Kwartaal 1 (2) Flashcards

You may prefer our related Brainscape-certified flashcards:
1
Q

Noem twee funksies van die selkern

A
  1. Dit dra die genetiese materiaal (erflike eienskappe) in die chromosome
  2. Dit reguleer die struktuur en metabolisme van die sel
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Waarom dink jy word na Gregor Mendel verwys as die ‘Vader van Genetika’?

A

Hy was die eerste persoon wat oorerwingseksperimente met ertjieplante gedoen het, en vasgestel het dat elke erflike eienskap deur ‘n spesifieke geen beheer word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Tussen 1920 en 1944 het wetenskaplikes se mening oor die samestelling van ‘n geen drasties verskil. Verduidelik hoe hulle verskil het, asook hoe hulle hul siening gestaaf het.

A

1920 - Gene bestaan uit proteïene en nie DNA nie; aangesien proteïene uit 20 verskillende aminosure en DNA slegs uit 4 verskillende nukleotiedbasisse opgebou word.

1944 - Gene bestaan uit DNA en nie uit proteïene nie; aangesien eksperimente met bakterieë getoon het dat die DNA die erflike eienskappe oordra.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Watter wetenskaplike se bevinding sou uiteindelik daartoe kon lei om bewys te lewer waarom die twee ‘bene’ van die DNA-leer ewewydig aan mekaar bly? Verduidelik jou antwoord.

A

Erwin Chargaff.

‘n Groter purienbasis (Adenien of Guanien) bind altyd aan ‘n kleiner pirimidienbasis (Timien of Sitosien) - sodoende bly die afstand tussen die twee bene konstant.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Noem die twee nukleïensure (hul naam en afkorting) wat in ‘n sel aangetref word

A
  1. Deoksiribonukleïensuur - DNA
  2. Ribonukleïensuur - RNA
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Word nukleïensure beskou as organiese- of as anorganiese molekules? Verduidelik jou antw.

A

Organies - dit besit die element koolstof

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat word die monomere (boustene) van nukleïensure genoem?

A

Nukleotiede

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Noem die drie dele waaruit ‘n monomeer van nukleïensure opgebou word

A
  1. suikermolekule
  2. fosfaatgroep
  3. stikstofbasis
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Hoeveel verskillende stikstofbasisse vorm deel van die DNA en RNA struktuur?

A

5

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Noem die suikermolekules aangetref in DNA

A

Deoksiribose

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Noem die suikermolekules aangetref in RNA

A

Ribose

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Noem die verskillende stikstofbasisse aangetref in DNA

A
  • Adenien
  • Guanien
  • Sitosien
  • Timien
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Noem die verskillende stikstofbasisse aangetref in RNA

A
  • Adenien
  • Guanien
  • Sitosien
  • Urasiel
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Noem die verskillende stikstofbasisse wat beskou word as purienbasisse

A
  • Adenien
  • Guanien
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Noem die verskillende stikstofbasisse wat beskou word as pirimidienbasisse

A
  • Sitosien
  • Timien
  • Urasiel
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat is die natuurlike vorm van DNA?

A

Dubbele heliks

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Wat is die natuurlike vorm van RNA?

A

Enkele string wat nie op homself terugvou nie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Watter tipe bindings word aangetref tussen die purien- en pirimidienbasisse van DNA?

A

Waterstofbindings

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Watter eienskap van die bindings tussen die purien- en pirimidienbasisse van DNA verseker dat replisering van DNA, asook transkripsie van mRNA, vinnig en maklik plaasvind?

A

Dit is swak bindings, wat maklik deur ensiemwerking gebreek word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Wat word die proses genoem waartydens die DNA molekuul homself sal kopieer voor seldeling?

A

Replisering

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Tydens watter stadium van die selsiklus vind die proses waartydens die DNA molekuul homself kopieer voor seldeling, plaas?

A

Interfase

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Noem die funksies van DNA in die sel

A
  • Dra erflike eienskappe na dogterselle oor, aangesien DNA kan repliseer
  • Beheer die struktuur en funksie van die sel aangesien DNA die aminosuurvolgorde van proteïene bepaal
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

Ten spyte van die feit dat die stikstofbasisse nie almal ewe groot is nie, bly die twee ‘bene’ van die dubbele heliks ewewydig. Hoe is dit moontlik?

A

Daar bind altyd ‘n groter purienbasis (A of G) aan ‘n kleiner pirimidienbasis (T of C) en dus bly die afstand tussen die ‘bene’ van die heliks dieselfde.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
24
Q

Noem die drie tipes RNA wat aangetref word

A
  • mRNA
  • tRNA
  • rRNA
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
25
Q

Beskryf kortliks die bou van mRNA

A

Dit bestaan uit ‘n enkele string met ‘n onbeperkte aantaal nukleotiede en stikstofbasisse in enige volgorde.

Elke groep van drie stikstofbasisse staan bekend as ‘n kodon.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
26
Q

Beskryf kortliks die bou van tRNA

A

Dit bestaan uit ‘n enkele string, wat soos ‘n haarnaald, teruggevou is.

Op een van die teruggevoude lusse kom drie blootgestelde stikstofbasisse voor wat as ‘n antikodon bekend staan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
27
Q

Waar in die sel word DNA aangetref?

A

Dit word hoofsaaklik in die selkern, maar ook soms in die mitochondria aangetref.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
28
Q

Waar in die sel word mRNA opgebou en aangetref?

A

Dit word in die kernplasma opgebou en beweeg dan uit die selkern na die ribosome.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
29
Q

Waar in die sel word tRNA opgebou en aangetref?

A

Dit word in die kernplasma opgebou en beweeg dan uit die selkern en dryf in die sitoplasma rond.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
30
Q

Wat is die funksies van mRNA?

A

Dit dra die kode vir proteïensintese vanaf die DNA in die selkern, na die ribosome in die sitoplasma.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
31
Q

Wat is die funksies van tRNA?

A

Groepe van 3 opeenvolgende stikstofbasisse vorm antikodons, wat spesifieke aminosure uit die aminosuurpoel oppik en na die ribosoom dra om in ‘n spesifieke volgorde, volgens die kodons van mRNA, te bind tydens proteïensintese.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
32
Q

Tabuleer vier strukturele verskille tussen DNA en RNA

A

DNA

  1. dubbele heliks
  2. deoksiribose
  3. A,G, C
  4. A = T, G = C

RNA

  1. enkele string
  2. ribose
  3. A, G, C en U
  4. A, G, C en U in enige hoeveelheid en orde aanwesig
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
33
Q

Noem die ooreenkomste tussen DNA en RNA

A
  • Beide DNA en RNA is polimere, met nukleotiede as monomere
  • Elke nukleotied is opgebou uit dieselfde drie de
  • **suiker **
  • fosfaatgroep
  • stikstofbasis
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
34
Q

Wat verstaan jy onder die term ‘replisering van DNA’?

A

Die verdubbeling van ‘n DNA-molekule om twee identiese replikas te vorm.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
35
Q

Tydens watter stadium van die selsiklus vind replisering plaas?

A

Interfase

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
36
Q

Beskryf die proses van replisering soos dit by die DNA-molekule plaasvind

A
  • Die dubbele heliks draai af en raak sigbaar in die vorm van ‘n leer.
  • Swak waterstofbindings breek en die twee DNA-stringe rits los.
  • Vrydrywende nukleotiede in die kernplasma bou ‘n komplementêre been op elke oorspronklike DNA-been wat as templaat dien.
  • A bind met T en - G bind met C - met behulp van waterstofbindings.
  • Tussen die suikermolekules en fosfaatgroepe vorm suikerfosfaatbindings en die nukleotiede bind d.m.v. kondensasie reaksies.
  • Ensieme beheer die koppeling van die nukleotiede.
  • Twee identiese replikas van DNA word gevorm.
  • Die dubbelstringstruktuur van DNA maak replisering moontlik.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
37
Q

Waar in die sel vind die proses van DNA replisering plaas?

A

selkern/nukleoplasma

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
38
Q

Waarom moet replisering van DNA plaasvind?

A

Elke keer wanneer ‘n sel verdeel, moet ‘n identiese replika van DNA na elke dogtersel oorgedra word.

Dit moet gebeur sodat elke dogtersel dieselfde stel ‘instruksies’ as die moedersel besit en kan voortgaan om dieselfde funksies as die moedersel uit te voer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
39
Q

Definieer die begrip ‘DNA-vingerafdruk/DNA-profiel’

A

Dit is ‘n beskrywing van ‘n persoon se genotipe vanaf sy/haar unieke DNA-basispaarvolgorde, wat as ‘n stafiekode-patroon aangetoon word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
40
Q

Definieer:

Forensiese getuienis/bewys

A

Wanneer biologiese bewyse, bv. vel, bloed, speeksel, semen of hare op ‘n misdaadtoneel versamel is, en die DNA as bewys in ‘n geregshof gebruik word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
41
Q

Definieer:

Forensiese patoloog

A

‘n Persoon wat DNA-toetse uitvoer op biologiese bewyse wat op misdaadtonele verkry is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
42
Q

Noem vyf gebruike van DNA-vingerafdrukke

A
  1. In forensiese ondersoeke om misdaadverdagtes te identifiseer
  2. Om vaderskap te bewys
  3. Om die moontlikheid en/of redes vir oorerflike afwykings vas te stel
  4. Om vermiste persone op te spoor/te identifiseer
  5. Om die verenigbaarheid van weefseltipes vir orgaanoorplantings vas te stel
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
43
Q

Watter voordeel hou die feit dat DNA chemies stabiel is, vir forensiese ondersoeke in?

A

Die DNA verander nie en kan uit droë bloed, semen of ou beendere onttrek word en steeds suksesvolle getuienis lewer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
44
Q

Is daar enige verskil tussen DNA-vingerafdrukke en vingerafdrukke? Verduidelik jou antw.

A

Ja.

DNA-vingerafdrukke is die stafiekode-patroon wat verkry is nadat DNA voorberei is uit liggaamsvloeistof of -weefsel.

Die stafies stem ooreen met die volgorde van die reeks basispare wat ‘n persoon van sy ouers geërf het.

Vingerafdrukke is patrone in die vel wat deur gene beheer word, en as identiteitsbepalers dien.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
45
Q

Waarom, dink jy, is daar ook ‘n DNA-vingerafdruk van die slagoffer in ‘n moordsaak geneem?

A

Om te bewys dat die hare nie een van die slagoffer s’n was nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
46
Q

Wat word hierdie tipe ondersoek genoem, waarby DNA-vingerafdrukke betrokke is?

A

forensiese ondersoek

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
47
Q

Dink jy speeksel sou ook as monstermateriaal gebruik kon word in ‘n forensiese ondersoek? Gee ‘n rede vir jou antw.

A

Ja. Enige liggaamsvloeistof of -weefsel kan gebruik word.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
48
Q

Is dit nodig dat die weefsel wat gebruik word in forensiese ondersoeke binne 24 uur versamel moet word en dan ‘vars’ gehou moet word? Gee ‘n rede vir jou antw.

A

Nee.

DNA is nie ‘n reaktiewe verbinding nie en kan dus uit droë weefsel/vloeistof onttrek word en suksesvolle getuienis lewer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
49
Q

Wat word die binding genoem waarmee twee aminosure aan mekaar bind?

A

peptiedbinding

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
50
Q

Omskryf die proses ‘translasie’

A
  • Die enkele string mRNA, wat in die selkern opgebou is, heg aan die ribosoom vas.
  • mRNA verskaf die kode vir die volgorde waarin aminosure moet koppel om ‘n spesifieke proteïen te vorm.
  • tRNA-molekules pik aminosure uit die aminosuurpoel in die sitoplasma op. Die antikodon op die tRNA se luspunt bepaal watter aminosuur opgepik word.
  • ‘n Spesifieke tRNA bring ‘n bepaalde aminosuur na die mRNA templaat op die ribosoom.
  • Aminosure koppel in die volgorde soos hul langs mekaar inpas om ‘n polipeptiedketting te vorm.
  • Sodra tRNA die aminosuur in die korrekte volgorde geplaas het en die aminosuur met ‘n peptiedbinding aan die polipeptiedketting gebind het, beweeg die tRNA weg van die ribosoom.
  • tRNA is nou gereed om ‘n ander aminosuur, wat op sy antikodon pas, op te pik.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
51
Q

Identifiseer die verbinding wat gevorm word as drie aminosure verbind

A

tripeptied

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
52
Q

Verduidelik die verwantskap tussen chromatiennetwerk, chromosome en chromatiede

A

Wanneer ‘n sel in Interfase (nie-verdelende fase) is, vertoon die CHROMOSOME in die selkern as ‘n massa drade.

Dit staan bekend as die CHROMATIENNETWERK en bestaan uit proteïene (histone) en DNA.

Tydens Interfase, vind DNA-replisering plaas.

Die chromosoom verdubbel en die twee stringe van die chromosoom staan bekend as die CHROMATIEDE, wat aan mekaar geheg word met ‘n sentromeer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
53
Q

Definieer die term ‘geen’

A

‘n Gedeelte/segment van die DNA-molekule wat ‘n bepaalde erflike eienskap beheer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
54
Q

Wat word bedoel met die stelling: “‘n Chromosoom is ‘n lineêre versameling gene”?

A

Die dubbele heliks DNA wat om histone gedraai is, om chromosome te vorm, bestaan uit verskillende gene wat mekaar opvolg.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
55
Q

Definieer:

Diploïede chromosoomgetal (2n)

A

Die dubbele stel chromosome wat in pare voorkom in elke somatiese sel van ‘n organisme.

56
Q

Definieer:

Haploïede chromosoomgetal (n)

A

Die enkel stel chromosome wat in geslagselle (gamete) aangetref word nadat meiose plaasgevind het.

57
Q

Definieer:

Homoloë chromosoompaar

A

Twee chromosome wat in grootte en vorm ooreenstem en ooreenstemmende gene dra, wat dieselfde eienskap beheer.

Die eienskappe van die moeder en die vader word dus in die nuwe organisme gekombineer.

58
Q

Definieer:

Outosome

A

Die gewone chromosome wat niks met geslagsbepaling te doen het nie.

59
Q

Definieer:

Gonosome

A

Die geslagschromosome wat die geslag van ‘n individu bepaal, bv. by ‘n vrou is die gonosome XX en by ‘n man XY.

60
Q

Definieer:

Kariotipe

A

Die volledige diploïede stel chromosome binne een somatiese sel, wat volgens grootte, vorm en getal in pare gerangskik is.

61
Q

Definieer:

Genoom

A

Die volledige stel gene op die haploïede stel chromosome van ‘n organisme - dus ‘n kopie van al die DNA-kodes vir alle proteïene wat nodig is om ‘n organisme te maak.

Alle somatiese selle het dus ‘n dubbele kopie van die genoom.

62
Q

Watter tipe seldeling is verantw. vir die vorming van eierselle/ovums?

A

meiose

63
Q

Watter tipe seldeling het dogterselle met dieselfde aantal chromosome as die moedersel tot gevolg?

A

mitose

64
Q

Noem drie redes waarom Mitose biologies belangrik is.

A
  1. groei
  2. herstel/vervang van beskadigde/verslete weefsels
  3. ongeslagtelike voortplanting
65
Q

Van watter biologiese belang is hierdie seldelingsproses (Meiose) vir organismes?

A
  • Die chromosoomgetal word gehalveer van (2n) na (n). Dit voorkom die verdubbeling van die chromosoomgetal met elke generasie.
  • Die produsering van gamete deur meiose dien as ‘n meganisme om genetiese variasie in te bring deur oorkruising wat genetiese materiaal uitruil.
  • Dit lei daartoe dat elke gameet van een individu verskillende geenkombinasies dra.
  • Ewekansige rangskikking van chromosome op die ewenaar.
  • Die afsonderlike groepering van chromosome op die ewenaar tydens Metafase I lei tot groter variasie in die gamete.
66
Q

Noem vier ooreenkomste tussen mitose en meiose

A
  1. Albei is seldelingsprosesse
  2. Beide vereis replisering van DNA tydens Interfase, voordat die seldelings begin
  3. Albei prosesse besit die fases: Profase, Metafase, Anafase en Telofase
  4. By albei vorm die chromatiennetwerk chromosome tydens vroeë Profase.
67
Q

Tabuleer die verskille tussen mitose en meiose deur te verwys na: die plek waar die proses plaasvind

A

Mitose

  1. Vind plaas in plante en diere wanneer die sigoot tot ‘n embrio ontwikkel en uiteindelik tot ‘n volwasse organisme groei.
  2. Vind plaas in die meristematiese weefsel val plante, nl. die apikale meristeme (stingel- en wortelgroeipunte) asook in die sydelingse meristeme (kambium en kurkkambium)
  3. Vind plaas in beskadigde weefsels van plante en diere.

Meiose

  1. Vind plaas in die geslagsorgane van diere, nl. die testes en ovariums om gamete te produseer.
  2. Vind plaas in die geslagsorgane van plante om spore te produseer bv. sporangiums in die helmknoppe produseer manlike spore (stuifmeelkorrels) en sporangiums in die saadknoppe produseer vroulike spore.
68
Q

Tabuleer die verskille tussen mitose en meiose deur te verwys na: die doel van die proses

A

Mitose

  1. Vermeerdering van selle met geen verandering in die chromosoomgetal nie. Die dogterselle het dieselfde chromosoomgetal as die oorspronklike moedersel.
  2. Produksie van identiese dogterselle
  3. Vind plaas tydens: – groei - sigoot -> embrio -> volwassene – herstel van beskadigde weefsels – ongeslagtelike voortplanting.

Meiose

  1. Die halvering van die chromosoomgetal van diploïed (2n) na haploïed (n), tydens die produsering van gamete/spore. Dit voorkom dat die diploïede (2n) chromosoomgetal met elke generasie verdubbel.
  2. Lei tot variasie in dogterselle deur oorkruising en ewekansige rangskikking.
69
Q

Tabuleer die verskille tussen mitose en meiose deur te verwys na: die delingsproses

A

Mitose

  1. Slegs een deling vind plaas.
  2. Die chromosoomgetal in elke selkern bly na die deling dieselfde, nl. (2n) of (n).
  3. Deling word voorafgegaan deur ‘n Interfase, waartydens DNA-replisering plaasvind.
  4. Geen paring van homoloë chromosome en bivalentvorming kom voor nie.
  5. Geen oorkruising en uitruiling van genetiese materiaal vind plaas nie.
  6. Die sentromere verdeel tydens Anafase.
  7. Twee dogterselle, elk met dieselfde chromosoomgetal as die moedersel, word gevorm.
  8. Die dogterselle vorm somatiese selle en is identies aan mekaar en aan die oorspronklike moedersel.

Meiose

  1. Twee delings vind plaas, nl. Meiose I en Meiose II
  2. Die chromosoomgetal in elke selkern is van diploïed (2n) na haploïed (n) gehalveer.
  3. Slegs Meiose I word voorafgegaan deur ‘n Interfase, waartydens DNA-replisering plaasvind.
  4. Homoloë chromosome rangskik hulself in pare en vorm bivalente tydens Profase I.
  5. Oorkruising tussen homoloë chromosome en uitruiling van genetiese materiaal vind tydens Profase I plaas.
  6. Die sentromere verdeel nie tydens Anafase I nie, maar verdeel wel tydens Anafase II.
  7. Vier dogterselle, elk met ‘n haploïede (n) chromosoomgetal, word gevorm.
  8. Die dogterselle vorm gamete/spore en is nie identies aan mekaar of aan die oorspronklike moedersel nie.
70
Q

Waarom is dit nodig om meiose in die lewensiklus van ‘n mens te hê?

A

Dit voorkom dat die chromosoomgetal verdubbel as gamete tydens bevrugting versmelt om ‘n sigoot te vorm.

OF Om die chromosoomgetal van gamete te halveer sodat dit na bevrugting weer die diploïede getal is.

71
Q

Hoeveel chromosome is in elke menslike spermsel aanwesig?

A

23

72
Q

Hoeveel chromosome is in die menslike sigoot aanwesig?

A

46

73
Q

Hoeveel chromosome is in elke menslike somatiese sel aanwesig?

A

46

74
Q

Wat word bedoel met ‘maternale ouderdomseffek’?

A

Hoe ouer die vrou raak, hoe groter is die kans dat die chromosome nie meer korrek verdeel nie en dat sy kan geboorte skenk aan ‘n baba met Down-sindroom.

75
Q

Gee een woord vir: ‘die opsetlike beëindiging van ‘n swangerskap’

A

Aborsie

76
Q

Dink jy dat ‘n amniosentese gevaarlik kan wees vir die fetus? Verduidelik jou antw.

A

Ja

  • indien die medikus nie goed opgelei is of nie baie akkuraat werk nie, kan hy/sy die fetus of plasenta beskadig.

Nee

  • goedopgeleide medici werk baie akkuraat en tref alle moontlike voorsorgmaatreëls en behoort nie die fetus enige skade te berokken nie.
77
Q

Definieer:

Aneuploïdie

A

Die toestand waar daar ekstra chromosome in die chromosoomstel van ‘n sel voorkom of waar daar chromosome ontbreek.

Die diploïede chromosoomgetal is nie ‘n veelvoud van die haploïede stel van die bepaalde spesie nie.

78
Q

Definieer:

Trisomie

A

Die verskynsel waar ‘n chromosoompaar uit 3 i.p.v. 2 chromosome bestaan.

79
Q

Tydens watter fase van meiose ontstaan hierdie verskynsel van trisomie?

A

Anafase I

80
Q

By watter chromosoompaar het die meiotiese deling nie suksesvol verloop nie?

A

Chromosoompaar nr. 21

81
Q

Wat word bedoel met ‘die nodige berading en voorbereiding’ tov die opvoeding en versorging van ‘n gestremde kind?

A

Die voornemende ouers moet emosioneel baie goed voorbereid en ingelig wees vir die groot verantwoordelikheid van ‘n gestremde kind t.o.v. opvoeding (geestelik, sosiaal en fisies); versorging tot volwasse ouderdom; en die finansiële impak wat so ‘n kind se versorging, opvoeding (miskien ‘n inrigting) en mediese versorging op ‘n gesin kan hê.

82
Q

Waarom is daar 47 chromosome teenwoordig in elke somatiese sel van ‘n persoon met Down-sindroom?

A

Die nr. 21-paar chromosome skei nie tydens Anafase I nie, en albei beweeg na een pool.

Daardie spesifieke ovum het dus 24 chromosome en wanneer dit met ‘n sperm (23 chromosome) versmelt, vorm dit ‘n sigoot met 47 chromosome i.p.v. die normale 46.

Die sigoot ontwikkel, deur mitose, in ‘n nuwe individu met 47 chromosome in elke somatiese sel.

83
Q

Definieer:

Poliploïdie

A

Dit is ‘n toestand, waar daar meer as twee stelle chromosome in ‘n sel voorkom.

Dit kom meer algemeen by plante voor.

Dit gebeur a.g.v. abnormale meiose, waar ‘n volle stel chromosome nie tydens Anafase I skei nie.

84
Q

Onderskei tussen ‘nie-disjunksie’ en ‘totale nie-disjunksie’

A

Nie-disjunksie - verskynsel waar chromosoompare nie tydens meiose skei nie

Totale nie-disjunksie - verskynsel waar ‘n volle stel chromosome nie tydens meiose skei nie

85
Q

Verduidelik hoe die volgende ontstaan: ‘n triploïede sigoot

A

‘n Diploïede gameet (2n) versmelt met ‘n haploïede gameet (n) en het ‘n triploïede (3n) sigoot, met drie stelle chromosome, tot gevolg.

86
Q

Verduidelik hoe die volgende ontstaan: ‘n tetraploïede sigoot

A

‘n Diploïede gameet (2n) versmelt met ‘n diploïede gameet (2n) en het ‘n tetraploïede (4n) sigoot, met vier stelle chromosome, tot gevolg.

87
Q

Hoeveel stelle chromosome kom voor in ‘n heksaploïede sigoot?

A

ses

88
Q

Watter voordele hou poliploïdie vir die landbou in?

A

Poliploïede plantspesies is dikwels groter en het beter eienskappe as normale diploïede plante en kan deur biotegnologie gekweek word om landbou-oeste te verbeter.

89
Q

Noem ses eienskappe van poliploïede plante wat landbou-oeste sal bevoordeel

A
  1. groter blomme
  2. groter vrugte
  3. groter bergingsorgane
  4. groter sade
  5. vrugte sonder sade
  6. groter weerstand teen siektes
90
Q

Definieer:

Biotegnologie

A

Dit is die gebruik van biologiese prosesse, lewende organismes of sisteme om produkte te vervaardig wat daarop gemik is om die mens se lewenskwaliteit te verbeter.

91
Q

Definieer:

Genetika

A

Erflikheidsleer / Die studie van oorerwing

92
Q

Definieer die begrip ‘geen’

A

‘n Gedeelte / segment van ‘n chromosoom wat die kode bevat vir die sintese van ‘n spesifieke proteïen wat ‘n sekere eienskap bepaal.

93
Q

Definieer:

Allele

A

Die verskillende vorme van een geen.

94
Q

Definieer die begrip ‘lokus’

A

Die plek/posisie op ‘n homoloë chromosoompaar waar ‘n spesifieke geenpaar (2 allele) voorkom.

95
Q

Definieer die begrip ‘dominansie’

A

Wanneer een alleel die effek van die ander alleel oorheers, sodat slegs die dominante alleel se eienskap in die fenotipe vertoon word.

96
Q

Definieer die begrip ‘resessief’

A

Die eienskap/alleel wat deur die dominante alleel oorheers word, sodat dit glad nie in die fenotipe van ‘n heterosigotiese individu sigbaar sal wees nie.

97
Q

Definieer:

Genotipe

A

Die samestelling van die geenpaar (2 allele) vir ‘n bepaalde eienskap.

98
Q

Definieer:

Fenotipe

A

Die waarneembare eienskappe (fisiese voorkoms) van ‘n organisme, wat die gevolg is van sy genotipe en omgewing.

99
Q

Definieer:

Homosigoties

A

Die verskynsel wanneer die allele op die homoloë chromosoompaar dieselfde is.

100
Q

Definieer:

Heterosigoties

A

Die verskynsel wanneer die allele op die homoloë chromosoompaar verskillend is.

101
Q

Definieer:

Meervoudige allele

A

Die verskynsel waar ‘n geen meer as twee allele besit, bv. by die ABO-bloedgroepstelsel.

102
Q

Definieer:

Poligeniese eienskap

A

‘n Oorerflike eienskap wat deur meer as een geen beheer word, bv. oogkleur by die mens.

103
Q

Definieer:

Monohibriede kruising

A

‘n Genetiese kruising waar slegs een paar kontrasterende eienskappe ondersoek word.

104
Q

Definieer:

Dihibriede kruising

A

‘n Genetiese kruising waar twee paar kontrasterende eienskappe, wat op verskillende chromosoompare geleë is, ondersoek word.

105
Q

Definieer:

Volledige dominansie

A

Wanneer die dominante geen, in ‘n heterosigotiese individu, die resessiewe geen heeltemal oorheers.

106
Q

Definieer:

Onvolledige dominansie

A

Wanneer die fenotipe van ‘n heterosigotiese nakomeling ‘n mengsel is van die twee homosigotiese ouers se eienskappe, bv. grys pels vanaf ouers met onderskeidelik swart en wit pels.

107
Q

Definieer:

Ko-dominansie

A

Wanneer ‘n heterosigotiese nakomeling van homosigotiese ouers, se fenotipe albei eienskappe van die ouers vertoon, bv. bloedgroep AB vanaf ouers met onderskeidelik bloedgroepe A en B.

108
Q

Definieer:

Outosome

A

Die chromosome in somatiese selle wat niks met geslagsbepaling te doen het nie.

109
Q

Definieer:

Gonosome

A

Geslagschromosome wat geslag bepaal.

110
Q

Definieer:

Geslagsgekoppelde gene

A

Gene wat op die gonosome aangetref word.

111
Q

Definieer:

Geenmutasie

A

‘n Verandering in die genetiese samestelling van ‘n organisme a.g.v. ‘n verandering in die nukleotiedvolgorde in die DNA-molekule.

112
Q

Definieer:

Genetiese manipulasie

A

‘n Direkte manipulering van ‘n organisme se genetiese materiaal, deur die mens.

113
Q

Wat word bedoel met ‘n resessiewe geen?

A

‘n Geen wat oorheers word deur die dominante geen en nie fenotipies vertoon word indien die dominante geen aanwesig is nie.

114
Q

Wat word bedoel met ‘monohibriede kruising’?

A

Slegs EEN konstrasterende eienskap word in hierdie kruising ondersoek.

115
Q

Wat word bedoel met ‘n ‘homosigotiese rooi-oog vrugtevlieg’?

A

Die vrugtevlieg besit albei die rooi-oog gene op die homoloë chromosoompaar.

116
Q

Wat word bedoel met ‘die rooi-oog eienskap is dominant’?

A

Die rooi-oog geen is dominant oor die wit-oog geen en dus sal ‘n heterosigoot se fenotipe altyd die rooi-oog eienskap vertoon.

117
Q

Wat word bedoel met ‘genotipiese resultate’?

A

Die resultate wat die geensamestelling van die individue aantoon.

118
Q

Wat word bedoel met ‘P1-generasie’?

A

Die organismes wat as die oorspronklike ouers (‘parents’) vir ‘n kruising gebruik word, word die P1-generasie (die eerste paterne-generasie) genoem.

119
Q

Wat word bedoel met ‘F1-generasie’?

A

Die eerste nakomelinge (filiale) van die P1-generasie word die F1-generasie (die eerste filiaal-generasie) genoem.

120
Q

Wat word bedoel met ‘F2-generasie’?

A

Die tweede generasie nakomelinge (filiale) van die P1-generasie word die F2-generasie (die tweede filiaal-generasie) genoem.

121
Q

Hoe is dit moontlik dat twee verskillende genotipes (RR en Rr) dieselfde fenotipe kan hê?

A

Die rooi-oog geen is dominant en dus sal ‘n heterosigoot wat albei allele besit, fenotipies slegs die dominante (rooi-oog) eienskap vertoon.

Die homosigoot besit slegs een soort geen (rooi-oog) en sal dus hierdie eienskap vertoon.

122
Q

Waarom verskil die gamete van die rooi-oog individue van die P1-generasie en F1-generasies van mekaar?

A

In die P1-generasie is die ouers homosigoties en is albei gene en dus die gamete, eenders, terwyl die ouers in die F1-generasie heterosigoties is en die gene en dus die gamete verskillend is.

123
Q

Verduidelik die verskil tussen onvolledige dominansie en ko-dominansie

A

By onvolledige dominansie is geeneen van die eienskappe dominant nie, en hul vermeng om ‘n nuwe fenotipe, wat ‘n tussenvorm is, te vertoon, bv. wit en rooi = pienk.

By ko-dominansie is albei eienskappe dominant en word albei dus fenotipies in die individu vertoon, bv. swart en wit = wit met swart kolle, of rooibruin en wit = rooiskimmel.

124
Q

Hoeveel chromosome word aangetref in die menslike kariotipe?

A

46

125
Q

Hoe sal die chromosoomsamestelling van die mens daar uitsien in ‘n somatiese sel van ‘n vroulike individu?

A

44 + XX

126
Q

Hoe sal die chromosoomsamestelling van die mens daar uitsien in ‘n somatiese sel van ‘n manlike individu?

A

44 + XY

127
Q

Hoe sal die chromosoomsamestelling van die mens daar uitsien in ‘n gameet van ‘n vroulike individu?

A

22 + X

128
Q

Hoe sal die chromosoomsamestelling van die mens daar uitsien in ‘n gameet van ‘n manlike individu?

A

22 + X of 22 + Y

129
Q

Definieer:

Outosome

A

Outosome is die chromosome wat nie geslagsbepalend is nie.

130
Q

Definieer:

Gonosome

A

Gonosome is die geslagsbepalende chromosome en word ook geslagschromosome genoem.

131
Q

Wat is die verskil tussen die menslike kariotipe in ‘n somatiese sel en ‘n geslagsel?

A

Die somatiese sel bevat die volledige, diploïede stel chromosome terwyl die gamete, na meiose, slegs die helfte van die getal chromosome nl. die haploïede stel, besit.

132
Q

Waarom is die verskil tussen die menslike kariotipe in ‘n somatiese sel en ‘n geslagsel lewensbelangrik?

A

Sodat daar na versmelting van twee gamete tydens bevrugting, ‘n diploïede stel chromosome sal wees en dat dit nie na elke bevrugting nog ‘n keer verdubbel nie - dit hou dus die chromosoomgetal van ‘n organisme konstant.

133
Q

Noem vier maniere hoe geenmutasies kan ontstaan

A
  1. vervanging
  2. weglating
  3. invoeging
  4. inversie
134
Q

Wat word bedoel met ‘geslagsgekoppelde gene’?

A

Die gene wat op die gonosome gedra word.

135
Q

Wat word bedoel met ‘geslagsgekoppelde genetiese afwyking’?

A

‘n Geenmutasie het op die geslagschromosoom/gonosoom plaasgevind

136
Q

Definieer die tipe seldeling: Meiose

A

Meiose is ‘n reduksiedeling waar die chromosoomgetal in elke sel gehalveer word van diploïed (2n) na haploïed (n).