Chemiese Nywerheid Flashcards
Waarvoor staan die afkorting: SASOL
Suid-Afrikaanse Sintetiese Olie Beperk
Hoe trek SA voordeel uit die gebruik van steenkool?
- SA het die 5de grootste steenkoolreserwes ter wêreld
- dit is relatief goedkoop om te ontgin
- dit skep vir baie mense werksgeleenthede
Watter impak het die ontwikkeling van die chemiese bedryf op die mens en die omgewing gehad?
- Lug- en grondbesoedeling, gevolg deur besoedeling van riviere, mere en die see
- Rommelstorting naby woongebiede
- Versteur die balans in die omgewing a.g.v. die onttrekking van sekere stowwe uit die grond
- Mynongelukke eis mense se lewens
Wat word bedoel met ‘volhoubare ontwikkeling’?
Om in huidige behoeftes te voorsien, sonder om die vermoë van nageslagte om in hul behoeftes te voorsien, in gevaar te stel.
Word Afrika gesien as volhoubaar of nie? Motiveer
Onvolhoubaar; a.g.v. armoede is volhoubare ontwikkeling feitlik onmoontlik. Baie mense het nie toegang tot skoon water, genoeg kos, woonplek, gesondheidsorg en behoorlike sanitasie nie.
Wat is nodig om ‘n meer positiewe beeld te skep van die chemiese nywerheid van enige land?
Stelsels moet ingestel word waar:
- daar omgesien word na die gesondheid en veiligheid van mense
- Chemikalieë volgens aanwysings gebruik word
- afvalstowwe veilig verwyder word
- duidelike beleide en wetgewings deur die regering opgestel word.
Noem die hoofbestandeel van ‘n natuurlike gas
Metaan (CH4)
Wat is die volledige benaming vir singas?
Rou sintetiese gas
Skryf ‘n chemiese vergelyking om aan te toon hoe natuurlike gas omgesit word na singas
2CH4 + O2 -> 2CO + 4H2 of
CH4 + H2O -> CO + 3H2
Gedurende die verbranding van steenkool in suurstof vind oksidasie van koolstof plaas. Verduidelik wat bedoel word met die oksidasie van koolstof en verskaf die chemiese vergelyking van die reaksie.
Oksidasie-reaksie verwys na die reaksie met suurstof. Tydens die oksidasie-reaksie vind e oordrag plaas vanaf die koolstof na die suurstofatome en die oksidasiegetal van C neem toe, en die van O neem af.
C + O2 -> CO2
0 0 +4 / -2 -> toename in oksidasiegetal
Gedurende die Fischer-Tropsch proses word koolwaterstowwe gevorm van CO en H2. Wat word bedoel met die term ‘koolwaterstof’?
Dit is komplekse verbindings van koolstof en waterstof. Wanneer hulle brand, reageer hulle met die suurstof in die lug en stel groot hoeveelhede energie vry.
Watter metaal word as katalisator gebruik? (verbranidng van steenkool in suurstof, Fischer-Tropsch proses?)
Yster
Gee twee redes waarom daar ‘n voortdurende vraag na kunsmisstowwe is.
- Grond kan nie voedingstowwe vinnig genoeg aanvul om groei te onderhou nie
- Toename in wêreldbevolking het tot ‘n groter wêreldwye aanvraag in voedsel gelei
Gee twee redes waarom daar ‘n styging in die prys van kunsmisstowwe is.
- Styging in olieprys
- Styging in prys van rou materiale/grondstowwe
- Maatskappye wat bemestingstowwe verkoop, span saam om die pryse te verhoog en so meer wins te maak
Tydens die choor-alkaliproses word daar ‘n elektriese stroom deur ‘n sout(NaCl)-oplossing gestuur. Noem die produk(te) wat tydens die oksidasie-halfreaksie vorm.
Cl2 (chloorgas)
Tydens die choor-alkaliproses word daar ‘n elektriese stroom deur ‘n sout(NaCl)-oplossing gestuur. Watter produk(te) vorm tydens die reduksie-halfreaksie?
H2 (waterstofgas)
OH (hidroksiedione)
Tydens die choor-alkaliproses word daar ‘n elektriese stroom deur ‘n sout(NaCl)-oplossing gestuur. Gee die netto vergelyking van die elektroliseproses.
2NaCl (aq) + 2H2O(l) -> 2NaOH(aq) + H2(g) + Cl2(g)
Daar kan van drie verskillende soorte elektrolitiese selle gebruik gemaak word, nl. die kwiksel, die diafragmasel en die membraansel. Van watter een maak ons meestal gebruik. Hoekom?
Membraansel
- veroorsaak nie vergiftiging soos in die geval van die kwiksel nie
- maak nie van so baie energie gebruik soos die diafragmasel nie
- is dus omgewingsvriendelik, energiedoeltreffend en bekostigbaar.
Daar kan van drie verskillende soorte elektrolitiese selle gebruik gemaak word, nl. die kwiksel, die diafragmasel en die membraansel. Vir elk van die produkte wat gevorm word, skryf ‘n voorbeeld neer waar dit in die alledaagse lewe gebruik word.
Cl2 - PVC - verf/kleurmiddels - bleikmiddels - onkruiddoders - soutsuur - medisyne H2 - Margarien - nylon - soutsuur - vervaardiging van ammoniak vir gebruik in bemestingstowwe NaOH - sepe - reinigers - papier - gebruik in die suiwering van bauxiet in die vervaardiging van Al
Suiwer salpetersuur is ‘n kleurlose vloeistof. Dit verkleur egter geel wanneer dit aan sonlig blootgestel word. Verduidelik hierdie waarneming.
Salpetersuur is termies onstabiel, dit ontbind by verhitting (selfs die hitte van die son is genoeg) en vorm rooibruin dampe van NO2 - stikstofdiolsied. Dit is waarom gekonsentreerde salpetersuur geel van kleur is. Die ontbindingsproses begin reeds teen kamertemperatuur plaasvind.
Gee die name van die drie primêre makrovoedingstowwe in bemestingstowwe.
Stikstof (N)
Fosfor (P)
Kalium (K)
Waar kry plante die elemente koolstof, waterstof en suurstof vandaan?
Vanaf die CO2 wat deur die blare uit die lug geabsorbeer word en H2O wat deur die wortels uit die grond geabsorbeer word.
Wat word bedoel met die term ‘outotrofiese’ organismes? (Plante val in hierdie kategorie)
Hulle gebruik die elemente C, H en O om glukose tydens fotosintese te vervaardig
Die bemestingstof: NPK word verkoop as NPK 14-24-16. Wat beteken dit?
N = stikstof
P = fosfor
K = kalium
Die syfers dui die persentasie van die element per massa van die bemestingstof aan