Kortvrae uit vraestelle: CHEMIE Flashcards
‘n Reaksie waarin die temperatuur van die mengsel afneem
Endotermies
Die tipe ewewig waarin die makroskopiese eiendskappe (die wat met die blote oog sigbaar is) van die reaksiemengsel onveranderd bly
Dinamiese
‘n Verlies aan elektrone gedurende ‘n redoksreaksie
Oksidasie
Die elektrolitiese sel wat vir die industriele bereiding van chloorgas gebruik word
Membraan (sel)
Atome, groepe atome of bindings wat gebruik kan word om ‘n homoloe reeks te identifiseer
Funksionele groep
‘n Aromatiese koolwaterstof
benseen
‘n Eenheid waarin reaksietempo gemeet word
mol/s
Ewewigte waarin al die reagense in dieselfde fase is
homogeen
Die positiewe elektrode van ‘n elektrolitiese sel
anode
‘n Eenheid waarin batterykapasiteit gemeet word
ampere-uur