Bl. 45 - 47 Flashcards
Wat is weerstand in geleiers?
Die teenstand wat ‘n geleier bied teen die vloei van ‘n elektriese stroom.
Wat kan alle metale doen?
Elektrisiteit gelei, maar ook weerstand daarteen bied.
Hoekom word elektriese kabels van koper gemaak?
Omdat dit ‘n goeie geleier met ‘n lae weerstand is.
Wat is die naam van die hoë weerstand materiaal waarvan verhittingselemente gemaak is en waaruit bestaan dit?
Nichroomdraad, dit bestaan uit nikkel en chroom
Noem 4 toestelle wat nichroomdraad verhittingselemente het.
Broodrosters, haardroërs, stowe en verwarmers
Waaruit bestaan Eureka draad?
Nikkel en koper
Noem iets waarvoor Eureka draad gebruik kan word.
As dit warm is kan dit gebruik word om polistireen te sny.
Noem 3 dinge wat ‘n draad se weerstand beïnvloed.
Lengte, dikte en tipe materiaal
(AKTIWITEIT 1)