Gr. 12 Toets 6 Flashcards
Skryf slegs die woord/term vir die volgende beskrywing langs die vraagnommer neer: Hierdie swart vastestof wat in die horisontale lae in die aardkors gevorm word, is ‘n fossielbrandstof.
steenkool
Skryf slegs die woord/term vir die volgende beskrywing langs die vraagnommer neer: Die naam wat gegee word aan die mengsel van gasse wat ontstaan tydens die verbranding van steenkool na ‘n gasfase.
sintesegas (singas)
Skryf slegs die woord/term vir die volgende beskrywing langs die vraagnommer neer: Hierdie algemene naam word gegee aan ‘n oplossing wat elektrolise ondergaan tydens die chloor-alkaliproses.
soutoplossing (pekel)
Tydens watter algemene proses word plastiek gevorm?
Polimerisasie
Noem ‘n paar eienskappe van plastiek wat dit so ‘n bruikbare materiaal maak.
- lig
- goedkoop
- korrosiebestand
- sterk
- elasties
- duursaam
- elektriese en termiese isolators
- higiënies
Waarom word daar gesê ‘Plastiek veroorsaak besoedelingsprobleme’?
Plastiekrommel word gesien op strate, paaie en op strande. Dit beïnvloed toerisme nadelig, want dit laat ons land vuil en onversorg lyk.
Hoekom is die verbranding van plastiek nie ‘n goeie opsie om daarvan ontslae te raak nie?
Wanneer verbrand, word besoedelings- en gifgasse in die atmosfeer vrygelaat.
Noem ‘n paar redes waarom plastiek nie regtig ons omgewing kan besoedel nie, al dink mense dit kan.
- is onreaktief
- ontbind baie stadig
- stel nie gifstowwe vry nie
- kan dus nie besoedeling veroorsaak nie
Wat kan gedoen word om besoedeling deur rommelstrooiery te verhoed/beperk?
- Meer vullisblikke
- Plakkate om gevolge van rommelstrooiery aan te dui
- Stel boetes in
- Reël gemeenskapsopruimings
- Vra munisipaliteite se hulp
Watter tipe reaksie vind in ‘n brandstofsel plaas?
Verbranding (reaksie met suurstof)
Hoe verskil brandstofselle van batterye?
Daar word nie chemiese energie in die brandstofsel opgegaar nie. Daar word gedurig reagense van buite die sel ingevoer.
Watter elektrode is die anode?
Waterstof
Skryf die netto vergelyking van die selreaksie neer.
2H2 + O2 -> 2H2O
Bereken die emk van die sel
E(sel) = E(katode) - E(anode)
= 0,40 - (-0,83) = 1,23 V
Noem twee redes waarom die brandstofsel so ‘n goeie tegnologiese plaasvervanger vir die motorenjin kan wees.
- Waterstof is die volopste element in die heelal
- Veroorsaak geen besoedeling nie
- Baie energie word vrygestel