Bl.7 Flashcards

1
Q

Gee die simbool en beskrywing van die volgende komponente:
Geleidingsdrade en verbindingstroke:

A

I’M AV
▪︎ Geleidingsdrade wat die elektriese ladings deur die stroombaan (v)ervoer, word van (m)etaal gemaak en is gewoonlik met plastiek ge(ï)soleer.
▪︎ Dit gelei elektrisiteit oor kort en lang (a)fstande.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Skakelaar:

A

BB TO
● ‘n Skakelaar word in ‘n stroombaan gevoeg om ‘n (b)reuk in die stroombaan te maak sodat die stroom nie vloei nie.
● Word gebruik om die stroombaan te (b)eheer deur die skakelaar aan (toe) en af (oop) te skakel.
● As die skakelaar (o)op / af is, is die stroombaan gebreek en geen stroom vloei nie.
● As die skakelaar (t)oe / aan is, is die stroombaan geslote en die stroom sal vloei

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Sel en battery:

A

WS CRL KALKSS
▪︎ ‘n Sel is die kleinste, volledige werkende deel van ‘n battery.
▪︎ Wanneer twee of meer selle saamgevoeg word, word dit ‘n battery genoem.
▪︎ Alle selle is chemiese stelsels wat beteken hulle bevat chemiese stowwe wat chemiese potensiële energie stoor. (Gebergde energie)
▪︎ Wanneer die stroombaan voltooi (gesluit) is, reageer die chemiese stowwe in die sel of battery met mekaarom energie vry te stel in die vorm van elektriese energie, wat ‘n elektriese stroom voortbring.
▪︎ ‘n Elektriese stroom is die beweging van ladings deur geleidingsdrade. Die lading het elektriese energie.
▪︎ Flitsligselle kan kadiumselle, alkaliese selle of koolstof -sinkselle wees.’n Motorbattery bevat lood en suur.
▪︎’n Motor battery kan uit drie tot ses selle bestaan.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Resistor:

A

‘n Resistor (weerstand) is ‘n komponent wat weerstand teen dir vloei van ‘n elektriese stroom.

WAG BV GOE
#Alle geleiers selfs geleidingsdrade, bied weerstand teen ‘n elektriese stroom (teen die vloei van ladings)
#’n Resistor kan in die stroombaan gebruik word om stroom te beheer.
#Wanneer ‘n resistor in ‘n stroombaan geplaas word, verminder dit die elektriese stroom in die stroombaan.
#Hoe groter die weerstand van die resistor, hoe kleiner is die stroom wat kan vloei.
#Van die elektriese energie in ‘n elektriese stroombaan word na die resistor oorgedra wanneer die stroom daar deur vloei.
#Die elektriese energie wat oorgedra word, word in nuttige en bruikbare warmte- energie (hitte) omskep in toestelle soos verwarmers, stowe en elektriese ketels.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Gloeilampie:

A

‘n Gloeilamp soos ‘n flits-gloeilamp is ‘n resistor (weerstand)

Die gloeidraad van die gloeilamp bied weerstand teen die vloei van ‘n elektriese stroom.
# Die elektriese energie wat in die gloeidraad van die gloeilamp oorgedra word, word omgeskakel na warmte (hitte) energie en ligenergie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly