Woordelys: Nukleïensure Flashcards
Definieer:
Aminosuur
Aminosure is die monomere wat as boustene dien vir die sintese van proteïene
Aminosure bestaan uit ‘n aminogroep (NH2) en ‘n karboksielgroep (COOH)
Definieer:
Antikodon
‘n Volgorde van drie opeenvolgende basisse op oRNS wat die basisse komplementeer op die kodon van bRNS
Definieer:
Adenien
Een van vier stikstofbasisse wat in DNS en RNS gevind word; soos guanien het dit ‘n dubbelring struktuur en dit staan bekend as ‘n purien
Definieer:
Allele
Twee gene wat identiese posisies op ‘n paar homoloë chromosome beset en dieselfde kenmerk kontroleer maar op twee verskillende maniere
bv. die een geen mag vir lankheid wees en die ander een is vir kortheid
Definieer:
Boodskapper RNS (bRNS)
Die RNS wat as bloudruk dien vir die rangskikking van oordrag RNS (oRNS) elk wat ‘n aminosuur dra;
Die volgorde waarin die aminosure gerangskik is bepaal watter proteïen gevorm gaan word
Definieer:
Chiasma
Die punt waar die chromatiedes van die homoloë chromosome kruis gedurende die eerste fase van meiose
Definieer:
Dehidrasie sintese
Die proses waardeur klein molekules verbind om langer molekules te vorm.
Water word in die proses vrygestel.
Definieer:
DNS
Deoksiribose Nukleïnsuur; bestaan uit monomere bekend as nukleotiedes met die stikstofbasisse sitosien, guanien, adenien en timien;
Dit dra die genetiese kode vir proteïensintese
Definieer:
DNS polimerase
Die ensiem wat die proses van DNS replisering kontroleer
Definieer:
Guanien
Een van vier stikstofbasisse wat in DNS en RNS gevind word; soos adenien het dit ‘n dubbel ring struktuur en staan bekend as ‘n purien
Definieer:
Heliks
‘n Spiraalgedraaide struktuur; die DNS-model wat deur Watson en Crick voorgestel is, is ‘n dubbele heliks omdat dit deur twee gedraaide stringe opgebou is
Definieer:
Heterosigoot
‘n Individu wat verskillende gene vir ‘n spesifieke eienskap het
Definieer:
Hibried
Nakomelinge wat te voorskyn kom agv ‘n kruising van ouers wat geneties verskil.
Definieer:
Homoloog
Besit eenderse struktuur en/of relatiewe posisie omdat hulle deur adaptiewe radiasie van ‘n gemeenskaplike voorouer ontstaan het;
ook verwys na identiese chromosome een van moederlike oorsprong en die ander van vaderlike oorsprong
Definieer:
Kern DNS
DNS wat in die kerne van selle gevind word; dit bestaan uit genetiese materiaal van beide ouers
Definieer:
Kodon
‘n Volgorde van drie opeenvolgende basisse wat in DNS of bRNS gevind word waarop drie komplementêre basisse van oRNS pas tydens proteïensintese
Definieer:
Mitochondriale DNS
DNS wat slegs in die mitochondria gevind word, kom slegs van die moeder
Definieer:
Monomeer
‘n Eenvoudige struktuur was as boustene dien om meer komplekse strukture bekend as polimere te vorm;
bv. aminosure is die monomere waarvan proteïene gevorm word
Nukleotiedes dien as monomere vir die vorming van DNS en RNS
Definieer:
Nukleotied
Die monomeer wat DNS en RNS vorm, elke nukleotied is opgebou uit ‘n suiker, fosfaat ioon en ‘n stikstofbasis
Definieer:
Oorkruising
‘n Proses wat tydens die eerste fase van meiose plaasvind, en die uitruiling van genetiese materiaal tussen lede van elke homoloë paar chromosome behels.
Definieer:
Omgekeerde transkriptase
Die ensiem wat die MI virus gebruik om DNS en RNS te vorm
Definieer:
Omgekeerde transkripsie
Sintese van DNS en RNS, deurdat komplementêre basisse in RNS gepaar word
Definieer:
Oordrag RNS (oRNS)
Die RNS wat aminosure dra en op die bRNS rangskik word, volgens komplemetêre basisparing op bRNS.
Definieer:
Proteïen
‘n Komplekse organiese stof wat uit ‘n lang ketting aminosure opgebou is; ‘n tipiese proteïen het ongeveer 300 aminosure, ensieme en hormone is gespesialiseerde proteïene
Definieer:
Purien
Die stikstofbasisse adenien en guanien wat in DNS en RNS gevind word met ‘n dubbele ringstruktuur
Definieer:
Pirimidien
Die stikstofbasisse sitosien, timien en urasiel wat ‘n enkel ring struktuur het; sitosien kom in beide DNS en RNS voor, timien slegs in DNS en urasiel slegs in RNS
Definieer:
Ribosoom
Klein korrelagtige struktuur wat in die sitoplasma of sitosol van plant en dierselle gevind word wat die werklike plek van proteïensintese is
Definieer:
RNS
Ribonukleïensuur; daar is drie soorte RNS nl. boodskapper RNS (bRNS), oordrag RNS (oRNS) en ribosomale RNS (rRNS) elk speel ‘n spesifieke rol in proteïensintese.
Definieer:
RNS polimerase
Die ensiem wat die proses van transkripsie van RNS van DNS kontroleer.
Ook transkriptase genoem.
Definieer:
Sitosien
Een van vier stikstofbasisse wat in DNS en RNS gevind word; soos timien (in DNS) en urasiel (in RNS), het dit ‘n enkele ringstuktuur en word dit ‘n pirimidien genoem
Definieer:
Stikstofbasisse
Stikstofbevattende molekules wat in die nukleotiedes van DNS en RNS gevind word;
in DNS is die basisse adenien, sitosien, timien en guanien; in RNS is hulle adenien, sitosien, urasiel en guanien
Definieer:
Timien
Een van die vier stikstofbasisse wat in DNS gevind word;
soos sitosien (in DNS en RNS) en urasiel (in RNS) het dit ‘n enkele ringstuktuur beken as ‘n pirimidien
Definieer:
Transkriptase
Die ensiem wat die proses van transkripsie vanaf RNS vanaf DNS kontroleer, ook bekend as RNS polimerase
Definieer:
Transkripsie
Sintese van RNS vanaf DNS deur die komplementêre paring van die stikstofbasisse in DNS
Definieer:
Urasiel
Een van die vier stikstofbasisse wat in RNS gevind word; soos timien (in DNS) en sitosien (in DNS en RNS), het dit ‘n enkele ringstruktuur en staan bekend as ‘n pirimidien