Hoofstuk 16 Flashcards

1
Q

Wat lees Dewald in die koerant wat so belangrik is dat hy sy vriende voor skool bymekaar roep?

A

Daar is ‘n artikel oor ‘n Amerikaner wat ‘n toep teen boelies ontwerp het. Die Schmetterling-groep was sy inspirasie hiervoor.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat het die man in die koerantberig laat besluit om dit te doen?

A

Hy was self geboelie toe hy op skool was.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Wat belowe hy om met die geld wat hy verdien, te doen?

A

Hy sal dit aan anti-boelie organisasies in Amerika skenk.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat is een van die groot redes vir tienerselfmoord?

A

Afknouery/Boelies

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Waarteen waarsku Dewald sy maats as hulle opgewonde oor die koerantartikel raak?

A

Hulle mag nooit hul betrokkenheid by Schmetterling bekend maak nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Se kortliks hoekom Dewald en Aldi Lotter vroeg daardie oggend in die hoof se kantoor is.

A

Aldi het ‘n lelike aanmerking oor Dewald se ma hom toe met die vuis bygedam. gemaak. Hy het haar gestamp en sy het hom toe met die muis bygedam.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Waarop dring Aldi aan wanneer die hoof met hulle raas?

A

Sy se hy moet Dewald skors.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat het meneer Bosman nog nooit in sy skoolloopbaan teëgekom nie?

A

Hy het dit nog nooit beleef dat ‘n skoolseun ‘n meisie slaan nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Hoe reageer meneer Bosman op meneer Visser se binnekoms?

A

Hy beveel meneer Visser om nie in te meng nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Hoe word Dewald en Aldi vir hul gedrag gestraf?

A

Hulle word ‘n week lank geskors.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Hoe reageer Aldi hierop?

A

Sy dreig dat sy haar pa sal betrek. Dan storm sy by die kantoor uit en slaan die deur hard agter haar toe.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Watter boodskap ontvang Dewald net hierna op sy selfoon?

A

Meneer Visser laat weet dat Dewald hom by sy huis moet kom sien, maar dat hy eers moet skakel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Wat is Dewald se ouers se reaksie op sy tydelike skorsing?

A

Hulle was ongeloofilik teleurgesteld.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat is die enigste ding wat in hierdie moeilik tyd goed uitwerk vir Dewald?

A

Sy ongekompliseerde verhouding met Karlien.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Hoe gebeur dit dat Dewald Nicola se skootrekenaar oopmaak?

A

Hy wil graag na musiek van ‘n lerse groep luister, en as hy dit nie kan vind nie, onthou hy dat dit op Nicola se skootrekenaar gestoor is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Watter kodewoord gebruik Dewald om by Nicola se lêers uit te kom?

A

5chm3tt3rl1ng

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Watter skokkende boodskap ontdek Dewald wanneer hy die geselsvenster op die rekenaar sien?

A

Iemand met die naam Yolandi het geskryf hoe sy Nicola haat en sê dat sy wens Nicola gaan dood.

18
Q

Wat doen Dewald om by die res van die gesprek uit te kom?

A

Hy rol die muis boontoe.

19
Q

Vertel in ‘n paar sinne waaroor die gesprek tussen Nicola en Yolandi handel.

A

Yolandi beskuldig Nicola dat sy met haar gevoelens speel en nie regtig vir haar omgee nie. Nicola ontken dit en sê sy het tyd nodig om hul verhouding aan die gang te kry. Yolandi beskuldig Nicola daarvan dat sy alreeds in ‘n verhouding is, maar Nicola ontken dit. Dan raak Yolandi beledigend en wens Nicola dood.

20
Q

Wat besef Dewald was die rede vir Nicola se selfmoord?

A

Nicola was werklik lief vir iemand en daardie persoon het haar hart gebreek.

21
Q

Wat doen Dewald skielik wat hy nog nie sedert Nicola se dood gedoen het nie?

A

Hy begin hartstogtelik huil.

22
Q

n Nuwe boodskap verskyn skielik op die rekenaarskerm. Van wie af is dit en wat sê die boodskap?

A

Dis van Yolandi af en sy wil weet wat aangaan dat Nicola so stil is.

23
Q

Wat antwoord Dewald op hierdie boodskap?

A

Hy sê dat Nicola haarself gehang het. Sy het dit gedoen nadat sy Yolandi se boodskap ontvang het aaklige boodskap ontvang het.

24
Q

Wat laat Dewald se ma na sy kamer toe storm?

A

Hy huil so hard dat sy kom kyk wat aangaan.

25
Q

Wat doen Dewald wanneer sy ma by sy kamer inkom?

A

Hy storm met Nicola se rekenaar teen sy bors gedruk by die huis uit.

26
Q

Hoekom hardloop Dewald na meneer Visser se huis toe?

A

Meneer Visser is die enigste persoon wat hom op hierdie oomblik kan help.

27
Q

Wat is meneer Visser se onverwagse reaksie wanneer hy Dewald sien?

A

Hy raas met Dewald, want hy het gesê Dewald moet eers bel voordat hy kom.

28
Q

Hoekom gaan meneer Visser eers weer terug in die huis in voordat hy Dewald binnenooi?

A

Hy bel Dewald se ma om haar gerus te stel dat Dewald veilig is.

29
Q

Wat het Dewald op Nicola se rekenaar uitgevind, volgens hom?

A

Hy het uitgevind hoekom Nicola haarself doodgemaak het.

30
Q

Hoekom is dit, volgens Meneer Visser, ‘n goeie ding dat Dewald huil?

A

n Mens móét treur oor iemand se dood, anders kan jy nooit gesond word nie.

31
Q

Volgens meneer Visser is Dewald ‘n pel duisend en Nicola was bevoorreg om iemand soos Dewald te kon hê. Hoekom dink meneer Visser so?

A

Dewald was die enigste persoon wat geweet het dat Nicola gay was, maar hy het vir niemand anders daarvan vertel nie.

32
Q

Dewald hakkel so erg dat hy glad nie kan praat nie. Watter tegniek gebruik meneer Visser hiervoor?

A

Hy laat Dewald na die lirieke van musiek luister en dan moet Dewald probeer praat terwyl die musiek speel.

33
Q

Waar het meneer Visser hierdie tegniek die eerste keer gesien?

A

In die fliek ‘The King’s Speech

34
Q

Wie was koning George VI?

A

Die koning van Engeland en pa van die huidige koningin Elizabeth II.

35
Q

Dewald oefen hierdie tegniek wanneer hy by die huis is. Wat gebeur egter wanneer hy die musiek afskakel?

A

Hy begin weer hakkel.

36
Q

Met watter groot taak help Dewald sy ma tydens sy skorsing?

A

Hy help haar om die motorhuis reg te pak.

37
Q

Terwyl hulle daarmee besig is, bel ‘n ontstelde Nomaswazi vir Dewald. Waaroor is sy so ontsteld?

A

Beesbal het Aldi Lotter op die Schmetterling-blad as boelie identifiseer en haar adres en telefoonnommer bekendgemaak.

38
Q

Wat was die gevolg van hierdie optrede?

A

Mense het Aldi-hulle se huis met eiers bestook, vieslike teksboodskappe gestuur en gedreig om verf in hulle swembad te gooi.

39
Q

“Ek sal d-dit uitsorteer,” stel ek Nomaswazi gerus. Wanneer het Beesbal soortgelyke woorde vir Dewald gesê (“Ek sal aan ‘n plan dink. Los dit vir my”)?

A

Toe Dewald hom vertel het wat Aldi en haar pa aan sy ma gedoen het.

40
Q

Waaroor is Nomaswazi baie hartseer?

A

Die Schmetterling-organisasie mis sy doel. Sy doel is nie om die boelies te straf nie.