Kreatiewe denke Flashcards
Probleemoplossingsiklus
Identifiseer en definieer die probleem Ontleed potensiele oorsake van die probleem Identifiseer moontlike oplossings Kies die beste oplossing Ontwikkel 'n plan van aksie Implementeer die oplossing Evalueer die gekose oplossing
Gevorderde probleemoplossingstegnieke
Betrek ander Werk in spanne Proaktiewe probleemoplossing Besluite gegrond op gevoel/Intuitiewe besluitneming SWOT-analise PESTWO-analise
Kragveldanalise
‘n Nuttige tegniek wat al die kragte vir en al die kragte teen ‘n sekere besluit in ag neem
Stel die probleem/besluit in die middelste kolom
Lys al die magte vir verandering in die linkerkantste kolom en al die magte teen verandering in die regterkantste kolom
Ken ‘n punt tussen 1 en 5 aan elke mag toe
Bereken die totale punt vir elke kolom
Voorsitterstegniek
Vereis dat twee mense teenoor mekaar op stoele sit en na mekaar kyk
Die voorsitter in die een stoel moet al die voordele van ‘n spesifieke besluit identifiseer
Die voorsitter in die ander stoel moet al die nadele van die besluit identifiseer
Delphi-tegniek
Versamel die opinies van kundiges sonder om die kundiges byeen te bring
Maak gebruik van ‘n stel vraelyste
Dinkskrums
Bevorder kreatiewe denke en kreatiewe probleemoplossing omdat mense aangemoedig word om idees te genereer deur nie-kritiese bespreking
SCAMPER
Substitute: Watter deel van produk kan vervang word om die pobleem op te los
Combine: Watter mense/prosesse kan gekombineer word
Adapt: Watter aanpassings kan gemaak word om die probleem op te los
Magnify/modify: Wat kan verbeter of vernuwe word om die probleem op te los
Put to other use: Hoe kan hierdie probleem anders opgelos word
Eliminate: Wat sal gebeur as dele van die produk/proses verwyder word
Rearrange/reverse: Wat sal gebeur as die probleem vanuit ‘n ander hoek benader word