Pakkie 2 Bl.1 Flashcards
Definieer statiese elektrisiteit
Negatiewe ladings, dus elektrone, wat beweeg as gevolg van wrywing wat plaasgevind het.
Waar of onwaar, en maak ‘n regstelling as onwaar.
Statiese elektrisiteit beweeg van een voorwerp na ‘n ander met ‘n defnitiewe pad. Dit spring letterlik van een voorwerp na ‘n ander.
Onwaar, Dit beweeg van een voorwerp na ‘n ander sonder dat daar ‘n defnitiewe pad is.
Wat word waargeneem as’n vonkie of elektriese skok?
Die ladings wat op die oppervlakte van een voorwerp bly en spring na ‘n ander voorwerp sodra die voorwerp aan iets anders raak.
Voltooi:
Die kern is positief gelaai en bestaan uit protone en_________________.
Dit is baie __________ vas in die kern en kan nie van die atoom _____________ of _______________ word nie.
Neutrone.
Styf, verwyder of bygevoeg word nie.
Die elektrone beweeg ___________ die ________, en is ____________ aan die atoom ______________.
Rondom die kern, is losweg, gebind
Wat beteken dit as ‘n atoom neutraal is?
Dit het ewe veel positiewe en negatiewe ladings.
Wat veroorsaak twee materiale wat teen mekaar gevryf word?
Wrywing
Wat word deur wrywing veroorsaak?
Dit maak dat elektrone van atome op die oppervlak van een materiaal na ‘n ander beweeg.
Is die materiale wat elektrone ontvang en afgee positief, negatief of neutraal gelaai?
Materiaal wat elektrone ontvang ->negatief gelaai (meer elektrone as protone)
Materiaal wat elektrone afgee -> positief gelaai (meer protone as elektrone)
Hoe word ‘n plastiekliniaal negatief gelaai?
Deur dit te vryf (met ‘n wollap)
(Elektrone word van die wollap na die liniaal oorgedra)