Kwartaal 1 (3) Flashcards

You may prefer our related Brainscape-certified flashcards:
1
Q

Waarom dra die X-chromosoom baie meer gene as die Y-chromosoom?

A

Die X-chromosoom is groter as die Y-chromosoom

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Waarom word ‘n siekte wat veroorsaak word deur ‘n resessiewe geenmutasie op ‘n X-chromosoom, meer dikwels by mans aangetref as by vroue?

A

Vroue het twee X-chromosome en omdat die mutasie resessief is, moet die abnormale alleel op beide chromosome voorkom om die siekte te vertoon.

Die man het slegs een X-chromosoom, en sal dus die siekte vertoon as die abnormale alleel aanwesig is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Verduidelik die volgende: ‘n Seun kan nie van sy vader se X-gekoppelde eienskappe oorerf nie

A

‘n Seun ontvang altyd sy Y-chromosoom van sy pa. Sy X-chromosoom kom van sy ma.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Verduidelik die volgende: ‘n Kleinseun kan X-gekoppelde eienskappe van sy oupa oorerf.

A

‘n Dogter ontvang een X-chromosoom van haar pa, met geslagsgekoppelde eienskappe van hom daarop.

Sy kan dus die gene vir hierdie eienskappe na haar seun oordra, wat dus die eienskappe van sy oupa oorerf.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Waarom is die dogters slegs draers van die hemofilie-geen wees en ly nie aan hemofilie nie?

A

Hul ontvang hul een X-chromosoom van hul moeder en is dus heterosigoties.

Hemofilie is ‘n resessiewe eienskap en dus moet hulle homosigoties wees om die siekte te vertoon.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Is dit moontlik dat die vader sy hemofilie-geen aan sy seuns kan oordra? Verduidelik.

A

Nee.

Die seuns erf hul Y-chromosoom van hul vader en die hemofilie-geen is op die X-chromosoom.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat word bedoel met ‘n ‘draer’ van ‘n spesifieke geen?

A

Hierdie persoon besit die geen, maar dit is resessief, so dit word nie in die fenotipe vertoon nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Waarom sou jy sê is dit geneties onwys om te trou en ‘n kind te hê by naby familie?

A

Die waarskynlikheid is groter dat ‘n abnormale geen, wat oënskynlik fenotipies normaal vertoon het, oorgedra kan word, en in die familie bly.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Definieer:

Sekelsel-anemie

A

Dit is ‘n genetiese afwyking waar die geen vir die vorming van abnormale hemoglobien voorkom.

Die persoon met hierdie afwyking is homosigoties vir hierdie kenmerk.

Dit kan lei tot die persoon se dood.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

In malariagebiede is dit voordelig om ‘n draer van die sekelsel-eienskap te wees. Verduidelik.

A
  • Mense wat die sekelsel-eienskap dra, het genoegsame normale hemoglobien en toon gewoonlik nie enige erge simptome van anemie nie.
  • Die rooibloedselle wat die abnormale hemoglobien bevat, is sekelvorming en word deur die liggaam vernietig.
  • Baie van die parasiete wat in ‘n malaria-geïnfekteerde persoon voorkom, sal dus vernietig word, want die parasiete dring die rooibloedselle in om te vermeerder.
  • Dit lei tot ‘n ligter graad van malaria.
  • Heterosigote vir hierdie eienskap het dus ‘n kleiner kans om malaria in ‘n baie erge graad te kry.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Waarom dink jy besit baie mense in Sentraal-Afrika, wat ‘n malariagebied is, hierdie sekelsel-geen?

A

Individue wat heterosigoties is vir die sekelsel-eienskap (HbAHbS) is weerstandig teen die meer ernstige vorm van malaria.

Hierdie individue se kans is groter om te oorleef en voort te plant, as die homosigote met normale hemoglobien (HbAHbA).

Dit lei tot ‘n toename in die frekwensie van HbS-allele in die bevolking en is dus ‘n voorbeeld van natuurlike seleksie by mense.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Definieer:

Genetiese manipulasie

A

Die oorplasing van ‘n spesifieke geen vanaf ‘n sel in een organisme na ‘n sel in ‘n ander organisme, om ‘n verlangde eienskap te verkry.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Waarvoor staan die afkorting GM?

A

Genetiese Manipulasie/Geneties gemanipuleerde

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Waarvoor staan die afkorting GMO?

A

Geneties Gemanipuleerde Organisme

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat word bedoel met ‘n ‘transgeniese’ organisme?

A

‘n Geneties gemanipuleerde organisme wat ‘n geen van ‘n ander organisme ontvang het.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Noem drie redes waarom genetiese manipulasie as biologies belangrik beskou word.

A
  1. produksie van insulien
  2. produksie van entstowwe
  3. produksie van geneties gemanipuleerde gewasse
17
Q

Noem twee maniere hoe verlangde gene in plantselle oorgeplaas word

A
  1. ‘Geen-geweer’
  2. Agrobacterium tumefaciens dien as ‘n vektor
18
Q

Noem vier voordele van geneties gemanipuleerde gewasse

A

1.

19
Q

Watter finansiële voordeel hou GMO’s wat bestand is teen siektes/plae vir die boer in?

A

Die boere hoef minder geld te spandeer om plaag-/onkruiddoders te koop.

20
Q

Waarom sou dit voordelig wees om ‘n GMO te hê wat onkruiddoderbestand is?

A

Onkruid kan dan doeltreffend bespuit word sonder dat die gewasse ook doodgemaak word.

21
Q

Waarom sou dit nodig wees om GM-rys (ook bekend as ‘goue rys’) te kweek wat ryk is aan betakaroteen (Vit. A) en yster?

A

In sommige lande is rys die stapelvoedsel en ontwikkel die mense voedingselementtekorte aangesien die gewone rys te min van sekere belangrike voedingstowwe bevat.

22
Q

Vegetariërs kan moontlik gekant wees teen GMO’s. Verduidelik.

A

Die gene van organismes wat hul normaalweg nie eet nie, kan gebruik word en dus aanwesig wees in die genetiese gemanipuleerde produkte.

23
Q

Wat is die funksie van insulien in die menslike liggaam?

A

Dit beheer die bloedglukosekonsentrasie.

24
Q

Waarom is die produsering van insulien so ‘n lewensbelangrike funksie?

A

Indien daar nie genoeg insulien is om die oortollige glukose uit die bloed te verwyder en te stoor vir latere gebruik nie, kan die persoon in ‘n koma gaan en sterf.

25
Q

Definieer:

Plasmiede

A

Ringvormige DNA-molekules wat in bakterieë voorkom.

26
Q

Wat word bedoel met ‘rekombinante DNA’?

A

Die ‘gekombineerde’ DNA wat in die ontvangersel vorm, wanneer ‘n gedeelte van een organisme (bv. die mens) se DNA deur genetiese manipulasie in ‘n ander organisme (bv. ‘n bakterie) oorgeplaas word.

27
Q

Verduidelik hoe rekombinante DNA vorm

A
  • Die plasmied word deur beperkingsensieme oopgebreek.
  • Die menslike geen vir insulienvervaardiging word uitge-‘sny’ en by die plasmied gevoeg met DNA-ligase as katalisator.
  • Die plasmied en die nuwe geen vorm weer ‘n ringstruktuur, nl. rekombinante DNA, wat in E. coli teruggeplaas kan word.
28
Q

Watter tipe organisme is Escherichia coli?

A

‘n Bakterium wat in die dermkanaal van die mens voorkom.

29
Q

Hoe beland toegediende insulien dan uiteindelik in die mens se bloedstroom?

A

Insulieninspuitings of -neussproei

30
Q

Van watter biologiese belang is hierdie seldelingsproses (meiose) vir organismes?

A
  • Die chromosoomgetal word gehalveer van (2n) na (n). Dit voorkom die verdubbeling van die chromosoomgetal met elke generasie.
  • Die produsering van gamete deur meiose dien as ‘n meganisme om genetiese variasie in te bring deur:

– oorkruising wat genetiese materiaal uitruil.

Dit lei daartoe dat elke gameet van een individu verskillende geenkominasies dra.

– ewekansige rangskikking van chromosome op die ewenaar.

Die afsonderlike groepering van chromosome op die ewenaar tydens Metafase I lei tot groter variasie in die gamete.