Kortvrae uit vraestelle: FISIKA Flashcards
Die produk van krag en snelheid
Drywing / arbeidstempo
Die tipe botsing waarin kinetiese energie behoue bly
elastiese
Die gekleurde bande wat vorm as witlig deur ‘n driehoekige prisma beweeg
Aaneenlopende/lig spektrum
of aaneenlopende emissiespektrum
‘n Toestel wat gebruik word om lading in ‘n elektriese stroombaan te stoor
Kapasitor
‘n Verskynsel wat in ‘n LASER plaasvind as daar meer elektrone in ‘n hoe-energietoestand as ‘n laer energietoestand is
besettingsomkering
Die meetingseenheid gelyk aan kg.m2.s-2
joule
Die tempo van verandering van momentum
netto krag
Voorwerpe wat sommige lig absorbeer terwyl dit ander weerkaats
ondeurskynend
Elektriese potensiele energie per eenheidslading
elektriese potensiaal
‘n Bron van monochromatiese lig
laser
Definieer diffraksie
Die verspreiding (of buiging) van ‘n golf as dit deur ‘n nou spleet/om ‘n skerp hoek beweeg
Definieer die elektriese veld by ‘n punt in die ruimte
Elektriese krag ondervind per positiewe lading geplaas by die punt