Professionele en etiese gedrag Flashcards
Beginsels van etiese en professionele gedrag
Ondernemings moet die gemeenskap waarin dit bestaan, bevoordeel
Die onderneming moet volhoubaar wees
Die onderneming moenie skadelik vir die gemeenskap wees nie
Sakebedrywighede moenie enige wette oortree nie
Sakebedrywighede moet verantwoordelik uitgevoer word
Onetiese vs etiese reklame
Oneties: Oordrywing van produkeienskappe
Eties: Eienskappe word korrek uitgebeeld
Onetiese vs etiese keuring, aanstelling en bevordering van werknemers
Oneties: Nepotisme
Etiese: Word op regverdige kriteria gegrond
Onetiese vs etiese prysvasstelling
Oneties: Mededingers kom ooreen om produkte teen dieselfde prys te verkoop
Eties: Markverwante faktore word in ag geneem om pryse te bepaal
Onetiese vs etiese tenderaansoeke
Oneties: Amptenare word omgekoop om ‘n tender te wen
Eties: Regmatige tenderaansoek-prosedures en -vereistes word nagekom
Onetiese vs etiese hantering van afvalstowwe
Oneties: Afvalstowwe word in ongemagtige plekke gestort
Eties: Afvalstowwe moet op ‘n verantwoordelike en wettige manier weggemaak word
Etiese gedrag
‘n Stel waardes wat korrekte, goeie en regverdige optrede definieer en wat moreel aanvaarbaar is in die gemeenskap
Ondernemings ontwikkel hulle eie etiese kode vir goeie sakepraktyk
Professionele gedrag
‘n Stel standaarde wat verduidelik hoe mense behoort op te tree
Spesifieke beroepe ontwikkel elk hul eie professionele kode
Hoe om etiese en professioneel op te tree in ‘n doeltreffende sakepraktyk
Moenie 'n onderneming ten koste van iemand anders begin nie Betaal billike lone Gereelde belastingbetalings Wees verantwoordelik vir die omgewing Behandel alle werknemers gelyk
Kwessies wat etiese en professionele gedrag kan bedreig
Belasting Seksuele teistering Pryse van goedere in landelike gebiede Onbillike reklamepraktyke Ongemagtigde gebruik van fondse Misbruik van werkstyd