; Toeganklik vir klein beleggers; Standaard instrumente is verhanderbaar
3) Formeel- en oor-die-toonbank markte
Oor-die-toonbank markte?
Enige party wat belangstel;
Transaksies kan plaasvind oor die telefoon of deur gebruik van rekenaars;
Geldeenhede word effektiewelik verhandel in hierdie mark;
Partye kan aanpas in ooreenstemming met hul behoeftes
4) Sig- en afgeleide markte
Sig markte?
Transaksies geskied teen prys waarop dadelik ooreengekom word
4) Sig- en afgeleide markte
Afgeleide markte
Prys gekoppel aan die prys van ‘n ander instrument of kommoditeit;
Hoofsaaklik om blootstelling aan risiko te bestuur;
Alhoewel, die buigsaamheid, hefboomwerking en die lae koste van afgeleide instrumente moedig ook beleggers verder aan;
Afgeleide kontrakte kan op ‘n beurs verhandel word of nie op ‘n beurs verhandel nie;
Afgeleide instrumente wat op beurs verhandel is
Afgeleide instrumente wat op ‘n beurs verhandel word is gestandardiseerde kontrakte wat verhandel word op fisiese beurse en sluit in opsies en waarborge op die JSE asook termynkontrakte en opsies op termynkontrakte op SAFEX
Afgeleide instrumente nie op beurs verhandel nie
Afgeleide instrumente wat nie op ‘n beurs verhandel nie, is nie-gestandardiseerd (onafhanklik tussen partye verhandel) en nie verhandel op ‘n fisiese beurs nie (dus minder likied as beurs verhandelde afgeleide insrtumente), dit sluit in termynkontrakte, ruilings en termynkoerse.
JSE sekuriteitebeurs
1) Hoofbord en ALT-X: - Gewone aandele (eienaars van entiteit)
- voorkeur aandele (vaste dividend)
- Waarborge (opsies op gewone aandele van genoteerde maatskappye uitgereik deur banke)
2) JSE Afgeleidemark (SAFEX): - Termynkontrakte
- Opsies
3) JSE Skuld mark (BESA): - Effekte (alle effekte, insluitend staatseffekte) en skuldbriewe (rente)
JSE Sekuriteitebeurs: Rol van die JSE?
Reik aandele uit + bekom primêre kapitaal om besigheids uitbreidings te finansier;
Seker maak dat daar ‘n sekondêre mark bestaan vir aandele verhandeling;
Monitor prestasie o.g.v. verandering in aandeelprys;
Aandeleaansporingskemas;
Rol van JSE?
Entiteite verkry beter finansiering vanaf banke;
Beter openbaarmaking;
Finansier die aankope van maatskappye deur aandele uit te reik;
Aandele terugkoop;
Verbeter die publieke profiel van die maatskappy
JSE Sekeruteitebeurs: Voordele van notering?
Verseker likiede mark; Bied beskerming vir aandeelhouers; Maatskappye moet aan JSE se vereistes voldoen; Regverdige en gelyke behandeling; Behoorlike en tydige openbaarmaking
JSE Sekeruteitebeurs: Nadele van noteering?
Openbaarmakingsvereistes;
Verliese aan privaatheid en buigsaamheid;
Strategiese inligting word bekend;
Tydsbestuur in nodig;
Negatiewe publisiteit indien JSE sleg doen;
Koste verbonde aan notering;
Verhoogde verantwoordelikheid
JSE Sekeruteitebeurs: Hoofbord noteringsvereistes?
Minstens R25m aandelekapitaal, ingesluit reserwes, uitgesluit NBB;
Minstens 25m uitgereikte aandele;
Afgelope 3 jaar se gunstige oudit verslae verskaf, waarvan laaste geouditeerde state ‘n wins voor belasting van R8m toon;
20% van elke klas ekwiteitsaandele moet deur die publiek gehou word;
Aantal publieke aandeelhouers = ten minste 300 vir gewone aandele, 50 vir voorkeuraandele en 25 vir skuldbriewe.
JSE Sekeruteitebeurs: ALT-X noteringsvereistes?
Minstens R2m uitgereikte aandele kapitaal, ingesluit reserwes, uitgesluit NBB;
10% van elke klas van ekwiteitsaandele moet deur die publiek gehou word;
Aantal publieke aandeelhouers = minstens 100;
Moet raadgewer aanwys (Aangewese Adviseur);
Uitvoerende finansiële direkteur aanstel;
Wins vooruitskatting vir jaar waarin noteer en vir die volgende jaar;
Direkteure moet ALT-X induksie program vir direkteure bywoon;
Ten minste 25% van direkteure moet NIE-uitvoerende direkteure wees
4 maniere hoe maatskappy kan noteer?
1) Bekendstelling
2) Privaat plasing
3) Publieke plasing
4) Omgekeerde notering
1) Bekendstelling?
Maatskappye beskik reeds oor vereiste aantal aandeelhouers en kapitaal;
Kan dadelik noteer;
Geen nuwe aandele hoef uitgereik te word nie, dus nie’n bron van finansiering nie;
Lae koste manier vir notering
2) Privaat plasing?
Gewone aandele word direk aan institusionele beleggers verkoop;
Beleggingsbank en maatskappy sal die sekuriteite aan die potensiële beleggers aanbied/voorlê;
Voordele = geen onderskrywing nodig nie; lae koste; geen prospektus nodig nie; strategiese allokasie van aandele
3) Publieke plasing? 2 opsies
1) Aanbod vir verkoop = bestaande aandeelhouers verkoop aandele aan die publiek, en die volle bedrag ontvang daarvoor gaan na die verkoper;
2) Aanbod vir subskripsie = Maatskappy bied aandele aan pubiek aan wat nog nie uitgereik is nie. Alle bedrae ontvang word toegeken aan die maatskappy en word gebruik om projekte te finansier;
By Publieke plasing, is die uitreiking van ‘n prospektus nodig
4) Omgekeerde notering?
Kry indirek notering deur maatskappy te gebruik wat reeds genoteer is;
Kontant dop = maatskappy wat net kontant het omdat dit alle ander bates verkoop het, minimum kontant = R5m, word gestig deur maatskappy wat wil noteer;
2 maniere:
1) Verkoop besigheid aan kontant dop maatskappy in ruil vir aandele; OF
2) Deur omgekeerde oorname: Dop maatskappy neem beheer oor die besigheid en reik hulle aandele uit aan die besigheid se aandeelhouers, sodat die dop maatskappy se aandeelhouers beheer verloor.
Bepaal uitgifprys?
Die uitgifprys is gewoonlik laer as die markwaarde om te verseker aandeel uitreiking suksesvol is;
Dit sal ‘n impak he indien die prys te hoog of te laag is;
Onderprys = huidige aandeelhouers verloor, kom dikwels voor in klein besighede tydens hul aanvanklike oopenbare aanbod (AOB)