FB Hoofstuk 14 - Kapitaalstruktuur Flashcards
Hoe ontstaan die kapitaal struktuur?
1) Ekwitiet:
- kapitaalbydraes van eienaars en behoue verdienste (vanaf daaglikse transaksies)
- Dividende verminder ekwiteit
2) Skuld:
- uitneem van lenings/skuldbriewe
Ekwiteit vs Skuld
Koste van skuld is laer as ekwiteit tot dit die optimale skuld-tot-ekwiteit verhouding bereik, sodra die skuld verby daardie punt beweeh verhoog die koste van skuld en verhoog die finansiële risiko.
Maatskappye se optimale kapitaalstruktuur word bepaal deur?
‘n Mengsel van:
- Risikoprofiel van die maatskappy (Besigheids- en finansiële risiko)
- Skuld-tot-ekwiteit verhouding
- Koste en toegang tot finansieringsbronne
1) Risikoprofiel
1) Besigheidsrisiko:
- hou verban met die aard van industrie en bedrywighede
- gewoonlik weerspieël deur bedryfshefboomwerking
- tydens finansiële krisis gaan beleggers na lae besigheidsrisiko firmas
2) Finansiële risiko:
- beïnvloed deur die balans tussen skuld en ekwiteit
- rente risiko vs kapitale risiko
- rente risiko = risiko dat nie die vaste rente koers gehef kan dek nie
- kapitale risiko = risiko dat tyden likwidasie die skuldeiser ‘n voorkeureis op die bates het
Finansiële risiko
Ekwiteit = fondse verskaf deur aandeelhouers; die beloning vir hierdie fondse is dividende uitbetalings en kapitaalgroei = lae risiko vir entiteit aangesien dividende nie hoef uitbetaal te word tydens ekonomiese swaarkry nie
Skuld - kontraktuele verpligtinge (rente); deur die gebruik van skuld word die entiteit bloot gestel aan finansiële risiko; = verhoog risiko Opsies om risiko te beheer:
- LT vs KT skuld
- LT skuld = langer periode om terugbetalings te beplan, minder riskant
- KT skuld = meer riskant omdat verpligtinge gewoonlik vinnig voltooi moet word, lener het wel meer aanpasbaarheid
- Versekerde lenings vs nie-versekerde lenings
- versekerde lenings = hoër risiko aangesien lener minder aanpasbaar is, verskaf bates as versekering indien nie aan lening se vereistes kan voltooi nie.
2) Hefboomwerking
Verhoogde hefboomwerking verhoog die opbrengs wat aandeelhouers verwag in ruil vir die verhoogde finansiële risiko wat hulle neem;
Soos wat risiko verhoog, moet aandeelhouers vergoed word daarvoor;
2) Hefboomwerking - impak op verdienste
Aandeelhouers moet vergoed word met ‘n hoër opbrengs op ekwiteit in ruil vir die hoër risiko wat hulle neem;
Toename in skuld (beïnvloed aandeelhouers), laat Opbrengs Op Ekwiteit (OOE) toeneem, Opbrengs Op Bates (OOB) > Kd (1 - t)
‘n Firma behoort ‘n hoër opbrengs op bates te verdien as wat die rente koers op skuld is.
Opbrengs Op Ekwiteit (OOE) formule?
OOE = Netto wins na belasting / Totale ekwiteit
Opbrengs Op Bates (OOB) formule?
OOB = Netto bedryfswins na belasting (VVRNB) / totale bates
= Netto wins / totale bates
VVRNB = Verdienste voor rente, na belasting
Hefboomwerking: Impak van risiko
Hefboomwerking verhoog die wisselvalligheid van verdienste.
Hoër skuld vlakke verhoog risiko;
Opbrengs op ekwiteit verhoog indien die koers waarteen maatskappye leen (koste van skuld) laer is as die Opbrengs op bates;
OOE verhoog indien Kd (1 - t) < OOB %
Waar is die Optimale kapitaalstruktuur?
Dis waar die skuld-tot-ekwiteit verhouding op die punt is waar die GGKK op sy laagste is EN die waarde van die entiteit word steeds verhoog
Die 4 verskillende Kapitaalstruktuur teoriee?
1) Tradisionele teorie
2) Modigliani - Miller teorie
3) Opgewingsteorie
4) “Pecking Order”-teorie
1) Tradisionele teorie
Daar bestaan ‘n optimale kapitaalstruktuur;
Die optimale kapitaalstruktuur maksimeer aandeelhouers welvaart;
Die optimale kapitaalstruktuur hang af van die vlak van hefboomfinansiering (skuld);
Entiteit kan slegs aandeelhouers se welvaart maksimeer by optimale GGKK
2) Modigliani - Millerr teorie
Geen finansiële nood kostes en geen belasting;
Koste van skuld (Kd) bly onveranderd, ongeag vlak van skuld;
Koste van ekwiteit (Ke) verhoog soos skuld toeneem en finansiële risiko toeneem, GGKK bly konstant;
Aandeelhouers verwag beloning vir die toename in risiko dus verhoog Ke
2) Modigliani - Miller teorie
GGKK onafhanklik van hefboom, dus geen optimale kapitaalstruktuur;
Bates bepaal die waarde van die entiteit en nie hoe dit gefinansier (GGKK) word nie
Belegging in bates genereer winste, nie die manier waarvoor hulle betaal was nie
3) Opgewingsteorie
Daar is finansiële nood kostes;
Kd verhoog slegs by hoë volumes skuld;
Ke verhoog soos wat skuld verhoog;
GGKK aanvanklik laag - dan konstant - uiteindelik word dit hoër as skuld baie hoog is
Weeg voordele van verhoogde skuldvlakke teenoor risiko’s soos hoër rentekoerse en bankrotskap teen mekaar op
3) Opgewingsteorie
Daar bestaan meer as een optimale kapitaalstruktuur;
Die beskikbaarheid van skuld finansiering word beïnvloed deur risiko van die onderneming se aktiwiteite, sy bates en die industrie;
Beperk die vlak van skuld om bankrotskap te vermy;
Direkte koste van bankrotskap =
Regs en rekeningkunde kostes;
3) Opgewingsteorie
Indirekte koste van bankrotskap = - Kliënte verloor
- kliënte gaan weg
- sleutel werknemers gaan weg
- hoër rentekoerse
- beperkte finansierings opsies
- tydsbesteding
- navorsing en ontwikkeling is beperk
- kompetisie neem toe
4) “Pecking order”-teorie
Geen optimale kapitaalstruktuur nie;
Finansiering in die volgorde van ‘n hierargie (volgorde wat gevolg word om bevondsing te kry);
Hierargie orde: 1) Behoue verdienste; 2) Skuld; 3) Omskepbare voorkeuraandele of skuld; 4) Ekwiteit
Balans tussen buigsaamheid, beheer en laagste koste alternatief word gebruik
“Signalling theory” (nie ‘n kapitaalsrtuktuur teorie nie)
Uitreiking van nuwe aandele stuur ‘n sein aan die mark dat die aandele dalk oorwaardeer is;
Terugkoop van aandele stuur ‘n sein aan die mark dat die aandele dalk onderwaardeer is;
Lae skuld-tot-ekwiteit verhouding stuur sein aan mark dat entiteit van geleentheid in mark gebruik sonder om addisionele ekwiteit uit te reik en dat surplus fondse (bedryfskapitaal) word gebruik
Wat is die aandeelhouers se optrede tydens finansiële distres/nood?
M.A.W. Watter aksies sal aandeelhouers neem indien entiteit in finansiële moeilikeheid is?
a) Investeer in hoë risiko projekte
b) Hardloop met die geld
c) Geen verdere belegging deur aandeelhouers
d) Speel met tyd
e) Verander kapitaalstruktuur
(Onthou dat bestuur namens aandeelhouers as agente op tree)
a) Investeer in hoë risiko projekte
Wanneer ‘n maatskappy oppad is om te misluk, sal aandeelhouers in die versoeking kom om een laaste hoë risiko, hoë opbrengs projek te finansier, al is dit ten koste van skuldhouers.
Aanvaar XYZ het ‘n keuse van twee projekte:
Bates is R100m werd, gefinansier deur skuld van R60m en ekwiteit van R40m. Na die finansiële krisis het die waarde van die bates gedaal na R50m.
NHW = Netto huidige waarde
Projek A: Waarskynlikheid. NHW. Verwagte NHW
Uitkoms 1. 50%. 10. 5
Uitkoms 2. 50%. 20. 10. = 15
Projek B:
Uitkoms 1. 75%. 0. 0.
Uitkoms 2. 25%. 50. 12,5 = 12,5
Watter projek moet XYZ aanvaar gebaseer op die NHW?
Projek A aangesien die totale verwagte NHW 15 is wat groter is as projek B se 12,5