Versekering Flashcards
Versekering
‘n Kontrak tussen ‘n versekerde wat versekeringsdekkinh benodig en die versekeringsmaatskappy wat die finansiele risiko het
Die dekking vir ‘n spesifieke gebeurtenis wat moontlik mag gebeur. Bv skade
Assuransie
Dekking vir ‘n spesifieke gebeurtenis wat sal gebeur, maar die tyd van die gebeurtenis is onseker.
Bv dood
Verskil tussen versekering en assuransie
Versekering is vir iets wat moontlik kan gebeur.Bv. brand. Betaal sleg indien versekerde eis
Assuransie is vir iets wat gaan gebeur.Bv. sterfte. Sal altyd afbetaal
Versekerbare risiko’s
Risiko’s waarvoor besighede vergoed kan word
Vb van versekerbare risiko’s
Brand Diefstal Storm/sklade Lewensversekering Voertuigversekering Werkloosheidsversekering
Nie-versekerbare risiko’s
Risiko’s wat nie deur versekeringsmaatskappye verseker word nie.
Vb van nie-versekerbare risiko’s
Verliese veroorsaak deur oorlog Veranderinge in die mode Winkeldiefstal Bevordering in tegnologie Verliese veroorsaak deur bemarkings wanpraktyke
Voordele van versekering
oordra van risiko van die versekerde aan ‘n versekeraar
Beskerm die besigheid teen diefstal
Besigheid sal vergoed word vir versekerbare verliese
Waardevolle bates word beskerm
Besighede word beskerm teen verlies aan verdienste
Beginsels van versekering
Sekuriteit: Geld op langtermynversekering waar die versekeraar onderneem om ‘n ooreengekome bedrag uit te betaal i.g.v. verlies van lewe.Doel is om die versekerde by aftrede van die oorledene finansiele sekuriteit te verskafg
Vrywaring: Versekeraar stem in om die versekerde te vergoed vir verliese wat in die versekeringskontrak gespesifiseer word in ruil vir premies betaal.
Versekerbare belang: Versekerde moet bewys dat hy/sy ‘n finansiele verlies sal; ly indien die beskadigde voorwerp beskadig/verloor word.
Goeie trou: Versekerde moet eerlik wees om besonderhede te verskaf wanneer hy die versekeringskontrak aangaan
Herinbesitstelling
Versekerde word herstel na amper dieselfde finansiele posisie as voor die verlies plaasgevind het. Van toepassing wanneer die item oorverseker is
Bybetaling
‘n Klousule wat bepaal dat die versekerde verantwoordelik is vir ‘n vaste bedrag van die eis, wanneer ‘n eis ingedien word.
Gemiddelde awery klousule
Die versekeraar betaal slegs die gemiddelde tussen die werklike waarde en die versekerde waarde. Van toepassing op goed wat onderverseker is.
Oorversekering
Wanneer die item verseker is vir meer as die werklike markwaarde. Betaal nie vir meer uit nie.
Onderversekering
Wanneer die eiendom nie verseker is vir die volle markwaarde nie.
Berekening van onderversekering
(bedrag verseker/Markwaarde) * skadevergoeding
Verpligte versekering
Word verplig deur die Wet. Word deur die regering gereguleer en vereis nie noodwendig versekeringskontrakte nie.
Betaling in die vorm van ‘n heffing wat in ‘n gemeenskaplike fonds betaal word.
Vb van verpligte versekering
WVF, RAF, COIDA
Nie-verpligte versekering
Die versekerde het ‘n keuse om ‘n versekeringskontrak aan te gaan. Maandelikse/jaarlikse betalings/premies moet betaal word
Vb van nie-verpligte versekering
Korttermynversekering/Multi-risiko versekering/Langtermynversekering
WVF
Werkloosheidsversekeringsfonds:
Bied voordele aan werkers wat gewerk het en om verskeie redes werkloos gelaat word.
RAF
Padongelukkefonds:
Verseker padgebruikers teen die nalatigheid van ander padgebruikers. Word befonds deur ‘n heffing op die vrkoop van brandstof.
COIDA
Vergoeding vir okkupasiebeserings en -siektes
Vergoed werknemers vir die beserings en siektes wat by die werk voorkom.
Voordele wat deur die WVF uitbetaal word.
Werkloosheidsvoordele:
Werknemers wat werkloos is kan binne 6 maande nadat hulle werkloos geword het eis..
\Siekte voordele:
Werknemers kan hierdie voordele ontvang indien hulle nie meer as 14 dae kan werk sonder ‘n salaris te ontvang nie
Kraamvoordele:
Swanger werknemers ontvang hierdie voordele vir tot 17 weke. As miskraam, 6 weke
Aannemingsvoordele:
Werknemers kan hierdie voordele ontvang hulle ‘n kind jonger as 2 jaar aanneem
Afhanklikes se voordele:
Afhangers mag aansoek doen om hierdie voordeloe indien die broodwinner, wat tot de WVF bydra, sterf