Bl.15-18 Flashcards
Noem 3 effekte wat ‘n elektriese stroom kan hê
Dit kan:
1. warmte in ‘n resistor omskakel
2. ‘n magnetiese veld opwek
3. ‘n chemiese reaksie in ‘n oplossing veroorsaak.
Waar of vals:
Soos elektrone deur ‘n resistor beweeg kom hulle weerstand teë en word sommige van hulle energie na die resistor oorgedra.
Waar
(Praktiese akt.)
Vergelyk hitte en temperatuur.
Temperatuur is ‘n maatstaaf van hoe warm of koud iets is (gemeet in grade Celsius). Terwyl hitte die oordrag van termiese energie van ‘n warmer na ‘n kouer voorwerp is.
(Praktiese akt.)
Hoe werk smeltdraad?
As die stroom te hoog is, smelt die smeltdraad om enige verdere elektriese stroom in die stroombaan te verhoed.
Waarom bevat stroombane dikwels ‘n smeltdraad?
Die verhittingseffek van ‘n stroombaan kan gevaarlik wees en om oorverhitting te vermy, word smeltdrade dikwels in stroombane ingesluit.
Voltooi:
Smeltdrade word van ——- weerstand draad gemaak wat ‘n lae —————– het. Dus sal die stuk draad smelt as dit warm word.
Lae weerstand; lae smeltpunt.