Meiose 12 Flashcards
Waaruit bestaan ‘n chromosoom?
‘n lang string DNS wat styf gedraai is deur ‘n proteïenbedekking bekend as histone
Wat is ‘n geen?
‘n Kort volgorde wat die genetiese kode dra vir die ontwikkeling van ‘n spesifieke kenmerk of eienskap
Definieer homoloë paar chromosome
Pare identiese chromosome, een van moederlike oorsprong en een van vaderlike oorsprong
Wat is Meiose?
- Seldeling van 1 diploiede sel in 4 haploiede selle
- Elke dogtersel - helfte die getal chromosome as die ouersel
- Dogterselle is geneties verskillend
- Dit vind gedurende die vorming van gamete plaas, of direk na bevrugting (eenvoudige organismes)
Wat gebeur gedurende geslagtelike voortplanting (mikroskopies)?
Manlike gameet versmelt met ‘n vroulike gameet en vorm sigoot - enkele sel.
Haploiede getal:
Een stel chromosome of HELFTE van die chromosoomgetal
Definieer:
Interfase I
Voorbereiding vir kernverdeling DNS repliseer – dubbel genetiese material in chromatiennetwerk
Definieer:
Profase I
- Chromosome verkort, word sigbaar as 2 chromatiedes & sentromeer homoloë chromosoompare
- Kernmembraan en -liggaam (nukleolus) verdwyn
- Spoel vorm
- Chromatiede maak kontak,
- Oorkruising vind plaas (brei uit - chiasma, DNS uitruiling)
Definieer:
Metafase I
- Spoel strek oor hele sel
- Chromosome rangskik hulself as homoloë pare op die ewenaar,
- Chromosoom - elke paar - aan weerskante van die ewenaar
- Sentromeer verbind - spoeldrade
Definieer:
Anafase I
- 1 lid van die chromosoompaar word na een pool getref en die ander na die ander MAV
- ‘n volle chromosoom beweeg na die teenoorgestelde pole met die verkorting van spoeldrade
Definieer:
Telofase I
- Chromosome bereik pole
- Elke pool - slegs die helfte van die oorspronklike aantal chromosome
- Selmembraan vernou, verdeel sitoplasma in 2
Definieer:
Profase II
- Elke chromosoom is sigbaar as 2 chromatiedes
- Spoelvesels ontwikkel in elke nuwe sel
Definieer:
Metafase II
Individuele chromosome rangskik op ewenaar, die sentromere aangeheg aan spoeldrade
Definieer:
Anafase II
Spoeldrade trek saam
Sentromere verdeel dogterchromosome/chromatiede word getrek na teenoorstaande pole
Definieer:
Telofase II
- Dogterchromosome bereik die pole
- Nuwe kern vorm
- Selmembrane vernou
- Sitoplasma verdeel weer in 2
- 4 dogterselle word gevorm
- Elke sel - helfte van chromosome in oorspronklike sel
- Selle is geneties verskillend
Die belangrikheid van meiose:
- Diploied > Haploied. Balanseer die verdubbelingseffek van bevrugting, verseker die regte chromosoomgetal van een generasie na die volgende.
- Veroorsaak dat die nakomelinge wat deur geslagtelike voortplanting geproduseer word, geneties verskillend van mekaar en die ouers is a.g.v.:
- oorkruising
- Lukrake rangskikking van chromosome op die ewenaar tydens Metafase 1
Tydens watter fase vind oorkruising plaas?
Profase 1 van Meiose
Verduidelik die proses van oorkruising:
- Homoloë chromosome lê styf teenmekaar
- Elke chromosoom bestaan uit 2 chromatiedes en ‘n sentromeer
- Een chromatied van elke chromosoom vervleg met sy homoloog
- Die chromosome verdeel op so ‘n manier dat elk ‘n oorspronklike chromatied het en een chromatied met genetiese material van sy homoloog.
Definieer:
Chiasmata
Oorkruisingspunte op chromatiedes wat vervleg is
Verduidelik die rol van oorkruising
- Het ‘n skommeling van genetiese materiaal tot gevolg.
- Elke chromosoom sal genetiese materiaal van beide ouers hê
- Variasie in nakomelinge
Verduidelik: Meiotiese deling deur die IPMAT te gebruik
I - Interfase - tussenin
P - Profase - Preperasie - Chromosome berei voor deur te ontrafel, oorkruising
M - Metafase - Middel - Chromosome beweeg na Middel / Ewenaar
A - Anafase - Apart - Chromosome / chromatiede beweeg na teenoorgestelde pole
T - Telofase - Terminaal - Die finale fase
Verduidelik die verskille tussen die eerste en tweede Meiotiese delings:
Interfase:
1: Chromosoomgetal gehalveer
2: C-getal bly dieselfde
Profase:
1: Oorkruising vind plaas
2: Oorkruising vind nie plaas nie
Metafase:
1: Chromosome rangskik hulself in homoloe pare (op ewenaar)
2. Individuele chromosome rangskik hulself
Anafase:
1: Volledige chromosome beweeg na die teenoorgestelde pole van die sel
2: Dogterchromosome/chromatiede beweeg na teenooorgestelde pole
Telofase:
1: Twee selle vorm
2: Vier selle vorm
Wat is Geen Mutasies?
Foute/veranderinge wat voorkom gedurende transkripsie / DNA replisering
Definieer:
Puntmutasies
Vervanging van een basis van ‘n kodon met ‘n ander
Klein veranderinge mag moontlik tot gevolg hê dat een aminosuur verander in ‘n proteïen
Definieer:
Raampieverskuiwingmutasie
- Toevoeging/weglating van een of meer basisse van ‘n kodon
- Tot gevolg dat die volgorde van al die basisse van die kodons verander
- Gevolg is dat ‘n verskillende proteïen met verskillende funksies vorm
- Lei tot verskillende fenotipes