Hoofstuk 22 Flashcards
waarom dink jy na alles wat Barries deurgemaak het, probeer hy nogtans weer dagga koop?
- dit is gewoonte, ‘n smagting na dagga wat nooit sal oorgaan nie
- dit is ‘n soort kruk waarop jy leun
verduidelik hoekom hy dopgehou is en wie ‘n aandeel daaraan gehad het. wat sou die gevolge gewees het indie hy dagga gekoop het?
- paul het die polisie gevra om ‘n ogie oor barries te hou
- as dagga in sy besit gevind is, sou die polisie barries opgesluit het
hoe lank bly die rook van dagga in jou urine wys?
- dagga way tot 20 dae nadat jy dit gebruik het, in jou urine
wie ontmoet Barries by die Johannesburg stasie en waarheen neem sy hom heel eerste?
- sers. nico schreuder ontmoet hom en sy neem hom na die hospitaal waar sy ma lê
wie wil Barries gaan ontmoet en waarom? wat dui dit van sy karakterontwikkeling aan?
- barries vra dat hy ook die verkeerskonstabel wat dood is, se vrou wil sien
- hy wil haar gaan sê hoe jammer hy is
- sy lewe is dus nou nie meer so selfgestentreerd nie
wat lig Nico hom oor sy ma se toestand in?
- dit gaan nie goed met sy ma nie
- barries sal skrik as hy haar sien
verduidelik wat moontlik die aand van die rooftog gebeur het.
- vera is aangeval en haar handsak en selfoon is gesteel
- dit was dus moontlik ‘n rooftog
- sy is met ‘n mes deur haar nekwerwels en aar gesteek
beskryf sy ma se voorkoms toe Barries haar by die hospitaal besoek. kan sy kommunikeer?
- sy lyk soos ‘n maer, uitgehongerde en bang kind
- sy kan nie kommunikeer nie, want haar geluide is nie vertaanbaar nie
wat lig die verpleegster Barries in oor sy ma se toestand?
- sy ma kan nie praat nie
- sy is spasties weens die nekbesering, maar sy hoor en vertaan besoekers
Barries is berouvol en vra sy ma om hom te vergewe. waarvoor? bespreek
- hy vra haar om hom te vergewe vir die moeilikheid en probleme wat hy vir haar veroorsaak het
wat besef hy? wat is die realiteit van die situasie?
- sy ma is ‘n goeie vrou
- sy is aageval en sal nooit van haar beserings herstel nie
wat sê Barries vir die ma en hou reageer sy? wat bewys dit van haar begrip?
- hy sê hulle moes hom lankal vertel het
- hy bedoel die feite oor sy geboorte en kinderjare
- sy reageer hewig en probeer praat, maar is nie verstaanbaar nie
- tog begryp sy presies wat hy bedoel
waarom ontstel sy papegaai, Nelson, hom?
- nelson praat met sy ma se stem
- sy sê al die dinge waarvoor vera haar seun in die verlede betig het, oor die klere wat op die grond lê, die toiletpapier op die vloer en die rookreuk
toe hy teen skemer met sy ma se Mercedes wil ry, tref die volle realiteit vir Barries. verduidelik.
-barries sien die bloedkol langs die motor waar sy ma gelê het
watter ontvangs kry Barries by Lizette se huis?
- lizette se ma wil hom nie inlaat nie en sê dat haar dogter by theo is
hoe drink die werklikheid deur tot Barries toe hy wel sy vriende in die Kadett sien?
- lizette en theo het klaarblyklik ‘n verhouding
watter “deal” is nou af? watter situasie het dit genoodsaak?
- die ooreenkoms dat hy weggestuur is, sodat hy nie in ‘n hofsaak sal getuig nie, is iets van die verlede
- barries moet nou na sy ma kyk
vir wie kan hierdie situasie potensieel sleg wees?
- dit kan nadelig vir theo wees
- barries is terrug, hy is skoon en hy kan moontlik in ‘n hofsaak getuig
wie bel hom, en wie het dit voorgestel? wat sê dit van laasgenoemde se houding teenoor Barries?
- eunicé bel hom op paul se voorstel
- paul is nog altyd bekommerd oor barries en probeer steeds om hom te help
wat dui aan dat Jona/Bart nog vir Barries onthou?
- jona herken barries se stem oor die selfoon en waai sy stert
Uit watter oord kan Barries hulp met sy ma kry? watter lewensles leer ‘n mens hieruit?
- eunicé se pa, dr. jassie du toit, wil barries se ma help en was al by haar in die hospitaal
- hy het gevra dat hulle hom bel as barries weer by sy ma is
- dan sal hy met hom kom praat
- die lewensles is dat as ‘n mens iets goeds aan iemand anders doen, of aan hom/haar ‘n guns bewys, is die kanse goed dat jy op een of ander manier daarvoor vergoed sal word
nog ‘n skok wag op barries toe hy by sy woonstel se deur kom. verduidelik die stelling uit die oogpunt van die leser.
- olga wag vir barries voor sy woonstel
- sy het na johannesburg geryloop
- barries is besig om sy lewe in order te kry en hier daag olga weer op om vir hom probleme te veroorsaak