Hoofstuk 18 Flashcards
1
Q
wat is ‘n verdere bewys dat Barries verander het teenoor sy ouers en minder self-gesentreerd is?
A
- barries help paul om bierblikkies en rommel op te ruim nadat stef en olga weg is
- met die konfrontasie tussen paul en die booysens is hy bang fillie val vir paul aan met sy mes
- toe hy sy ma nie op die selfoon in die hande kry nie, is hy bekommerd
- hy het die voorgevoel dat iets groots fout is
2
Q
hoe lank is Barries al by sy pa?
A
- hy is al drie weker van die verpligte ses weke by sy pa
3
Q
Paul se houding sê die ergste kom nog. wat is Barries opmerking in hierdie verband?
A
- barries vra wat dan so erg kan wees
- hy weet al dat paul in die tronk was omdat hy iemand doodgeslaan het
- paul sê dat baie dinge sal verander as hy barries alles vertel
- hy belowe om dit na kersfees te doen
4
Q
hoe doen Barries voorspraak vir die Booysens in die hoofstuk?
A
- paul is van plan om die booysens van sy grond af weg te jaag
- barries is nie gelukkig hiermee nie en weier om paul daarmee te help
- hy sê dit is ‘n dag voor kersfees en waarnatoe moet hulle gaan
- die booysens het nie paul se goed gesteel nie
- hy vra paul om ter wille van die kleinste kind die booysens te laat bly
5
Q
hoe kom Barries tot die besef dat sy vriendskap met Lizette en Theo en Floris finaal verby is?
A
- lizette en die de kock broers se selfoonnommers het verander sodat barries hulle nie kan kontak nie
6
Q
watter slegte nuus i.v.m. Jona word bevestig? hoe moet Barries dit hanteer?
A
- hierna bel barries dr. hakinin en sy bevestig dat jona von willebrand se siekte het
- die hond kan normaal lewe, maar barries moet goed na hom kyk
- hy mag nie beserings opdoen nie en hulle mag nie met hom teel nie
- hy moet die liefde en aandag kry
7
Q
waarom wil Paul die Booysens van sy plaas af hê?
A
- vandat die booysens op die plaas bly, raak daar van paul se geld weg
8
Q
wat is Karel Booysen se antwoord hierop? watter toegewing maak Paul toe Barries soebat?
A
- kerel booysens sê hy is daar gebore en hulle veroorsaak vir niemand probleme nie
- paul stem uiteindelik in dat hulle tot nuwejaar kan bly
9
Q
wat kom Paul van Barries se karakter agter?
A
- paul merk op dat die barries ‘n sagter hart agter sy hard uiterlike het en dat hy maklik bekommerd oor ander kan raak