Fisichem: Module 1: Meganika: Eenwoorditems Flashcards
‘n Nie-kontakkrag wat altyd aantrekkend is.
Gravitasiekrag
Die SI-eenheid waarin krag gemeet word
Newton
Die produk van die massa en snelheid van ‘n bewegende voorwerp.
Momentum
Die tempo van verandering in momentum.
Resulterende krag
Die grootheid waarvan die SI-eenheid kg.m/s is.
Momentum
‘n Grootheid wat gelyk is aan die verandering in momentum van ‘n voorwerp.
Impuls
Die kwosient van die resulterende krag wat op ‘n liggaam inwerk en die massa van die liggaam.
Versnelling
Die krag wat twee voorwerpe wat met mekaar in aanraking is, loodreg op mekaar uitoefen.
Normaalkrag
Die tipe wrywing wat bestaan tussen 2 voorwerpe wat relatief tot mekaar beweeg.
Dinamiese wrywing
Die soort veld wat in ‘n ruimte bestaan waar enige voorwerp wat massa besit, ‘n krag ondervind.
Gravitasieveld
Die gravitasiekrag waarmee die aade ‘n voorwerp na sy middelpunt aantrek.
Gewig
Die konstante wat deur die simbool G voorgestel word.
Universele Gravitasiekonstante
Die konstante snelheid waarby die afwaartse gravitasiekrag en die opwaartse lugweerstand wat op ‘n vallende voorwerp inwerk, mekaar uitkanselleer.
Grenssnelheid