Bl. 59 - 63 Flashcards
Hoe beweeg lig voort?
D.m.v. glowe
Definieer die volgende:
Kruin
boonste deel van ‘n golf
trog
onderste deel van ‘n golf
golflengte
Die afstand tussen twee kruine.
Frekwensie
Aantal golwe (kruine) wat in een sekonde by ‘n spesifieke punt verby beweeg.
Wit lig
Lig vanaf die son
Wat is die spektrum van wit lig?
Die mengsel van kleure waaruit wit lig bestaan.
Definieer dispresie
Die (opbreek) verstrooiing van lig in die sewe kleure van die spektrum.
Waar is die sewe kleure van die wit lig sigbaar?
in die reënboog
Wat is ‘n driehoekige prisma wat gebruik word in dispersie?
‘n Stuk glas of perspeks wat digter is as lug.
Verklaar waarom dispersie plaasvind wanneer lig deur glas of perspeks beweeg
+ Die lig word vertraag wanneer dit van ‘n medium soos lug na ‘n digter medium soos glas of perspeks beweeg.
+ Die kleure in wit lig teenwoordig, word op so ‘n manier versprei, dat as dit deur die prisma beweeg, dit gebreek word.
Watter kleur lig het die langste golflengte, laagste frekwensie, minste energie en ondergaan die minste breking?
Rooi
Watter kleur lig het die kortste golflengte, hoogste frekwensie, meeste energie en ondergaan die minste breking?
Violet
Waarom breek verskillende kleure lig teen verskillende hoeke?
Omdat elke kleur van die spektrum ‘n ander golflengte, frekwensie en energie besit.
Noem die sewe kleure van die spektrum in volgorde.
Rooi, Oranje, Geel, Groen, Blou, Indigo en Violet.
Hoe vorm ‘n reënboog?
= Klein waterdruppels in die lig tree op as klein primas.
= Sonlig wat reëndrupels binne gaan, verander van rigting binne-in die druppel.
= Dan word die lig weerkaats deur die druppel in ‘n nuwe rigting.
= As die lig die druppel verlaat, word dit versprei in verskillende kleure van die reënboog.
= Rooi vorm die boonste boog en violet die onderste boog.
Noem die drie verskillende maniere waarop vorwerpe reageer wanneer lig hulle tref en beskryf elkeen se reaksies kortliks.
Deursigtige voorwerpe
*Laat lig deurbeweeg
* Absorbeer geen lig wat daarop val nie.
* Maak nie skaduwees nie.
* Voorwerpe is duidelik sigbaar
Ondersigtige voorwerpe
*Absorbeer al die lig wat daarop val.
*Laat geen lig daardeur nie.
*Die kleur van die ondersigtige voorwerp is die enigste kleur wat dit weerkaats.
*Maak skaduwees
Deurskynende voorwerpe
*Laat lig slegs gedeeltelik deur
*Die lig wat deurgelaat word, verstrooi in alle rigtings.
*Sigbaarheid is slegs gedeeltelik. Geen detail kan waargeneem word nie.
(AKTIWITEIT)
Gee ‘n paar vb’e van deursigtige voorwerpe:
Glas,perspex, lug, plastiek, sellofaan en skoon water
Noem ‘n paar vb’e van ondeursigtige voorwerpe:
Soliede voorwerpe soos bakstene, klei, muurverf, ens.
Noem ‘n paar vb’e van deurskynende voorwerpe
X-strale, getinte glas, waspapier
Wat is skaduwees?
‘n donker area op die grond of skerm van lig wat deur ‘n ondeursigtige voorwerp geblok word.
Hoekom vorm skaduwees?
omdat lig in reguit lyne beweeg en omdat ondeursigtige voorwerpe nie lig deurlaat nie
Wat gebeur as ‘n voorwerp nader aan die ligbron geskuif word?
Blok meer lig, groter skaduwee
Wat gebeur as ‘n voorwerp verder vanaf ‘n ligbron geskuif word?
blok minder lig, kleiner skaduwee