Bl.29-35 Flashcards
Wat is ‘n seriestroombaan?
‘n Stroombaan waar daar slegs een pad vir die elektriese stroom is om te volg.
Hoe word komponente in serie geskakel?
Die komponente word die een na die ander in ‘n enkel roete geskakel
Wat is ‘n ammeter?
‘n Meetinstrument wat gebruik word om elektriesestroom in ‘n stroombaan te meet.
Hoe/waarin word die stroom gemeet?
die stroom word in ampere (A) gemeet.
Na wie is die ampere vernoem?
André-Marie Ampère
Wanneer het hy geleef?
1775-1836
Wie was hy en as wat word hy ‘n beskou.
‘n Franse wiskundige en fisikus. Hy word as die vader van elektrodinamika beskou.
Definieer elektrodinamika
‘n Studie van die effek van elektromagnetiese kragte tussen elektriese ladings en elektriese stroom.
Praktiese ondersoek 1-3 (2)