Hoofstuk 11 Flashcards
Wat doen Dewald se ouers om sy maats tuis te laat voel?
Sy ma dra versnaperings aan en sy pa braai vir hulle vleis.
Dis nie net n sosiale geleentheid nie. Wat gaan die maats ook daardie aand doen?
Hulle gaan hulle anti-boelie-veldtong verder bespreek.
Watter aanduiding kry ons dat Dewald se ouers hom vertrou?
Hulle laat toe dat Dewald die meisies na sy slaapkamer toe neem om daar te werk.
Dewald het alreeds n voorblad vir die forum op sy rekenaar geskep.
Se kortliks hoe hierdie voorblad lyk.
Dit bestaan uit n meisie wat haar wysvinger voor haar mond hou. Daar sit n blou skoenlapper op die punt van haar vinger.
Dewald het alreeds n voorblad vir die forum op sy rekenaar geskep.
Wat simboliseer die voorblad?
Sy beweer n geheim, en die skoenlapper simboliseer hoop.
Noem kortliks die stappe wat gedoen word as iemand by die groep wil aansluit. (4)
- ) Jy gee vir die persone n kaartjie met die skoenlapper en QR-kode op.
- ) Jy vra hulle om die kaartjie met hul slimfone te skandeer.
- ) Hulle tik die wagwoord vli3g
- ) Hulle kies n skuilnaam om te gebruik
Dewald vra: “Het julle j-julle huiswerk gebring?” Van watter “huiswerk” praat Dewald hier?
Elkeen moes idees saambring van wat hulle op die forum kan se.
Hoekom moet n mens nie vir boelies wys dat jy bang vir hulle is nie, volgens Beesbal?
Boelies kan n mens se vrees aanvoel en dan viktimiseer hulle jou.
Karlien stel voor dat hulle n handgebaar gebruik.
Wanneer moet hulle die handgebaar gebruik?
Wanneer hulle iemand sien wat geboelie word.
Karlien stel voor dat hulle n handgebaar gebruik.
Se kortliks hoe die handgebaar gemaak word?
Jy draai jou handpalms na onder, kruis jou duime oor mekaar en boots die beweging van n skoenlapper met jou hande na.
Dewald het groot ideale vir hulle ondersteuningsgroep. Hoe sien hy die toekoms daarvan? Se kortliks.
Hy sien in sy geestesoog hoe die ding wereldwyd reaksie uitlok en hoe die mense dit gebruik om mekaar op allerhande maniere te ondersteun.
Wat besef Dewald as hy dink hoe belangrik die skoenlappersimbool vir Nicola was?
Hy besef hoe vreeslik hy haar mis.