5.2 Besigheidstrategieë Flashcards
Noem die Tipes besigheidstrategieë
- Integrasiestrategieë
- Intensiewestrategieë
- Diversifikasiestrategieë
- Defensiewe strategieë
Noem die tipe Integrasiestrategieë
- Voorwaartse vertikale integrasie
- Terugwaartse vertikale integrasie
- Horisontale integrasie
Noem die tipes Intensiewe strategieë
- Markpenetrasie
- Markontwikkeling
- Produkontwikkeling
Noem die tipes Diversifikasiestrategieë
- Konsentriese diversifkasie
- Horisontale diversifkasie
- Konglomerasiediversifikasie
Noem die tipes Defensiewe strategieë
- Ontbondeling
- Aflegging
- Likwidasie
Verduidelik kortliks Markpenetrasie/ Mark-indringing
Die besigheid fokus daarop om bestaande produkte in die bestaande mark te verkoop om hul markaandeel te vergroot.
Verduidelik Markontwikkeling
Die besigheid gebruik hierdie groeistrategie om sy bestaande produkte in nuwe markte te verkoop
Verduidelik Produkontwikkeling
Die besigheid gebruik hierdie groeistrategie om nuwe produkte in bestaande markte bekend te stel.
Voordele van intensiewe strategieë
- ‘n verhoogde/verbeterde markaandeel ervaar aangesien intensiewe strategieë die besigheid se kwesbaarheid vir die optrede van mededingers verminder.
- ‘n Toename in verkope/inkomste//winsgewendheid ervaar as gevolg van aggressiewe advertensie veldtogte/omdat meer produkte/dienste verkoop word.
- dienslewering verbeter wat besigheidsbeeld /handelsmerk/handelsmerk bewustheid kan verbeter.
- kliëntlojaliteit verhoog deur doeltreffende promosie veldtogte.
- pryse verlaag wat kliënte/verbruikers kan beïnvloed om meer produkte/ dienste te koop.
- bestaande mededingers word verwyder en markpryse kan oorheers word.
Verduidelik Konsentriese/Verwante diversififikasie
Die besigheid voeg nuwe produkte/dienste by wat verband hou met bestaande produkte/dienste, maar sal byval vind by nuwe kliënte/verbruikers.
Verduidelik Horisontale diversifikasie
Die besigheid voeg nuwe produkte/dienste by wat nie verband hou met bestaande/huidige produkte nie, maar wat by bestaande/huidige kliënte/verbruikers kan aanklank
vind.
Verduidelik Konglomerasie-/
Onverwante
diversifi kasie
Die besigheid voeg nuwe produkte/dienste by wat nie met
bestaande produkte verband hou nie, wat by nuwe kliënte
kan aanklank vind.
Voordele van diversifikasiestrategieë
- ‘n toename ervaar in die aantal produkte wat aan bestaande/nuwe kliënte/ verbruikers verkoop word.
- addisionele nuwe markte in onverwante markte/nywerhede vestig.
- meer tegnologiese vermoëns verkry deur produkmodifi kasie.
- hul handelsmerk/beeld/handelsmerkbewustheid verbeter.
- die risiko verminder om slegs op een produk staat te maak vir verkope/ inkomste.
- hul mededingende voordeel behou deur aan die behoeftes van huidige/nuwe
- kliënte te voldoen/uit te brei na nuwe onbekende markte.
Verduidelik Ontbondeling/
Disinvestering/
Vervreemding
- Die besigheid beskik/verkoop sommige bates/afdelings wat nie meer winsgewend/produktief/funksioneel/ relevant is nie
Verduidelik Aflegging
- Die besigheid beëindig die indiensnemingskontrakte
van werknemers weens operasionele-/strukturele-/
herstruktureringsredes.