Bl. 19 & 20 Flashcards
Hoekom benodig ons verskillende tipes smeltdrade?
Omdat verskillende stroombane verskillende sterkte strome het.
Hoekom is smeltdrade gemaak om te smelt wanneer die stroombaan oorverhit?
Sodat die brandgevaar verminder word en elektroniese apparaat beskerm word.
Hoekom is dit belangrik om nooit ‘n smeltdraad uit ‘n stroombaan te verwyder sonder om eers die stroom af te skakel nie?
Jy kan ‘n groot elektriese skok kry as jy dit doen.
Wat is ‘n kortsluiting/ Wanner vind dit plaas?
‘n Kortsluiting gebeur wanneer ‘n ander makliker (minder weerstand) pad per ongeluk in ‘n elektriese stroombaan geskep word.
Wat is ‘n alternatiewe toestel vir smeltdraad?
Stroombrekers wat die stroombaan breek en weer heringestel kan word sodra die probleem met die stroombaan herstel is.
Waar of vals:
Meeste moderne huise gebruik smeltdrade.
Vals, meeste moderne huise gebruik stroombrekers.
Dien ‘n stroombreker dieselfde doel as smeltdraad? (Stop stroomvloei om so die stroombaan teen skade a.g.v. oorlading of ‘n kortsluiting te beskerm.)
Ja.
Waar of vals:
Die herinstelling van stroombrekers kan met die hand, sowel as outomaties, gedoen word.
Waar
Waar word stroombrekers gewoonlik gevind?
By elektriese skakelborde.
Wat is ‘n magneet?
‘n Stuk materiaal wat ‘n magneetveld besit.
Watter 2 pole het ‘n magneet?
‘n Noord-pool en ‘n Suid-pool.