Bl. 64 - 66 Flashcards
Waar of vals:
Die sewe kleure van wit lig het almal dieselfde frekwensie.
Vals
Voltooi:
Wanneer wit lig op ‘n voorwerp val, word __ die ________ geabsorbeer, behalwe die kleur wat die _____________ is.
al die kleur; wat die voorwerp is
Waarom lyk ‘n appel rooi?
Rooi lig word deur die appel weerkaats en die ander kleure word geabsorbeer.
‘n Wit voorwerp ________ al die kleure.
weerkaats
‘n Swart voorwerp _____________ al die kleure
absorbeer
Waarom lyk ‘n wit hemp wit?
Die hemp absorbeer nie enige van die kleure in die spektrum nie en die hele spektrum van wit lig word na jou oë weerkaats.
Waarom lyk ‘n pot swart?
Die pot absorbeer al die kleure van die spektrum en geen lig word na jou oë weerkaats nie.
Waarom lyk ‘n tamatie rooi?
Die tamatie absorbeer ses van die sewe kleure (frekwensies) en weerkaats slegs die rooi lig, hierdie lig bereik dan jou oë en jy sien slegs rooi.
Wat is lig wat weerkaats?
Dit is lig wat terugbons vanaf ‘n voorwerp.
Wanneer sien ons ‘n voorwerp?
As lig na ons oë terugbons
Waarvan hang die hoeveelheid lig wat ‘n voorwerp weerkaats af?
Die voorwerp se oppervlak
Gladde en blink oppervlaktes weerkaats lig teen dieselfde _______ as wat die lig die oppervlak ________ het.
hoek; getref
Gee die term vir die volgende:
Die ligstraal wat die oppervlak tref.
invalstraal
Die ligstraal wat wegbeweeg vanaf die oppervlak
Weerkaatsende straal
Die denkbeeldige lyn wat loodreg met die oppervlakte geteken word
Die normaal