Kwartaal 1 (1) Flashcards

You may prefer our related Brainscape-certified flashcards:
1
Q

Onderskei tussen ‘n ‘hipotese’ en ‘n ‘teorie

A

Hipotese

  • Word soms ‘n ingeligte veronderstelling genoem, omdat dit ‘n voorgestelde oplossing of verklaring bied vir ‘n spesifieke verskynsel wat op bewyse of waarnemings gebaseer is.
  • Dit word deur eksperimentering of herhaalde waarneming getoets en kan dan aanvaar of verwerp word.

Teorie

  • Is ‘n bevestigde (deur bewyse ondersteun) verduideliking of hipotese, wat sin maak van ‘n natuurlike verskynsel.
  • Dit is gebaseer op bewyse en is gewoonlik deur onafhanklike groepe navorsers getoets en bevestig.
  • Dit ontwikkel en word verander of vervang soos nuwe bewyse ontdek word.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Definieer:

Biologiese evolusie

A

Dit is die veranderinge in die genetiese samestelling van lewende organismes wat oor tyd plaasvind

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Definieer:

Makro-evolusie

A

Dit is die ontwikkeling van nuwe lewensvorme uit vroeëre lewensvorme oor baie generasies heen.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Definieer:

Mikro-evolusie

A

Dit is die variasies wat binne ‘n spesie ontstaan en aan die nagesalg oorgedra word.`

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Erasmus Darwin het van die eerste teorieë oor evolusie geformuleer. Wat was die naam van sy boek wat in 1794 gepubliseer is?

A

Zoonomia

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Erasmus Darwin het van die eerste teorieë oor evolusie geformuleer. Noem drie idees wat hy voorgestel het, rakende evolusie.

A
  1. Lewe op aarde het uit ‘n enkele gemeenskaplike voorvader ontstaan
  2. Ooreenkomste tussen verskillende organismes toon dat een spesie, oor tyd, uit ‘n ander ontwikkel het.
  3. Kunsmatige seleksie en metamorfose (paddavis -> padda) illustreer hoe verandering, oor tyd, moontlik plaasgevind het.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Jean Baptiste de Lamarck was ‘n Franse natuurkundige wat sy teorie van evolusie in 1809 voorgestel het. Wat was die naam van sy boek wat in 1809 gepubliseer is?

A

Philosophie Zoologique

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Jean Baptiste de Lamarck was ‘n Franse natuurkundige wat sy teorie van evolusie in 1809 voorgestel het. Noem die twee idees waarop Lamarck se teorie gebaseer is.

A
  1. Die gebruik of onbruik van organe kan daartoe lei dat organe vergroot, krimp of verdwyn
  2. Organismes ondergaan gedurende hul leeftyd sekere eienskapsveranderinge wat deur hul nakomelinge oorgeërf word
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Jean Baptiste de Lamarck was ‘n Franse natuurkundige wat sy teorie van evolusie in 1809 voorgestel het. Watter deel van sy teorie is as verkeerd beskou en verwerp?

A

Oorerwing van verworwe eienskappe

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Jean Baptiste de Lamarck was ‘n Franse natuurkundige wat sy teorie van evolusie in 1809 voorgestel het. Verduidelik die redes vir die verwerping van ‘oorerwing van verworwe eienskappe’, aan die hand van die lang nekke van kameelperde.

A

Lamarck het voorgestel dat ‘iets’ die eienskappe van die ouers na die nakomelinge oordra.

Die kennis van genetika was egter nog nie bekend nie en hy het dus niks van gene of mutasies geweet nie.

Wat hy nie geweet het nie, was dat die kameelperde se voorouers wel die geen vir lang, sterk nekke gedra het.

Hulle het nie die geen verwerf deur hulle nekke te strek nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Jean Baptiste de Lamarck was ‘n Franse natuurkundige wat sy teorie van evolusie in 1809 voorgestel het. Was die werk wat Lamarck gedoen het, alles waardeloos aangesien sy teorie verwerp is?

A

Nee, al is sy teorie verwerp, was dit baanbrekerswerk wat gelei het tot die formulering van Charles Darwin se evolusieteorie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Wat was die naam van die Britse natuurkundige wat, saam met Charles Darwin, ‘n artikel oor natuurlike seleksie gepubliseer het?

A

Alfred Wallace

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Charles Darwin, ‘n Engelse natuurkundige, het sy belangrikste waarnemings rakende evolusie, op die Galapagos-eilande gedoen. Wat was die naam van sy boek wat in 1859 gepubliseer is?

A

On the origin of species by means of natural selection

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Charles Darwin, ‘n Engelse natuurkundige, het sy belangrikste waarnemings rakende evolusie, op die Galapagos-eilande gedoen. Noem drie waarnemings waarop sy evolusieteorie gebaseer is.

A
  1. Individue van ‘n spesie produseer ‘n groot aantal nakomelinge waarvan slegs enkeles oorleef
  2. ‘n Groot mate van variasie kom binne ‘n spesie voor waarvan sommige individue beter aangepas is vir ‘n bepaalde omgewing
  3. Eienskappe word vanaf die ouers wat oorleef, na die nakomelinge oorgedra
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Charles Darwin, ‘n Engelse natuurkundige, het sy belangrikste waarnemings rakende evolusie, op die Galapagos-eilande gedoen. Beskryf sy teorie van Natuurlike Seleksie.

A
  • Daar bestaan kompetisie om voedsel, ruimte en paarmaats tussen die individue van ‘n spesie, wat ‘n ewige oorlewingstryd tot gevolg het
  • Individue wat die beste in hulle omgewing aangepas is, sal langer leef en meer nakomelinge voortbring as die wat swakker aangepas is
  • Die nakomelinge sal gunstige eienskappe van hul ouers oorerf
  • Die swakker aangepaste individue sal sterf voordat hulle volwassenheid bereik en nakomelinge produseer en hulle getalle sal dus afneem
  • Hierdie verskynsel waar die ‘swakkeres’ uitsterf en die beter aangepastes oorleef (‘survival of the fittest’), staan bekend as natuurlike seleksie.
  • Die veranderinge wat oor tyd in die individue van die spesie plaasvind a.g.v. natuurlike seleksie lei tot nuwe spesievorming
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Noem drie ooreenkomste tussen Lamarck en Charles Darwin se teorieë

A

Albei het geglo dat:

  1. Lewe aanvanklik eenvoudig was, en meer kompleks geword het soos die omgewing verander het
  2. Spesies gedurig verander, nuwes ontstaan en ander uitsterf
  3. Slegs die bes aangepaste individue veranderinge in die omgewing kan oorleef
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Tabuleer die verskille tussen Lamarck en Charles Darwin se teorieë

A

Lamarck

  1. Elke organisme of groep organismes het ‘n onafhanklike evolusionêre lyn met ‘n interne dryfkrag om na kompleksiteit en volmaaktheid te streef
  2. Die gebruik of onbruik van organe kan daartoe lei dat die organe vergroot, krimp of selfs verdwyn
  3. Nuwe eienskappe word verwerf - gewoonlik a.g.v. veranderinge in die omgewing. Hierdie verworwe eienskappe maak dat ‘n individu beter aangepas is vir sy omgewing.

Darwin

  1. Soortgelyke organismes is verwant en ontstaan uit ‘n gemeenskaplike voorvader. Hy impliseer dat alle organismes moontlik uit dieselfde gemeenskaplike voorvader ontstaan het
  2. Variasies in bevolkings ontstaan a.g.v. veranderinge in die omgewing. Individue met mutasies wat voordelige gene tot gevolg het, pas die beste aan in ‘n bepaalde omgewing, oorleef en dra die gene na hul nageslag oor. Hierdie verskynsel word natuurlike seleksie genoem en lei tot nuwe spesievorming.
  3. Die individue wat nie hierdie voordelige eienskappe het nie, sterf uit. Die verworwe eienskappe word deur die nageslag oorgeërf.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Verduidelik die verskille tussen Lamarck en Charles Darwin se teorieë aan die hand van die kameelperd se nek

A
  • Lamarck
  • Het voorgestel dat kortnek-kameelperde oor ‘n leeftyd aanhoudend gestrek het om blare aan die boonste boomtakke by te kom, vir voedsel.
  • Al die gestrek het veroorsaak dat hul nekke langer en sterker geword het. Die verworwe eienskap (lang nek) is na die volgende generasies oorgedra. Die gevolg is dat alle kameelperde vandag lang nekke het.
  • Darwin
  • Het voorgestel dat daar in die voorgeslagte van kameelperde individue met kort nekke sowel as individue met lang nekke voorgekom het,
  • Hierdie variasie het beteken dat sommiges (die met lang nekke) beter aangepas was vir hul omgewing, aangesien hulle die blare van die boonste boomtakke, in tye van voedselskaarste, kon bykom. Meer van die langnek-kameelperde het oorleef om aan te teel en het die langnek-eienskap na die nageslag oorgedra.
  • Die met kort nekke kon nie die blare aan die boonste boomtakke bykom nie, het waarskynlik honger gely en het heel moontlik nie volwassenheid bereik of nakomelinge voortgebring nie.
  • Die kortnek-kameelperde se getalle het dus afgeneem terwyl die met lang nekke, wat beter aangepas was, bly voortbestaan het.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Wat word bedoel met ‘natuurlike seleksie’?

A

Dit is die proses waarvolgens die individue wat die beste aangepas is vir hul omgewing, oorleef en hul gene na die volgende generasie oordra.

Individue wat swakker aangepas is vir hul omgewing, is geneig om uit te sterf.

Die proses is die dryfkrag van evolusie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Definieer:

Kunsmatige seleksie

A

Dit is die proses waartydens plante en diere doelbewus gekweek/geteel word vir gewenste eienskappe, wat nie noodwendig die oorlewing van die nageslag gaan bevoordeel nie.

Die mens selekteer die gewenste eienskappe en tree dus op as die sneller uit die omgewing.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Noem drie ooreenkomste tussen natuurlike en kunsmatige seleksie

A
  1. Variasie kom in die bepaalde bevolking voor
  2. Variasie in die bevolking is oorerflik
  3. Die uitkoms is dieselfde, nl. die bevolking verander oor tyd sodat sekere eienskappe meer algemeen raak
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Tabuleer drie verskille tussen natuurlike en kunsmatige seleksie

A

Natuurlike Seleksie

  1. Die seleksiedruk hieragter is die omgewing
  2. Die geselekteerde eienskappe bevoordeel die oorlewing in die natuur
  3. Dit is ‘n stadige proses

Kunsmatige Seleksie

  1. Die sneller vir verandering het sy oorsprong by die mens
  2. Die geselekteerde eienskappe bevoordeel nie noodwendig oorlewing in die natuur nie
  3. Dit is ‘n vinniger proses
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Aan watter proses word die variasie van vinke van die Galapagos-eilande se snawelgroottes toegeskryf?

A

Natuurlike seleksie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
24
Q

Snawels van vinke van die Galapagos-eilande: waarom was dit nodig dat verskillende snawels moes ontwikkel?

A

Die snawels moes pas by die beskikbare voedsel op die eilande.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
25
Q

Watter voordeel hou die feit dat die verskillende vinke van die Galapagos-eilande verskillende ekologiese nisse gevul het, in?

A

Dit stel ‘n groot verskeidenheid spesies in staat om saam te leef

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
26
Q

Verduidelik, aan die hand van Darwin se teorie, hoe die fenotipiese variasie in snawels van voorvaderlike vinke uiteindelik gelei het tot genetiese-/genotipiese variasie en spesiëring

A

Voorvaderlike vinke het fenotipiese variasie getoon en verskillende vorms en groottes snawels gehad. In hul nuwe habitat was verskillende ekologiese nisse met verskillende soorte beskikbare voedsel.

In elke ekologiese nis het die vinke waarvan die snawels die beste aangepas was vir die betrokke soort voedsel, oorleef in die nis.

Hierdie individue het suksesvol voortgeplant en ‘n groot nageslag opgelewer.

Genetiese-/genotipiese variasie het geleidelik vermeerder en elke groep het so verskillend geraak dat kruisteling nie meer moontlik was nie,

Dit het spesiëring (die vorming van nuwe spesies) tot gevolg gehad.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
27
Q

Wat word bedoel met ‘n ‘geografiese versperring’?

A

‘n Ekologiese faktor, bv. ‘n rivier/woestyn/berg/oseaan wat kruisteling en dus geenvloei tussen twee bevolkings van ‘n spesie verhoed

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
28
Q

Noem twee voorbeelde van geografiese versperrings

A
  1. Berg
  2. Rivier
  3. Oseaan
  4. Knersvlakte
  5. Oranjerivier
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
29
Q

Wat word bedoel met ‘simpatriese spesiëring’?

A

Wanneer spesiëring plaasvind al is daar geen geografiese versperring nie.

Die nuwe spesie ontstaan dus in dieselfde gebied as ‘n reeds bestaande spesie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
30
Q

Noem en verduidelik twee maniere hoe simpatriese spesiëring by plante plaasvind

A

- POLIPLOïDIE

  • Die vermeerdering van die chromosoomgetal (meer as 2 of 3 stelle chromosome - 3n/4n/6n) skep ‘n nuwe spesie wat in dieselfde gebied as die oorspronklike spesie voorkom.
  • Kruisteling tussen die oorspronklike spesie en die nuwe spesie kan nie plaasvind nie, aangesien die chromosoom-stelle nie passende pare kan vorm nie.

- HIBRIDISERING

  • Die teling van nie-verwante individue (verskillende spesies) in dieselfde gebied kan ook lei tot die ontstaan van nuwe spesies.
  • Indien die basterspesie self kan voortplant en vrugbare nakomelinge voortbring, is ‘n nuwe spesie gevorm.
  • Die nuwe spesie wat ontstaan, is geïsoleerd van die voorvaderlike spesie, wat voortplanting betref.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
31
Q

Wat word bedoel met die term ‘voortplantings-isolasie’?

A

Dit is die gedragspatrone, fisiologiese prosesse of strukturele ontwerp wat verhoed dat twee verskillende spesies kruisteel en lewensvatbare nakomelinge voortbring.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
32
Q

Noem en definieer die twee hoofgroepe voortplantings-isoleringsmeganismes

A

1. Pre-sigotiese isoleringsmeganismes

Dit is meganismes wat voor bevrugting in werking tee en dus paring en bevrugting verhoed.

2. Post-sigotiese isoleringsmeganismes.

Dit is meganismes wat na bevrugting in werking tree en veroorsaak abnormale ontwikkeling van die sigoot sodat geen lewensvatbare nakomelinge kan ontwikkel nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
33
Q

Noem en verduidelik die spesifieke voortplantings-isoleringsmeganisme wat voorkom wanneer ‘n donkie en ‘n perd wel kruisteel

A

Die post-sigotiese meganisme waar ‘n lewensvatbare nakomeling, ‘n hibried, voortgebring word.

Die hibried, in hierdie geval die muil, is egter steriel aangesien dit nie gedurende meiose normale gamete produseer en dus kan voortplant nie.

Die muilspesie is dus, wat voortplanting betref, van ander spesies geïsoleerd.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
34
Q

Watter voordeel hou die basterkrag wat die muil vertoon, in?

A

‘n Muil is vinniger as ‘n donkie, maar meer gehard as ‘n perd.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
35
Q

Definieer:

Fossiel

A

Dit is ‘n organisme of oorblyfsels, afdrukke of spore van organismes, wat gewoonlik in gesteentes gepreserveer is.

36
Q

Definieer:

Fossielrekord

A

Die lys van al die fossiele van verskillende ouderdomme, wat al deur paleontoloë ontdek is.

37
Q

Definieer:

Paleontologie

A

Die studie van plant- en dierfossiele

38
Q

Definieer:

Paleontoloog

A

‘n Wetenskaplike wat fossiele bestudeer

39
Q

Definieer:

Homoloë strukture

A

Soortgelyke liggaamstrukture, met dieselfde liggaamsplan wat verskillende funksies in verskillende organismes verrig

40
Q

Definieer:

Analoë strukture

A

Liggaamstrukture wat in bou verskil, maar wat in verskillende organismes dieselfde funksie verrig

41
Q

Definieer:

Vestigiale orgaan

A

‘n Orgaan waarvan die grootte en bou oor evolusionêre tyd, deur verminderde seleksiedruk verklein het

42
Q

Tabuleer vier verskille tussen homoloë en analoë strukture

A

Homoloë strukture

  1. het dieselfde basiese bou
  2. het nie altyd dieselfde funksie nie
  3. besit gemeenskaplike voorvader
  4. lewer bewys van divergerende evolusie

Analoë strukture

  1. basiese bou verskil
  2. het dieselfde funksie
  3. besit nie gemeenskaplike voorvader nie
  4. lewer bewys van konvergerende evolusie
43
Q

Definieer:

Biogeografie

A

Dit is die studie van die verspreiding van plant- en dierspesies (huidige en uitgestorwe) in bepaalde geografiese streke.

44
Q

Hoe lewer biogeografie bewyse t.o.v. evolusie?

A

Hierdie studies bewys dat nouverwante spesies gewoonlik in dieselfde geografiese streek voorkom en stel voor dat hulle dan ook ‘n gemeenskaplike voorvader deel.

45
Q

Verduidelik die ontstaan van verskillende spesies landgebonde (loop-) voëls aan die hand van biogeografie en geografiese versperrings

A

Landgebonde voëls soos die volstruis (Afrika), emoe (Australië), nandoe (Suid-Amerika) en die uitgestorwe moa (Nieu-Seeland), toon groot ooreenkomste op verskillende landmassas, maar behoort tot aparte spesies.

Hierdie voëls het waarskynlik uit ‘n gemeenskaplike voorouer ontwikkel en is met die opbreek van Gondwanaland geografies geskei deur oseane.

As gevolg van kontinentale drywing het die klimaat en ook die habitatte verander.

Die voëls het by die veranderde omgewing aangepas en nuwe spesies het ontstaan.

46
Q

Verduidelik die rol van genetiese variasie as ‘n meganisme vir evolusie

A

Sonder genetiese variasie sal geen natuurlike seleksie kan plaasvind nie, want daar is geen variasie nie.

Evolusie sal nie plaasvind nie.

47
Q

Noem en verduidelik twee maniere hoe meiose genetiese variasie veroorsaak.

A
  1. Oorkruising (uitruiling van genetiese materiaal) tydens Profase I lei tot die vorming van gamete met verskillende geenkombinasies.
  2. Die ewekansige ranskikking van homoloë chromosoompare op die ewenaar tydens Metafase I lei tot groter variasie in die gamete.
48
Q

Verduidelik hoekom mutasies as die belangrikste oorsaak van genetiese variasie beskou word.

A

‘n Verandering in die volgorde of hoeveelheid nukleotiede in die DNA vind plaas.

Dit lei tot ‘n verandering in die aminosuurvolgorde van die proteïen.

49
Q

Tabuleer die verskillende geen- en chromosoommutasies en dui in elke geval aan of die mutasies ‘n evolusionêre rol speel, al dan nie

A

GEENMUTASIES:

  1. dodelike (Nee)
  2. neutrale (Nee)
  3. voordelige (gevestigde) (Ja)

CHROMOSOOMMUTASIES:

  1. aneuploïdie (Nee)
  2. poliploïdie (Ja)
50
Q

Verduidelik die evolusionêre rol van voordelige (gevestigde) mutasies

A

Die DNA-volgorde asook die funksie van die proteïen verander. Nuwe gene wat die kans op oorlewing in ‘n spesifieke omgewing verhoog, word gevorm.

Natuurlike seleksie vind plaas en hierdie nuwe voordelige allele word geselekteer.

Die frekwensie van die nuwe allele (deur mutasie gevorm) vermeerder.

Die individue met die nuwe voordelige allele sal vinniger voortplant en die voordelige gene word na die nageslag oorgedra.

Wanneer al die organismes van ‘n bevolking die nuwe voordelige alleel/allele besit, is die mutasie gevestig.

51
Q

Verduidelik die evolusionêre rol van poliploïdie

A

Soms verdeel ‘n volle stel chromosome glad nie, wat veroorsaak dat sekere gamete na meiose, pare chromosome besit.

Op hierdie manier kan triploïede of tetraploïede sigote gevorm word.

Hierdie toestand kan lei tot genetiese variasie wat die ontstaan van nuwe spesies tot gevolg het.

52
Q

Verduidelik die rol van elk van die volgende in die variasie wat in ‘n spesie ontstaan: ewekansige paring

A

Wanneer ewekansige/lukrake paring van individue in ‘n bevolking, met gevolglike suksesvolle bevrugting, plaasvind is die verskeidenheid, geenkombinasies wat saamgevoeg word, nog groter.

Dit lei tot nog meer variasie binne ‘n spesifieke spesie.

53
Q

Verduidelik die rol van elk van die volgende in die variasie wat in ‘n spesie ontstaan: ewekansige bevrugting

A

Tydens bevrugting vind lukrake versmelting van manlike en vroulike gamete plaas.

Met elke bevrugtingsproses word ander geenkombinasies gevorm, wat tot variasie in die spesie lei.

54
Q

Wat is die foramen magnum?

A

Oë is voor in die kop geleë/stereoskopiese visie

55
Q

Verduidelik hoe en hoekom die posisie van die foramen magnum by organismes met twee-/ en viervoetigheid as leefwyse, verskil

A

Tweevoetigheid - die foramen magnum is nader na die middel en onder die skedel geleë.

Dit dui daarop dat die skedel op die werwelkolom rus Viervoetigheid - die foramen magnum is verder na agter en hoër op teen die skedel wat daarop dui dat die skedel nie op die werwelkolom rus nie, maar meer aan die agterkant vas is.

56
Q

Wat is die verskil in skelet van die mens en sjimpansee, t.o.v. die vorm van die bekken?

A

Mens - kort en breed

Sjimpansee - lank en smal

57
Q

Wat is die verskil in skelet van die mens en sjimpansee, t.o.v. die groottoon en voetbrug?

A

Mens

  1. groottoon parallel met ander tone
  2. verhoogde voetbrug

Sjimpansee

  1. opponeerbare groottoon
  2. plat voetbrug
58
Q

Wat is die verskil in skelet van die mens en sjimpansee, t.o.v. die vorm van die skedel?

A

**Mens **- ronder met vergrote breinkas

Sjimpansee - klein en lank

59
Q

Wat is die verskil in skelet van die mens en sjimpansee, t.o.v. die gebit?

A

Mens - hoektande kleiner en net so groot soos ander tande, verhemelte meer gerond

Sjimpansee - groot hoektande en tande groter en onreëlmatig; verhemelte plat

60
Q

Wat is die verskil in skelet van die mens en sjimpansee, t.o.v. die gesig- en kaakvorm?

A

Mens - platter gesig met minder uitstaande kakebene en meer ontwikkelde ken

Sjimpansee - minder plat gesig met uitstaande kakebene en prominente oogbanke

61
Q

Wat is die verskil tussen die mens en sjimpansee, t.o.v. die manier van loop?

A

Mens - tweevoetig/bipedaal en loop regop

Sjimpansee - viervoetig en kneukelloop

62
Q

Noem vier kenmerke van die Australopithecus skelet wat meer mensagtig as aapagtig is

A

Australopithecus se

  1. foramen magnum is meer na die middel en onderkant van die skedel
  2. bekken is groter, korter en breër
  3. hoektande is klein
  4. tande is in geronde kakebeen geplaas
63
Q

Noem twee kenmerke van die Australopithecus skelet wat meer aapagtig as mensagtig is

A

Australopithecus

  1. se skedel is smal en klein
  2. het uitstaande kakebene
  3. het prominente oogbanke
64
Q

Noem een fossielterrein in Suid-Afrika waar Australopithecus fossiele gevind is

A

Sterkfontein/Taung

65
Q

Watter drie hominiene het waarskynlik van Australopithecus afgestam en waarskynlik aan die die moderne mens (Homo sapiens) oorsprong gegee?

A
  • Homo habilis
  • Homo erectus
  • Homo neanderthalensis
66
Q

Skryf die name neer van die twee genera wat aan die Hominiene behoort

A

Australopithecus

Homo

67
Q

Noem een belangrike verskil tussen die Australopithecus-spesies en die Afrika-ape (bv. sjimpansees)

A

Australopithecus-spesies is tweevoetig

en die Afrika-ape is viervoetig

68
Q

Watter genus word geassosieer met die maak van gereedskap en taalontwikkeling? Motiveer

A

Die Homo-genus - hulle breine is groter en beter ontwikkel

69
Q

Watter primêre eienskap stel die moderne mens in staat om te oorleef?

A

Die mens se vermoë om sy omgewing volgens sy behoeftes te kan verander deurdat hy sy groter breinkapasiteit gebruik.

70
Q

Waar in Suid-Afrika word die ‘wieg van die mensdom’ aangetref?

A

In die Gautengprovinsie - +/- 40km noord van Johannesburg

71
Q

Die Wieg van die Mensdom is tot ‘Wêrelderfenisterrein’ verklaar. Wat word met die term bedoel?

A

Hierdie gebied is tot ‘n natuurlike gebied verklaar om bewaar te bly vir alle mense van die wêreld

72
Q

Hoeveel fossielterreine word in hierdie area aangetref?

A

13

73
Q

Watter wêreldbekende grotte in hierdie area het die skedel van Mev. Ples opgelewer?

A

Sterkfonteingrotte

74
Q

Waarom word hierdie area as die Wieg van die Mensdom beskou?

A

Dit is een van die rykste fossielterreine in die wêreld wat reeds duisende fossiele (insluitende hominiene) opgelewer het, wat grootliks bygedra het tot evolusionêre bewyse van die ontstaan van die mens.

75
Q

Volgens die ‘Uit-Afrika’-hipotese het Homo sapiens uit Afrika ontstaan en vandaar na die res van die wêreld versprei om ander hominiene soos Homo erectus en Homo neanderthalensis te vervang.

Watter bewyse ondersteun die hipotese?

A
  • Fossiele en artefakte van hominiene wat in Afrika gevind is
  • DNA-studies
76
Q

Hoekom word Afrika as die ‘Wieg van die Mensdom’ beskou?

A

Afrika is die vasteland met die grootste hoeveelheid hominien-fossiele en word volgens hierdie hipotese beskou as die plek van oorsprong van Homo sapiens

77
Q

Watter Homo-spesie was die eerste om Afrika ongeveer 1.8 miljoen jaar gelede te verlaat?

A

Homo erectus

78
Q

Na watter drie wêrelddele het die eerse Homo-spesie wat Afrika verlaat het, migreer?

A
  • Europa, Asië en Indonesië
79
Q

Wat het daartoe gelei dat Homo erectus in Asië en Indonesië en Homo neanderthalensis in Europa deur Homo sapiens vervang is?

A

Homo sapiens het oor ‘n hoër vlak van tegnologiese vaardigheid beskik en het makliker in hul nuwe omgewings aangepas wat hul oorlewing verseker het

80
Q

Afrika word as die plek van oorsprong van Homo sapiens beskou, aangesien die mense van Afrika die oudste is.

Verduidelik hoe mitochondriale DNA (mtDNA) gebruik is om tot hierdie gevolgtrekking te kom.

A

Wetenskaplikes bepaal die grootte van ‘n bevolking se genetiese variasie deur die mtDNA van verskillende bevolkings met mekaar te vergelyk.

Die groep wat die meeste variasie toon, het die meeste mutasies.

Hierdie groep het dus die meeste tyd gehad vir mutasies om plaas te vind en is dus die oudste.

Studies het bewys dat die grootste vlak van genetiese variasie in mtDNA in menslike bevolkings in Afrika voorkom.

Daaruit word afgelei dat die mense van Afrika die oudste is.

81
Q

Y-DNA word slegs deur mans gedra en kan slegs van hul voorvaders oorgeërf word. Verduidelik hierdie stelling.

A

Die klein Y-chromosoom, wat slegs deur mans gedra word, ondergaan geen oorkruising en uitruiling van genetiese materiaal tydens gameetvorming (meiose) nie en bly dus oor generasies heen, feitlik dieselfde.

82
Q

Verduidelik hoe Y-DNA ‘n rol speel in die bepaling van manlike voorvaderlike afstamming

A

Aangesien die Y-DNA slegs deur mans oorgedra word en oor generasies heen feitlik dieselfde bly, sal mans wat ‘n gemeenskaplike voorvader deel, feitlik dieselfde Y-DNA besit.

Op die manier kan manlike voorvaderlike afstamming deur die Y-lyn bepaal word.

83
Q

Wat word bedoel met multi-middelweerstandige TB (MDR-TB)?

A

Dit verwys na TB-bakterieë wat weerstandig is teen ten minste twee anti-TB middels.

84
Q

Verduidelik die ontstaan van middelweerstandige bakterieë aan die hand van natuurlike seleksie

A

Bakterieë ontwikkel deur mutasies die vermoë om dosisse antibiotika, wat nomaalweg dodelik sou wees, te oorleef.

Die toediening van antibiotikum tree op as seleksiedruk.

Die gemuteerde weerstandige bakterieë word geselekteer en oorleef.

Die meeste antibiotikum-sensitiewe bakterieë word vernietig terwyl die weerstandiges vermeerder.

‘n Nuwe bakteriebevloking wat weerstandig is teen ‘n bepaalde antibiotikum, onstaan.

85
Q

Noem twee oorsake van die bakterie-weerstandigheidsprobleem

A
  1. Swak bestuurde TB-sorg
  2. Die verkeerde gebruik van anti-TB middels
86
Q

Waarom is dit belangrik om ‘n kursus antibiotikum te voltooi?

A

Indien die kursus antibiotika te vroeg gestaak word, is daar nog van die bakterieë wat oorleef.

Hierdie oorlewendes muteer en bou ‘n weerstand op teen die antibiotikum.

Hierdie bakterieë vermeerder en reageer nie op ‘n volgende toediening van die voorgeskrewe antibiotikum nie.