Natuurlike seleksie en spesiasie - snelvuurvrae Flashcards
‘n Ingeligte veronderstelling
Hipotese
‘n Bevestigde verklaring of hipotese
Teorie
Die ontwikkeling van nuwe lewensvorme uit vroeëre lewensvorme oor baie generasies heen
Makro-evolusie
Die variasies wat binne ‘n spesie onstaan wat klein veranderinge aan die genotipe van die spesie tot gevolg het
Mikro-evolusie
Die boek waarin Erasums Darwin in 1794 - 1796 sy evolusieteorieë geformuleer het
Zoonomia
Die Franse natuurkundige wat sy evolusieteorie gebaseer het op die gebruik of onbruik van organe, asook die oorerwing van verworwe eienskappe
Lamarck
Die Engelse natuurkundige wat sy evolusieteorie op natuurlike seleksie gebaseer het en dit in die boek ‘On the Origin of Species by means of Natural Selection’ gepubliseer het
Charles Darwin
Die proses waarvolgens slegs die individue wat die beste aangepas is vir hul omgewing, oorleef en hul gene na die volgende generasie oordra
Natuurlike seleksie
Die doelbewuste teling van plante en diere vir gewenste eienskappe, deur die mens geselekteer, wat nie noodwendig die oorlewing van die nagesalg gaan bevoordeel nie
Kunsmatige seleksie
Die evolusionêre proses waartydens nuwe spesies ontstaan
Spesiëring
‘n Groep organismes wat suksesvol kan voortplant en vrugbare nakomelinge voortbring
Spesie
Die totale aantal allele van alle individue in ‘n bepaalde bevolking wat voortplant
Geenpoel
Die uitruiling van allele tussen individue
Geenvloei
Die ontstaan van ‘n nuwe spesie uit ‘n reeds bestaande spesie (voorvaderlike spesie), wanneer ‘n gedeelte van die bevolking deur geografiese versperrings geïsoleer word
Allopatriese spesiëring
Die ontstaan van ‘n nuwe spesie uit ‘n reeds bestaande spesie (voorvaderlike spesie), in dieselfde geografiese gebied
simpatriese spesiëring
Gedragspatrone, fisiologiese prosesse of strukturele ontwerp wat verhoed dat twee verskillende spesies kan kruisteel en lewensvatbare nakomelinge voortbring
voortplantings-isoleringsmeganismes
Isoleringsmeganismes wat na bevrugting in werking tree en veroorsaak dat die sigote wat vorm, abnormaal ontwikkel en nie tot lewensvatbare of vrugbare nakomelinge ontwikkel nie
post-sigotiese isoleringsmeganismes
‘n Organisme of oorblyfsels, afdrukke of spore van ‘n organisme, wat gewoonlik in gesteentes gepreserveer is
fossiel
Isoleringsmeganismes wat voor bevrugting in werking tree en verhoed dat paring en bevrugting plaasvind
pre-sigotiese isoleringsmeganismes
‘n Lys van al die fossiele van verskillende ouderdomme wat al deur paleiontoloë ontdek is
fossielrekord
Die studie van plant- en dierfossiele
paleontologie
‘n Wetenskaplike wat fossiele bestudeer
paleontoloog
‘n Oorgangsvorm tussen reptiele en voëls
Archaeopteryx
Soortgelyke liggaamstrukture, met dieselfde bou, wat verskillende funksies verrig
homoloë strukture
Liggaamstrukture wat verskil in bou, maar wat in verskillende organismes dieselfde funksie verrig
analoë strukture
Die tipe evolusie wat deur homoloë strukture bewys word aangesien die ooreenkomste teruggevoer kan word na ontwikkeling uit ‘n gemeenskaplike voorvader
divergerende evolusie
Die tipe evolusie waar die organismes nie verwant is nie, maar soortgelyke strukture, totaal onafhanklik van mekaar, ontwikkel
konvergerende evolusie
Die studie van die verspreiding van plant- en dierspesies (huidige en uitgestorwe) in bepaalde geografiese streke
biogeografie
Die tipe mutasie wat ontstaan waar die veranderinge van die DNA-volgorde lei tot die vorming van ‘n verkorte of veranderde proteïen wat nie sy noodsaaklike funksie kan verrig nie
dodelike mutasie
Die tipe mutasie wat geen uitwerking op die fenotipe van ‘n individu het nie
neutrale mutasie
Die tipe mutasie waar die DNA-volgorde asook die funksie van die proteïen verander en nuwe gene vorm wat die kans op oorlewing in ‘n spesifieke omgewing verhoog
voordelige/gevestigde mutasie
Die studie van die mens se oorsprong en sosiale verhoudings
antropologie
Die studie van die artefakte wat deur vroeë menslike bevolkings agtergelaat is
argeologie
Die studie van menslike evolusie deur fossiele van mense en artefakte te bestudeer
paleo-antropologie
Die orde waaronder die mens, ape, orangoetangs, gorillas en sjimpansees ingedeel word
Primate
Die tipe visie wat by Primate aangetref word
stereoskopiese visie
Tweevoetigheid, wat ‘n regop loopgang tot gevolg het
bipedalisme
Die naam wat gegee word aan individue wat tot die genus Australopithecus behoort
Australopethicines
Die naam van die fossielskedel van Sahelanthropus wat in Tsjad gevind is
Toumai-man
Die naam van ‘n fossielskedel van ‘n aapmens-kind wat by Taung, noordwes van Kimberley, gevind is
Taung-kind
Die naam wat gegee is aan die volledige volwasse skedel wat in 1924 in die Sterkfonteingrotte gevind is en as Australopithecus africanus geklassifiseer is
Mev. Ples
Die naam wat gegee is aan ‘n vroulike fossiel-skelet wat in 1974 in die Afar-vallei in Ethiopië gevind is
Lucy
Die naam wat gegee is aan die enkel- en voetbene van ‘n australopithecine-fossiel, wat in 1994 in die Sterkfonteingrotte ontdek is
Little Foot
Die gebied ongeveer 40 km noordwes van Johannesburg, waar al meer as 700 aapagtige hominien-fossiele ontdek is
Wieg van die mensdom
Die kalksteengrotte wat ongeveer 40km noordwes van Johannesburg, in die wieg van die mensdom, geleë is
Sterkfonteingrotte
‘n Oorgangsfossiel tussen Australopithecus africanus en die eerste Homo-spesies, wat in 2008 in die wieg van die mensdom ontdek is
Australopithecus sediba
Die naam wat gegee is aan die fossiel van die jong seun, wat deur Matthew Berger (Professor Berger se seun) gevind is
Karabo
Die letterlike betekenis van Homo habilis
Handige man
Die mees volledige Homo erectus-fossiel wat naby die Turkana-meer in Kenia gevind is
Turkana-seun
‘n Groep mense waarvan die eerste fossiel in 1856 in die Neandervallei, naby Düsseldorf, in Duitsland, gevind is
Neanderdallers
Hierdie groep word as die direkte voorvaders van die moderne mens beskou
Homo sapiens
‘n Bekende streek in Oos-Afrika wat ‘n ryk bron van fossiele is
Die Groot Skeurvallei
Die kragtige kake en groot kiestande met dik emalje, het aan hierdie Australopithecus-fossiel hierdie naam besorg
Neutkraker man
Die hipotese waarvolgens Homo sapiens in Afrika ontstaan en vandaar na die res van die wêreld versprei het om ander hominiene
‘Uit-Afrika’ hipotese
Die tipe DNA wat slegs deur ‘n moeder oorgedra word en wat deur wetenskaplikes gebruik word om die grootte van ‘n bevolking se genetiese variasie te bepaal
mitochondriale DNA/mtDNA
Die tipe DNA op die Y-chromosoom wat slegs deur mans gedra word en wat slegs van hul voorvaders oorgeërf kan word
Y-DNA
Die verskynsel waar insekte wat deur DDT vernietig sou word, deur natuurlike seleksie muteer en weerstandig raak teen DDT
DDT-weerstandigheid
Bakterieë wat deur mutasie die vermoë ontwikkel om dosisse antibiotika, wat vroeër dodelik sou wees, te oorleef
Antibiotikum-weerstandige bakterieë