Hoofstuk 24 Flashcards
waarom het Butcher vir Vera aangeval of laat aanval? wat noem Butcher dit?
- dit was “payback time”, wraap op barries, omdat butcher gedink het barries het hom by die polisie verkla
- hy wou barries ‘n les leer
hoe wil Barries op Butcher wraak neem?
- hy wil vir butcher ook deur die nekwerwels skiet, sodat hy netsoos sy ma verlam sal wees
wat keer Barries om voort te gaan met die daad?
- toe die veiligheidsknip van die pistool afklik, barries tot sy sinne
- butcher se oë lyk netsoos jona s’n toe die hond die aand aan die bloie gegaan het
watter beledigings snou Butcher Barries toe wat ongelukkig waar is?
- barries is “rubbish” en ‘n “useless junkie”
watter werklikheid dring tot Barries deur en maak hom vir die eerste keer bewus van die enorme gevolge van sy dade?
- sy ma lyk glad nie soos voorheen nie en sal nooit kan herstel nie
- hy besef dat sy dwelmgewoontes die oorsaak hiervan was
wie ontmoet hy langs sy ma se hospitaalbed?
- suster kapoor, die oorlede verkeersman se vrou, praat met barries
het hy woorde om sey gevoel van berou uit te druk? wat maak dit vir hom nog swaarder?
- hy sukkel om vir haar te vertel hoe jammer hy is
- dis veral vir hom moeilik omdat sy swanger is
wat is die persoon se lewensbeskouing ten opsigte van Barries en sy vriende?
- sy vra god elke dag om haar te help om hulle te vergewe
- barries moet homself ook nou vergewe
watter advies gee sy hom sodat hy vergifnis kan ontvang?
- barries moet goed vir sy ma sorg en haar wys hoe lief hy haar het
hoekom skree Barries op die nagwag by sy woonstel? verduidelik sy optrede na aanleiding van die gebeure van die afgelope week
- nie nagwag slaap en barries neem hom kwalik dat sy aangeval is omdat die nagwag nie sy werk behoorlik gedoen het nie
wat gebeur in die woonstel wat hom laat besef dat niemand omgee nie?
- barries onlaai die pistool, maar vergeet van die koeël in die loop
- ‘n skoot gaan af en hy skiet sy visbak stukkend
- niemand in die woonstelblok kom egter navraag doen oor die skoot nie
- hy besef niemand gee meer vir hom om nie
wie bel hy in sy nood? wat deel hy hierdie persoon mee en wat is haar reaksie?
- barries bel sers. nico, maar sy is in witbank by haar kêrel
- toe hy sê dat hy weet wie sy ma aangerand het, sê sy dat sy op pad is
- daar was nie getuie by toe butcher die misdaad teenoor barries erken het nie, so dit beteken nie veel nie
wat kan dalk as ‘n bewysstuk teen Butcher dien?
- barries onthou van die selfoon wat olga by buther gekoop het
- sy het dit in sy ma se snippermandjie weggegooi omdat dit nie gewerk het nie
- hy besef dat dit sy ma se selfoon is, in die omhulsel met die rooimotief
- dit kan dalk nog butcher se vingerafdrukke op hê
wie klop aan die deur? verskaf twee redes waarom hy daar is.
- paul klop aan die deur, moeg en ongeskeer
- hy het onmiddellik geryn toe hy besef dat olga moontlik op pad na barries was
- hy wou nie vir barries inlig nie, want hy wou nie hê barries moes haar waarsku nie
- paul erken dat hy vir barries gekom het
- hy kon nie barries aan sy eie genade oorlaat nie