Hoofstuk 17 Flashcards
Hoe kan lemand so iets aan iemand anders doen?” Waarna verwys Dewald met hierdie woorde?
Na die groot rooi woorde “VREK JOU VET LUIS” wat iemand op Aldi-hulle se wit garagedeure geverf het.
Hoekom het Dewald na Aldi-hulle se huis toe gekom, en waar het hy die adres gekry?
Hy wil dringend met haar praat. Beesbal het haar adres op die forum geplaas en Dewald het dit afgeskryf voordat hy dit van sy rekenaar verwyder het.
Hoekom, dink jy, sit Dewald die oorfone in sy ore wanneer hy na Aldi se huis toe gaan?
Hy will dringend met haar praat, sonder om te hakkel.
Dewald het gemengde gevoelens oor wat Beesbal gedoen het. Verduidelik.
Sy bedoeling was seker goed omdat hy dit vir sy vriende gedoen het. Hy het egter Schmetterling in ‘n wapen teen boelies verander.
Wat hoor en sien Dewald as hy na Aldi-hulle se voordeur toe stap?
Hy hoor hoe Aldi en haar ma op mekaar gil. Hulle baklei oor die ontsierde garagedeure en die vieslike oproepe wat Aldi ontvang omdat sy so ‘n aaklige mens is. Hy sien hoe Aldi se ma ‘n pan gryp en Aldi herhaaldelik daarmee slaan terwyl sy vir haar skree dat sy ‘n skande vir haar gesin is.
Dewald en Nomaswazi voel op die oomblik dieselfde oor Aldi. Hoe voel hulle oor haar?
Albei voel baie jammer vir Aldi.
Wat verbaas Dewald as hy Aldi hoor huil en smeek, en wat besluit hy om daaraan te doen?
Hy besef hoe kwesbaar sy op hierdie oomblik is en hy besluit om die polisie te bel.
As Aldi buite kom en Dewald sien, storm sy op hom af
Wat besluit Dewald om te doen?
Hy besluit om weg te hardloop.
As Aldi buite kom en Dewald sien, storm sy op hom af
Terwyl Aldi vir Dewald jaag, skree sy: “Jy sit hieragter!” Waarvan praat sy hier?
Sy dink dis Dewald wat ‘n vendetta teen haar voer (die oproepe, boodskap teen die garagedeur, ens.)
Dewald kan vinniger as Aldi hardloop. Tog kom sy tot by hom.
Wat gebeur sodat Aldi tot by Dewald kan kom?
Sy voet haak aan ‘n tuinslang op die sypaadjie vas en hy val.
Dewald kan vinniger as Aldi hardloop. Tog kom sy tot by hom.
Wat doen Aldi met Dewald wat hy ‘n paar dae tevore met haar by die skool gedoen het?
Sy gee hom ‘n harde stamp.
Dewald kan vinniger as Aldi hardloop. Tog kom sy tot by hom.
Waar laat dit Dewald beland?
Hy val met sy kop op die sementpaadjie.
“Al wat ek wil doen, is slaap. Slaap en nooit weer wakker word nie.” Wat is besig om met Dewald te gebeur wanneer hy hierdie woorde dink?
Hy is besig om sy bewussyn te verloor nadat hy sy kop teen die sementpaadjie gestamp het.