2.6 Die menslike hulpbronnefunksie : Byvoordele Flashcards
1
Q
Voorbeelde van byvoordele
A
- Mediesefonds
- Pensioen fonds
- Voorsorgfonds
- Begrafnisvoordele
- Motor / reis / behuising / selfoon / kledingstoelaag
- Prestasie-gebaseerde aansporings
- Uitreiking van bonusaandele
- Personeelafslag / gratis of laekoste ete / kantinegeriewe
2
Q
Waarvoor staan WVF
A
Werkloosheidsversekeringsfonds
3
Q
Wat is die doel van die WVF
A
- Die werkgewer en die werker dra elk 1% by.
- Werkgewers moet werkloosheidsversekeringsbydraes van 2% van die waarde van elke werknemer se salaris per maand betaal
- Die fonds help ook die afhanklikes van ‘n bydraende werker wat oorlede is.
- Die fonds bied finansiële hulp op kort termyn aan werkers as hulle werkloos raak of weens siekte, kraam of aannemingsverlof nie kan werk nie.
- Bydraes word betaal aan die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) of die
- Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID).
4
Q
Voordele van byvoordel op die besigheid
A
- Verbeter produktiwiteit/ wat lei tot hoër winsgewendheid
- Aantreklike byvoordeelpakkette kan
werknemersomset verminder. - Lok gekwalifiseerde en ervare werknemers wat positief kan bydra tot die besigheidsdoelwitte
- Dit verhoog werknemers se tevredenheid en lojaliteit, aangesien hulle bereid is om die ekstra myl te gaan
- Besighede bespaar geld omdat voordele belastingaftrekbaar is.
- Byvoordele kan as hefboom gebruik word vir salarisonderhandelinge.
5
Q
Nadele van byvoordele op die besigheid
A
- Besighede wat nie byvoordele kan bied nie, lok nie geskoolde werkers nie.
- Dit kan konflik veroorsaak / lei tot korrupsie as dit onbillik toegeken word.
- Byvoordele is addisionele koste wat kontantvloeiprobleme tot gevolg kan hê.
- Administrasiekoste verhoog namate voordele vir belastingdoeleindes korrek aangeteken moet word
- Verminder besigheidswins, aangesien aansporingskoste / pakket / vergoedingskoste hoër is.
- Dit kan konflik en korrupsie skep indien dit onregverdig toegeken word