Gr.11 Toets 6 Flashcards
Skryf slegs die woord/term vir die volgende beskrywing langs die vraagnommer neer: Die laag van die aarde wat hoofsaaklik uit rots bestaan
Litosfeer
Skryf slegs die woord/term vir die volgende beskrywing langs die vraagnommer neer: Anorganiese stof wat natuurlik voorkom
Mineraal
Nie-hernubare brandstofbron wat vir die meeste van ons elektrisiteit in SA verantw. is
Koolstof/steenkool
Skryf slegs die woord/term vir die volgende beskrywing langs die vraagnommer neer: Hierdie gas is die volopste in die atmosfeer
Stikstof
Skryf slegs die woord/term vir die volgende beskrywing langs die vraagnommer neer: Die geleidelike toename in die gemiddelde temperatuur van die Aarde
aardverwarming
Vier moontlike opsies word as antwoorde verskaf. Kies die korrekte opsie en skryf slegs die letter langs die vraagnommer neer: Hidrofiete sal vinniger as normaalweg groei, wat suurstofuitputting van die water tot gevolg het. Dit is vanweë: A temperatuurstyging B uitskeiding van diere C osmose D eutrofikasie
D
Vier moontlike opsies word as antwoorde verskaf. Kies die korrekte opsie en skryf slegs die letter langs die vraagnommer neer: Die metaal wat gebruk word om yster te bedek en teen roes te beskerm, is: A koper B sink C natrium D magnesium
B
Gee een rede waarom goudmynbou so belangrik is vir SA se ekonomie
60% van die wêreld se goudproduksie vind in SA plaas, en is dus die ruggraat van SA se ekonomie en is een van die nywerhede wat aan die grootste aantal mense werk verskaf.
Watter metaal word gebruik om goud uit die natriumgoudsianied te verplaas? Verduidelik
Sink. Sink is meer reaktief as goud en sal dus die goud uit sy verbinding verplaas.
Noem twee tegniese probleme wat ondervind word tydens die ontginning van goud.
- Materiaal, arbeid en energie wat benodig word vir die ontginning
- Goudmyne is baie diep, dit is duur om veilige toestande vir mynwerkers te skep en om die korrekte masjiene te bekom.
Watter groot gevaar hou die mynproses van goud vir die omgewing in?
Gebruik en ontslae raak van die sianiedoplossing wat tydens die proses gebruik word. Dit is ‘n gifstof, wat noodlottige gevolge vir plant, dier en mens inhou.
Wat behels die suiwering van die goudneerslag tot suiwer goud?
Die gesmelte metaal word met boraks bedek en chloorgas word deurgeborrel. Meeste van die basis-(onedel)metale wat as onsuiwerhede teenwoordig is, vorm chloriede wat verwyder word as dampe of vorm ‘n slak met die boraks. Die voltooiing van hierdie proses word gekenmerk deur die verskyning van rooibruin dampe van goudchloried.
Gee die naam van die volopste ystererts.
hematiet
Skryf ‘n reaksievergelyking neer om te beskryf hoe koolstofmonoksied uit kooks verkry word.
2C + O2 -> 2CO
Uit watter element bestaan kooks?
koolstof