Die Atmosfeer Flashcards

1
Q

Wat is die term wat aan die verskynsel gegee word dat die temperatuur van die aarde geleidelik besig is om toe te neem?

A

Aardverwarming

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat is ‘n moontlike oorsaak van hierdie verskynsel?

A

Die toenemende verbranding van brandstowwe soos steenkool, petrol en olie, veroorsaak dat al hoe meer CO2 gas vrygestel word.
Hierdie en ander kweekhuisgasse tree soos ‘n kombers om die atmosfeer op wat voorkom dat hitte terugontsnap in die ruimte. Gevolglik word hitte vasgekeer en raak die aarde geleidelik warmer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Noem die moontlike gevolge van aardverwarming

A
  • Styging van seevlak
  • Oorstromings
  • Droogtes
  • Verbrakking van varswater a.g.v. die styging in seevlak
  • Toename in hittegolwe
  • Insekte en plae versprei
  • Verhoogde waterdampvlak in die atmosfeer
  • Ysgletsers smelt
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Wat kan gedoen word om aardverwarming te beperk?

A
  • Beperkings op die gebruik van fossielbrandstowwe - Kyoto-ooreenkoms
  • Montreal protokol - vertraag skade aan osoonlaag deur minder CFK’s te gebruik
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Hoe kan jy ‘n bydrae lewer tot die bewaring van die omgewing?

A
  • Herwin en hergebruik
  • Plant bome
  • Maak gebruik van openbare vervoer
  • Bespaar water
  • Isoleer jou huis gedurende die winter in plaas van brandstofverbranding vir warmte
  • Steun energiebesparingskemas
  • Wees ingelig omtrent alternatiewe hulpbronne
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Gee twee voorbeelde van kweekhuisgasse

A
  • metaan
  • koolstofdioksied
  • waterdamp
  • stikstofoksiede
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Hoe dra die mens se aktiwiteite by tot die kweekhuiseffek?

A
  • A.g.v. die groeiende bevolking is daar ‘n groter vraag na energie, o.a. elektrisiteit en meer fossielbrandstowwe word dus verbrand.
  • Produksie by fabrieke neem toe om ‘n hoër vraag na voedsel en ander produkte te voorsien, dus meer verbranding van brandstowwe.
  • Meer motors op paaie en dus meer CO2-gas wat gevorm word
  • Aanwas van skape en koeie om meer melk en vleis te voorsien, lei tot hoër metaangasvlakke in die lug
  • Woude word vernietig om plek te maak vir dorpe en stede en bome word afgekap vir hout of papier. Sodoende word minder CO2 opgeneem deur plante.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Beperkte hoeveelhede CO2 en ander kweekhuisgasse is ook nuttig en noodsaaklik vir lewe op aarde. Noem ‘n aantal nuttige funksies van kweekhuisgasse.

A
  • Dit keer dat alle hitte terugontsnap in die ruimte en daarsonder sou die aarde te koud wees
  • Dit reflekteer skadelike strale weg van die aarde
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat kan ons doen om die vrystelling van kweekhuisgasse te beperk?

A
  • Plant meer bome
  • Beperk industrialisasie
  • Fabrieke moet die hoeveelheid skadelike gasse wat hul vrystel, beperk
  • Nuwe soorte minder skadelike brandstowwe om in voertuie te gebruik, moet ontwikkel word
  • Maak meer gebruik van publieke vervoer
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Elke minuut van elke dag is die wêreldbevolking besig om toe te neem. Hoe beïnvloed die toename in menslike bevolking die omgewing?

A
  • Die groot toename in die wêreldbevolking verhoog die vraag na energie. Ons benodig energie vir huishoudelike gebruik, vir voertuie en vir die vervaardiging van kos en lewensmiddele. Die vraag neem toe soos die aantal mense toeneem. Sodoende word meer brandstowwe verbrand en die gevolg is ‘n toename in skadelike gasse, die kweekhuiseffek en aardverwarming, asook besoedeling soos suurreën.
  • Daar is ook ‘n toenemende vraag na water en waterbronne raak uitgeput. Die vermorsing en besoedeling van water neem dikwels toe. Dit bedreig plante- en dierelewe en veroorsaak siektes by mense.
  • Die vraag na voedsel verhoog en in baie onderontwikkelde lande is daar hongersnood en sterf mense en diere van honger.
  • Die toename in voedselproduksie vereis ook meer water, kunsmisstowwe en insekdoders. Laasgenoemde twee kan met onoordeeldundige gebruik lei tot besoedeling en eutrofikasie.
  • Natuurlike hulpbronne raak uitgeput. Visse in die see word bedreig asook ander dier- en plantspesies.
  • Die landbougrond raak uitgeput. Woude maak plek vir dorpe en stede. Gronderosie vind sodoende plaas. Die uitwissing van plante en bome verhoog aardverwarming.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly