Bl. 54 - 58 Flashcards
Noem 5 voorwerpe wat hul eie lig uitstraal.
Son, sterre, gloeilampe, kerse en vure
Hoekom kan ons liggewende voorwerpe se lig sien?
Omdat dit lig uitstraal wat direk na ons oë toe gaan.
Wat is die grootste ligbron?
Die Son
Wat is nie-liggewende voorwerpe?
Vorwerpe wat nie hul eie lig kan produseer nie. Dit weerkaats slegs lig vanaf die liggewende voorwerp, wat daarop val.
Noem vb’e van nie-liggewende voorwerpe
Die Maan en enige ander voorwerp of lewende organisme.
Waar of vals:
Jy kan lig nie om ‘n hoek sien nie.
Waar
Gee 2 bewyses dat lig in reguit lyne beweeg.
Skaduwees vorm as lig van een kant af skyn
Kan nie deur ‘n krom pyp beweeg nie.
Skaduwees vorm as lig van een kant af skyn.
Definieer die spoed van wit lig (hoe vinnig is dit)?
Beweeg deur ‘n leë ruimte teen 300 000 km/sekonde
Hoe lank neem wit lig om die aarde vanaf die son te bereik?
Ongeveer 8 min
Beweeg lig vinniger as klank? Hoe weet ons dit?
Ja, dit beweeg ongeveer ‘n miljoen keer vinniger as klank. (Ons weet dit want mens sien blits voordat jy donderweer hoor.)
(PRAKTIESE AKTIWITEIT)
Hoe lyk die beeld wat deur ‘n gaatjiekamera gevorm word?
Dit is omgekeerd omdat lig in reguit lyne beweeg en is kleiner as die voorwerp.
Voltooi
Indien die voorwerp in die beeld van die gaatjiekamera wegbeweeg word die beeld ___________.
Kleiner
Wat gebeur met die beeld as die gaatjie groter gemaak word?
dit word helderder omdat meer lig uitgestraal word
‘n ___________________ toon aan dat strale in ‘n reguit lyn beweeg.
Straaldiagram
Watter beeld word by ‘n spieël gevorm en wat word deur ‘n gaatjiekamera uitgebeeld?
spieël = skynbeeld
gaatjiekamera = werklike beeld