Bl.8-10 Flashcards
Aktiwiteit 2
As wat dien elektriese selle vir ‘n stroombaan?
‘n Bron van energie
Wat stoor die chemikalieë binne-in ‘n sel?
Potensiële energie
Wat gebeur wanneer die chemikalieë met mekaar reageer wanneer die sel in ‘n voltooide stroombaan is?
Die elektrone word die potensiële energie gegee wat hulle nodig het om deur die stroombaan te begin beweeg.
Watter energie het die elektrone wanneer hulle beweeg?
Potensiële en kinetiese energie.
Wat is die elektriese stroom?
Die beweging van elektrone deur die geleidingsdrade.
Voltooi:
Verskillende ______ verskaf verskillende hoeveelhede ___________ aan die elektriese stroombaan.
Selle, energie
Noem die verskillende groottes selle wat mens in klein toestelle soos flitse gebruik.
AAA, AA, C , D en 9-volt groottes
AAA, AA , C en D selle het gewoonlik ‘n aanduiding van hoeveel volt?
1,5 V
Groter selle het ‘n groter kapasiteit wat beteken dat?
Groter selle langer sal hou voordat hulle pap raak.
Wanneer raak ‘n sel pap?
Wanneer dit nie meer daartoe in staat is om energie deur sy chemiese reaksies te verskaf nie.