2.7 Die menslike hulpbronnefunksie : Implikasies v wetgewing op mhf Flashcards
1
Q
Implikasies van die WAV op die Menslike Hulpbronfunksie
A
- Bevorder die oplossing van arbeidsgeskille.
- Beskerm die regte van werknemers / werkgewers soos uiteengesit in die Grondwet.
- Bevorder ekonomiese ontwikkeling.
- Voorsien dat onopgeloste geskille na Arbeidshof.
- Bevorder ordelike onderhandelinge en werknemersdeelname aan besluitneming in die werkplek.
- Werkers kan nie maklik ontslaan word nie want die bedingingsraad se prosesses moet gevolg word.
- Die menslikehulpbronbestuurder moet werkers toelaat om werkplekforums en vakbonde te vorm om die belange van alle werknemers te bevorder.
- Verduidelik die oordrag van dienskontrakte indien n besigheid oorgedra word na ‘n ander eienaar, dan word die werknemer se kontrakte ook oorgedra.
2
Q
Implikasies van die WGI op die menslike hulpbronfunksie
A
- Die menslike hulpbronbestuurder moet gelyke geleenthede in die werkplek bevorder.
- Verseker dat regstellende aksie diversiteit in die werkplek bevorder.
- Definieer die aanstellingsproses duidelik om te verseker dat alle partye goed
- ingelig is.
- Stel diensnemingsplanne op wat aandui hoe dit geïmplementeer gaan word.
- Ken ‘n bestuurder toe om seker te maak dat die diensbillikheidsplan geïmplementeer word / gereeld gemonitor word.
- Vertoon ‘n opsomming van die wet waar werknemers dit duidelik kan sien.
- Dien verslag aan die Departement van Arbeid oor die vordering met die implementering van die aandeleplan.
- Dien mediese / sielkundige toetse billik teenoor werknemers / as dit nodig geag word.
3
Q
Implikasie van die WVO op die menslike
hulpbronfunksie
A
- Identifiseer die opleidingsbehoeftes van die werknemers en voorsien hulle van opleidingsgeleenthede sodat hulle hul take doeltreffend kan uitvoer.
- Gebruik die nasionale kwalifikasieraamwerk/NKR om die vaardigheidsvlakke van werknemers te assesseer.
- Dra 1% van hul salarisrekening by aan die Vaardigheidsontwikkelingsheffing /VOH
- Verseker dat opleiding in die werkplek geformaliseer / gestruktureer is
- Stel ‘n voltydse konsultant aan as ‘n vaardigheidsontwikkelingsfasiliteerder.
4
Q
Implikasies van die WBDV op die menslikehulpbronfunksie
A
- Werkers moet dubbel ontvang as hulle gedurende openbare vakansiedae / Sondag werk.
- Hulle moet na vyf uur se werk 60 minute onderbreek.
- Ondernemings mag nie kinders onder die ouderdom van 16 aanstel nie.
- Werkers kan tot ses weke betaalde siekteverlof gedurende ‘n 36-maandesiklus neem
- Werkers moet slegs 9 uur per dag werk in ‘n vyf dae werksweek. 8 uur per dag per dag 6 dae werksweek.
- Oortyd moet nie langer as 10 uur per week wees nie.