Golwe, klank en lig: kortvrae, Fisichem Flashcards
Word klank as longitudinale of transversale golwe voortgeplant?
Longitudinale
Definieer golflengte en verskaf die eenheid
Die afstand tussen 2 opeenvolgende verdigtings (kruine) of verdunnings (trôe) in die golf
Eenheid: meter (m)
Wat is die verband tussen die golflengte en frekwensie van klankgolwe?
Die frekwensie is gelyk aan die inverse van die periode:
in simbole: * f* = 1/T
Wat is die verband tussen toonhoogte, frekwensie en golflengte?
Toonhoogte neem toe met toename in frekwensie.
Toonhoogte neem toe met ‘n afname in golflengte
Stel die verwantskap tussen die golflengte, frekwensie en spoed van klankgolwe as ‘n wiskundige vergelyking voor
v = גf
Die Doppler-effek
Die verskynsel dat die toonhoogte (frekwensie) van klankgolwe, soos waargeneem deur ‘n waarnemer, verander
as die bron van die golwe en die waarnemer relatief** tot mekaar **beweeg
Klankgrens
‘n Hoë druk golffront wat ontstaan wanneer ‘n voorwerp teen die spoed van klank beweeg en veroorsaak dat die golffronte aan sy voorkant, konstruktief interfereer.
Skokgolf
‘n Keëlvormige golffront met ‘n baie hoë drukgradiënt
Word voortgebring deur ‘n voorwerp wat vinniger as die spoed van klank beweeg of wat deur die klankgrens breek
Supersoniese knal
Die hoorbare manifestasie van ‘n keëlvormige skokgolf
wat voortgebring word wanneer ‘n voorwerp die spoed van klank oorskry en dus deur die klankgrens breek om sodoende die skok-golf te veroorsaak.
Mach-getal
‘n Getal wat aandui hoeveel maal die spoed van ‘n voorwerp groter is as die spoed van klank.
Wiskundig word dit so bereken: spoed van voorwerp/spoed van klank
Watter grootheid bepaal die kleur lig wat jy waarneem:
die frekwensie*, *golflengte* of *spoed van die lig?
Frekwensie
Wat is die benaderde waarde van c in c = גf as lig in lug voortgeplant word?
3 x 10<strong>8</strong> m.s-1
Wanneer wit lig deur ‘n prisma beweeg, word dit in sewe kleure opgebreek.
Wat word hierdie verskynsel genoem?
Noem hierdie kleure in volgorde van toenemende golflengte
Dispersie
- Violet
- indigo
- blou
- groen
- geel
- oranje
- rooi
Watter groothede word deur elk van die simbole in die volgende vergelyking voorgestel: c = גf?
Gee ook elkeen se SI-eenheid
c = spoed van lig in m.s-1
ג = golflengte van lig in m
f = frekwensie van lig in Hz
Verduidelik dispersie deur na die volgende begrippe te verwys:
breking (refraksie), spoed van lig, frekwensies van lig
- Die spoed van alle kleure lig in ‘n vakuum is dieselfde
- Wanneer lig egter na ‘n digter optiese medium beweeg, verander die spoed daarvan.
- Verder verander die spoed van lig met langer golflengtes (laer frekwensies bv. rooi) minder as die van lig met korter golflengtes (hoër frekwensies soos blou).
- Dit veroorsaak dat die rigting van beweging van rooi lig minder verander as wat die geval by blou lig is.
- Ons sê die blou lig word meer gebreek as rooi lig en dit lei tot die skeiding van witlig in sy komponente - ‘n verskynsel bekend as dispersie.
Op hierdie wyse word die spektrum vir witlig verkry.
Wanneer lig ‘n ander optiese medium (bv. van lug na glas), sal watter grootheid / groothede dieselfde bly: spoed, golflengte en/of frekwensie van die lig?
Frekwensie bly konstant (ג en v verander beide. Dit volg uit v = גf dat v ά ג as f konstant bly)
Watter kleur se frekwensie is die grootste: blou of oranje?
Blou
Die sewe spektrumkleure kan gegroepeer word in drie sogenaamde additiewe, primêre kleure en uit watter spektrumkleure bestaan elkeen van hulle?
Primêre rooi = rooi & oranje Primêre groen = groen & geel Primêre blou = violet, indigo & blou
Wanneer twee additiewe primêre kleure gekombineer word, ontstaan daar ‘n additiewe sekondêre kleur. Wat is die drie additiewe sekondêre kleure en uit watter twee primêre kleure bestaan elkeen?
Sekondêre geel = Prim. rooi + Prim. groen Siaan = Prim. blou + Prim. groen Magenta = Prim. blou + Prim. rooi
Wat noem ons die kombinasie van ‘n additiewe primêre en additiewe sekondêre kleur wat witlig voortbring?
Komplementêre
Wanneer lig op ‘n voorwerp geprojekteer word, kan die lig wee… en/of geabs… en/of deu…. word
Lig kan weerkaats, geabsorbeer en/of deurgelaat word
Noem die name van die subtraktiewe primêre kleure
Geel, siaan en magenta
Noem die name van die subtraktiewe sekondêre kleure. Hoe word elkeen van hierdie kleure verkry?
Oranje = geel + magenta Violet = siaan + magenta Groen = geel + siaan
Wat word die sensoriese selle genoem wat die menslike oog in staat stel om tussen verskillende kleure te onderskei?
Keëls