Die Litosfeer & Atmosfeer Flashcards

1
Q

Wanneer staan ‘n stof as ‘n mineraal bekend?

A

Dit is enige anorganiese stof, metale ingesluit, wat natuurlik voorkom.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Waar tref ons die litosfeer aan?

A

Die aarde bestaan uit 3 lae: ‘n binneste deel nl. die KERN, ‘n middelste laag of MANTEL en die buitenste laag of KORS.
Die boonste deel van die mantel en die kors staan bekend as die litosfeer. Dit bevat belangrike minerale wat ons benodig vir voedsel en alledaagse gebruik.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Waarom is mynbou so belangrik vir Suid-Afrika?

A

Suid-Afrika is ryk aan minerale. Dit skep werksgeleenthede en die uitvoer van minerale bring geld in die land in.
Minerale word gebruik vir energieproduksie, vir gebruik in die voedsel- en chemiese industrieë en voorsien ons van juwele en edelstene, en dit word ook gebruik in die vervaardiging van kunsmis.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Ons hulpbronne kan in twee groepe verdeel word, noem hulle en gee ‘n voorbeeld van elk.

A

Hernubare hulpbronne: son, water, wind, hout

Nie-hernubare hulpbronne: metale, olie, steenkool, gas

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Die grootste persentasie van die litosfeer bestaan uit rots. Noem ‘n paar verskillende soorte stowwe wat in rots aangetref kan word asook sommige van hul gebruike.

A

In die rots van die litosfeer kom hoofsaaklik 11 belangrike elemente voor. Hulle kom meestal as verbindings voor en word in ertse aangetref. Van die belangrike elemente sluit in:
- METALE, soos goud (gebruik in juweliersware, geld) en yster (word gekombineer met ander elemente om dit hard te maak vir gereedskap, konstruksiewerk, ens.)
- MINERALE soos kalsium, natrium, kalium, magnesium wat benodig word in die menslike liggaam en ook vir diere en plante.
- FOSFATE (verbinding van fosfor en suurstof) is:
- belangrik as voedingstof vir plante en word gebruik in kunsmisbedryf
- in voedselbedryf bv. gaskoeldranke, bakpoeier
- in wasmiddels, ens.
FOSSIELBRANDSTOWWE bv. gas, steenkool en olie is belangrike energiebronne

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

In watter vorm word die meeste metale in die aardkors aangetref?

A

metaalverbindings = metaalerts

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Metale behoort aan die groep van nie-hernubare hulpbronne. Wat beteken hierdie term?

A

Wat ons uit die litosfeer haal, word opgebruik en kan nie vervang word nie.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Sommige metale, soos goud, kom as vry metale voor, nie as ‘n verbinding met ander stowwe nie. Wat kan ons hieruit aflei?

A

Die feit dat goud ‘n minder reaktiewe metaal is, d.w.s. dit reageer nie maklik nie. Meer reaktiewe metale vorm maklik verbindings.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat word die proses genoem waar ‘n meer reaktiewe metaal ‘n minder reaktiewe metaal uit sy verbinding verplaas?

A

Substitusie of verplasing.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Watter gas word tydens ‘n positiewe toets vir ‘n karbonaat vrygestel?

A

Koolstofdioksied (CO2)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Hoe kan die digtheidstoets metale en nie-metale identifiseer?

A

Metale is digter as nie-metale. Elke mineraal het sy eie, spesifieke digtheid.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

Hoe word die vlamtoets uitgevoer?

A

Wanneer ‘n oplossing van die verbinding oor ‘n vlam verhit word, brand dit met ‘n sekere kleur vlam. Natrium brand bv. met ‘n geel vlam en koper met ‘n groen vlam. Die kleur van die vlam help dus om die mineraalinhoud van die verbinding te identifiseer.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Rotsmonsters word in laboratoriums ontleed om hul samestelling te bepaal. Noem 4 voorbeelde van ontledings wat gedoen kan word.

A

A - Toets vir karbonate
B - Digtheidstoets vir minerale
C - Vlamtoets vir metale
D - Spektrofotometrie en x-straalkristallografie

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Hoekom is sekere metale (soos goud) duurder as ander (soos koper)?

A
  • Hoe skaarser ‘n metaal, hoe duurder
  • die koste van die ontginningsproses speel ook ‘n rol. Goud word bv. baie diep onder die grond uitgehaal d.m.v. moderne tegnologie en duur toerusting
  • Goud se besonderse blink en mooi voorkoms, maak ook dat die aanvraag daarvoor groot is en verhoog die koste van die metaal.
  • Dus, omdat koper meer volop is, die ontginningsproses goedkoper is en dit nie oor die besondere voorkoms en kwaliteit van goud beskik nie, is dit goedkoper.
How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Gee die naam van die ysteroksied wat algemeen aangetref word.

A

Hematiet (FE2O3)

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Gesmelte yster versamel op die bodem van ‘n hoogoond. Bo-op hierdie laag word daar ook ‘n gesmelte laag van onsuiwerhede aangetref. Wat word hierdie laag van onsuiwerhede genoem?

A

slak

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Gesmelte yster versamel op die bodem van ‘n hoogoond. Bo-op hierdie laag word daar ook ‘n gesmelte laag van onsuiwerhede aangetref. Waarvoor word hierdie laag van onsuiwerhede gebruik?

A

Dit word afgeskep en gebuik om paaie te maak en vir boumateriaal

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Die ru-yster word nou gesuiwer deur ‘n proses van oksidasie. Koolstof en swawel is twee van hierdie onsuiwerhede. Watter negatiewe impak het die produksie van koolstof en swawel op die omgewing?

A

C en S word geoksideer tot CO2 en SO2 wat dan in die atmosfeer ontsnap.
Lugbesoedeling vind plaas sowel as die vorming van suurreën.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Om yster meer duursaam en sterker te maak, word ander elemente daarby gevoeg. Wat noem ons die mengsel wat vorm as koolstof daarby gevoeg word?

A

Staal - ‘n allooi van koolstof en yster.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Watter nie-metaal word uit die aardkors geëkstraheer, waarsonder plant, dier en mens nie kan voortbestaan nie?

A

Fosfor

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Gee die naam van die vernaamste fosfaatmineraal

A

Fluoorapatiet (Ca5(PO4)3F)

22
Q

Waarom is die element, fosfor, noodsaaklik vir lewende organismes?

A
  • belangrike komponente van DNA en RNA
  • ons tande bevat fosfaat
  • nodig vir groei by organismes
  • nodig vir voortplanting
  • ons skelet bevat fosfaat
  • fosfor is belangrik vir spiere en senuwees
23
Q

Watter rol speel fosfaatmynbou in landbou?

A

Kunsmis, beenmeel en superfosfaat bevat fosfate en word deur boere in die grond ingewerk om:
- te help met wortelvorming
- groeitempo van plante en rypword van oeste te bevorder
- vir die vervaardiging van olies, suiker en stysels in plante
Bg. lei tot groter oeste wat belangrik is vir die ekonomie.

24
Q

Fosfaatrots word in oopgroefmyne ontgin. Die boonste laag grond, wat uit klei, sand en rotsfosfaat bestaan, word verwyder en met water gemeng. Verduidelik wat bedoel word met ‘n oopgroefmyn.

A

Myne sonder skagte wat redelik vlak is, omtrent 5-9 m diep.

25
Q

Fosfaatrots word in oopgroefmyne ontgin. Die boonste laag grond, wat uit klei, sand en rotsfosfaat bestaan, word verwyder en met water gemeng. Verduidelik wat plaasvind tydens die flottasieproses.

A

Water, lug en chemikalieë word gebruik om fosfaat van sand en ander afvalminerale te skei.

26
Q

Hoe kan fosfaatmynbou skadelik wees vir die omgewing?

A
  • Chloor of fluoor is verbind met fosfaat. Tydens verwerking met swawelsuur kan die stowwe verdamp om gitfige gasverbindings te vorm wat lei tot lugbesoedeling.
  • Fosfate het ‘n groot waterbesoedelaar geword. Wanneer afvalstowwe, wat fosfaat bevat, in grondwater, riviere, damme of mere beland, vind eutrofikasie plaas.
  • Die teenwoordigheid van die fosfaatione veroorsaak dat alge teen so ‘n tempo in riviere en damme groei, dat hulle al die suurstof opgebruik. Onderwaterplante en lewende organismes gaan dan dood.
27
Q

Noem twee eienskappe van goud

A
  • is sag
  • goeie geleier
  • kan versterk word
  • smeebaar
  • onreaktief
  • rekbaar
28
Q

Noem twee gebruike van goud

A
  • geld
  • juweliersware
  • elektriese- / elektroniese nywerhede
  • rekenaars (kontakte word bedek)
  • ruimtetuie (om infrarooi te weerkaats)
29
Q

Watter stad in SA staan bekend as die ‘goudstad’?

A

Johannesburg (Egoli)

30
Q

Wat word beskou as die primêre bron van energie?

A

Son

31
Q

Waarom dink jy is steenkool die hoofbron van SA se elektrisiteit?

A
  • SA het volop steenkoolreserwes
  • Dit is die mees koste-effektiewe manier om elektrisiteit op te wek
  • Die infrastruktuur daarvoor is reeds gevestig
32
Q

Wat is die grootste nadeel van die gebruik van steenkool as bron van elektrisiteit?

A

Dit veroorsaak baie besoedeling.
Onsuiwer steenkool bevat S-(swawel) en N-(stikstof) verbindings, swaar metale en radioaktiewe elemente.
Hierdie stowwe besoedel ons omgewing en kan vir ons nadelig wees.
Wanneer die steenkool verbrand word groot hoeveelhede CO2-gas vrygestel. Oormatige CO2 in die atmosfeer veroorsaak die kweekhuiseffek.

33
Q

Noem ‘n paar voorbeelde van alternatiewe energiebronne. (Ons fossielbrandstofreserwes gaan nie vir altyd beskikbaar wees nie)

A
  • windkrag
  • waterkrag
  • sonkrag
  • biomassabrandstof
  • waterstof
  • kernenergie
  • geotermiese energie
34
Q

Wat is biomassa? (Gebruik van biomassa-brandstowwe as ‘n potensiële energiebron word ondersoek)

A

Alle soorte plantmateriaal

35
Q

Gee ‘n paar voorbeelde van biomassa-brandstowwe

A
hout
suikerriet/mieleis - etanol
organiese afval - biogas
landbou- en papierafval
soliede munisipale afval
36
Q

Noem die voor- en nadele van die gebruik van biomassa-brandstowwe

A
Voordele
- hernubaar
- min besoedeling
Nadele
- produksie is duur
- meer grond nodig
- bome afgekap en woude ontbos
- kompeteer met ander gewasse
37
Q

Waarom dink jy rig ons nie hier in SA meer hidroëlektriese skemas op nie?

A

SA het beperkte waterhulpbronne en relatief lae reënval.

38
Q

Daar word van geotermiese energie in lande soos Ysland, Japan en Nieu-Seeland gebruik gemaak. Waarom nie in SA nie?

A

Ons het nie termiese warmwaterbronne wat temperature tot 350 grade Celsius bereik nie. Hierdie warmwaterbronne kom gewoonlik in gebiede met aktiewe vulkane voor.

39
Q

Uit watter gasse bestaan die aarde se atmosfeer?

A
  • Stikstof (78%)
  • Suurstof (21%)
  • Argon (1%)
  • Koolstofdioksied (0.04%)
  • Edelgasse, bv. neon (baie min)
40
Q

Waarom is stikstof, suurstof en koolstofdioksied sulke belangrike gasse vir lewende organismes?

A
N2 
- onreaktiewe gas
- nodig vir proteïensintese
O2 
- reaktiewe gas
- nodig vir respirasie in lewende organismes
- nodig vir verbranding
CO2 
- nodig vir fotosintese in plante
- plante word deur diere geëet en verkry so glukose
41
Q

Voorheen was die suurstofvlakke in die atmosfeer baie laer. Wat het verander en die planeet vandag meer geskik gemaak vir lewende wesens?

A

Primitiewe bakterieë het in die vroeër tye begin om energie vry te stel en bv. suiker te fermenteer. So het die eerste lewende organismes ontstaan wat energie van die son kon opvang en deur die proses van fotosintese, voedsel kon vervaardig. Sodoende is CO2 uit die aftmosfeer verwyder en die O2 vlak verhoog, wat lewe op aarde moontlik gemaak het. (!!)

42
Q

Gee twee funksies van die atmosfeer

A

Dit onderhou lewe.

Dit bied beskerming teen die skadelike UV-strale van die son.

43
Q

Wat hou die atmosfeer in posisie, om die aarde?

A

Gravitasiekrag van die aarde

44
Q

In watter een van die atmosferiese lae kom die osoonlaag voor?

A

Stratosfeer

45
Q

Noem die lae van die atmosfeer

A
  • Termosfeer
  • Mesosfeer
  • Stratosfeer
  • Troposfeer
46
Q

Wat veroorsaak dat die temperatuur in die eerste laag afneem met ‘n toename in hoogte?

A

Druk is direk eweredig aan temperatuur.
Met ‘n toename in hoogte, neem druk af.
Die temperatuur neem dus ook af. (P ά T)

47
Q

In watter laag kom die weerverskynsels (reën, storms, weerlig) voor?

A

troposfeer

48
Q

Wat gebeur met die temperatuur in die mesosfeer met ‘n toename in hoogte?

A

Namate ‘n mens hoër beweeg, raak die gasse al hoe dunner en die uitwerking van die verhitting deur UV-straling raak al hoe minder. Dus raak dit al hoe kouer, hoe verder ‘n mens beweeg.

49
Q

Hoe ontstaan suurreën?

A

Die hoofoorsaak vir suurreën is die vrystelling van gasse soos SO2, NO en NO2, asook CO en CO2 in die lug. SO2 word hoofsaaklik gevorm a.g.v. verbranding van steenkool by kragstasies en metaalindustrieë en NO2 en CO2 deur voertuie se uitlaatgasse. Wanneer dit reën, of selfs as dit sneeu of mistig is, verbind die gasse met water om sure te vorm, bv. H2SO3, H2CO3 en HNO3, wat weer in grondwater beland en besoedeling veroorsaak.
bv. SO2 + H2O = H2SO3

50
Q

Noem ‘n paar gevolge van die effek van suurreën

A
  • Verlaag die pH van grond en inhibeer die groei van plante
  • Vergiftig mere en strome en bedreig akwatiese lewe asook landorganismes wat die water drink
  • Vreet beton en sement, en so word monumente en geboue beskadig
  • Irritasie van die longe en slymvliese wat kan lei tot longsiektes
  • Allergieë, hooikoors en asma
51
Q

Hoe kan ons suurreën beheer?

A

Suurreën kan beheer word deur die vrystelling van bogenoemde gasse te probeer beperk deur strenger wetgewing vir industrieë, en energiebesparing by die huis en petrolbesparing.
Verminder die hoeveelheid SO2(g) deur swawel uit die steenkool, olie en gas te verwyder voordat dit verbrand word.
Gebruik ander energiebronne soos kernkrag, sonenergie, en hidro-elektrisiteit.
Plant meer bome aan om CO2 op te neem.

52
Q

Wat word tans gedoen om die skadelike uitlaatgasse van voertuie (tans een van die grootste oorsake van lugbesoedeling) minder skadelik te maak?

A

Katalitiese omsetters word in motors se uitlaatstelsels ingebou. Hierdie omsetters maak skadelike uitlaatgasse minder skadelik.