1.6 Die Impak van onlangse wetgewing op besighede BBSEB Flashcards
Waarvoor staan BBSEB
Bree-basis swart ekonomiese bemagtiging.
Verduidelik kortliks wat die wet op BBSEB is.
- Die BBSEB is ingestel om die meerderheid van SA’ers in die hoofstroom van die ekonomie bring.
- Dit bevoorder voorheen benadeelde groepe in SA.
Doel van BBSEB
- Laat rykdom wyer versprei oor alle bevolkingsgroepe.
- Omskryf areas wat die regering ‘n platform sal bied om gelykke verspreiding van
welvaart te bring. - Laat die ontwikkeling van goeie praktykskodes toe.
- Dit beoog om ongelykheid in die SA ekonomie aan te spreek.
Wat is die 5 pilare van BBSEB
- Bestuurbeheer
- Eienaarskap
- Onderneming en verskaferontwikkeling
- Vaardigheidsontwikkeling
- Sosio-ekonomiese onwikkeling
Hoe moet besighede bestuursbeher toepas volgens BBSEB?
Besighede moet:
* Verseker dat transformasie op alle vlakke geïmplementeer word.
* Swart mense aanstel in senior uitvoerende posisies/in bestuur.
* Swart werknemers by besluitnemingsprosesse betrek.
* Swart vroulike verteenwoordiging in bestuur verseker en prioritiseer.
Wat is n hindernis mbt bestuursbeheer?
Weens ’n tekort aan vaardige swart bestuurders/direkteure, vind sommige besighede
dit moeilik om aanstellings te maak. Dit beperk die groeigeleenthede vir die besigheid.
Hoe moet besighede eienaarskap toepas volgens BBSEB?
Besighede moet:
* Swart mense by aandeelhouding/vennootskappe/franchises insluit.
* Meer geleenthede vir swart mense skep om eienaars en entrepreneurs te word.
* Klein swart beleggers aanmoedig om in groot maatskappye te belê en deel in eienaarskap.
* Vrygestelde Mikro-ondernemings (VMO’s) wat ‘n eienaarskap van 50% of meer van swart mense in bestuur
* het, word outomaties bevorder na Vlak 3 van die BBSEB-telkaart.
Wat is n hindernis mbt eienaarskap?
Besighede vind dit moeilik om geskikte swart besigheidsvennote/aandeelhouers te vind wat aandele kan bekostig
Hoe moet besighede ondernemings en verskafferontwikkeling toepas volgens BBSEB?
Besighede moet:
* Aangemoedig word om in klein medium- en mikro-ondernemings (KMMO’s) in swart besit te belê en te ondersteun).
* Werk skep want OVO bevorder en ondersteun plaaslike vervaardiging .
* Finansiële bydrae aan besighede maak wat aan BBSEB voldoen en KMMO’s, soos lenings /skenkings/beleggings.
* Ook nie-finansiële bydrae aan BBSEB-voldoende besighede maak en KMMO’s soos adviesdienste / konsultasiedienste/entrepreneursprogramme.
Wat is n hindernis mbt ondernemings en verskafferontwikkeling?
OVO bevorder voorkeurverkryging en besighede het dikwels nie ‘n keuse as om transaksies te doen met
BBSEB-goedgekeurde verskaffers wat nie noodwendig hul eerste keuse is nie.
Hoe moet besighede vaardigheidsontwikkeling toepas volgens BBSEB?
Besighede moet:
* Swart werknemers betrek by verskeie opleidingsprogramme en inisiatiewe vir vaardigheidsontwikkeling.
* Voordeel vind uit die groter aantal vaardige/opgeleide werknemers, wat algehele produktiwiteit in die
* werkplek verhoog.
* Leerlingskappe en leerprogramme aan swart werknemers voorsien/verskaf.
* 1% van hul jaarlikse salarisrekening bydra as dit R500 000 oorskry om die programme vir vaardigheidsontwikkeling te befonds.
Wat is n hindernis mbt vaardigheidsontwikkeling?
Besighede offer dikwels produktiwiteit op aangesien mentors/afrigters werksure moet gebruik om aan
leerlingskappe/opleiding deel te neem.
Hoe moet besighede sosio-ekonomiese ontwikkeling toepas volgens BBSEB?
Besighede moet:
* Bydra tot maatskaplike investeringsprojekte en gemeenskapsontwikkeling.
* Op kritieke areas van KMI fokus soos ontwikkeling in die land, byvoorbeeld omgewingsbewustheid/onderwys/ behuising /armoede/ werkloosheid, ens.
* Skaars KMI-hulpbronne aan geselekteerde begunstigdes in die gemeenskap versprei.
* Volhoubare gebruik van natuurlike hulpbronne bevorder en besighede wat gebruik maak van volhoubare produksie-tegnieke en volhoubare energiebenuttingspraktyke ondersteun.
Wat is n hindernis mbt sosio-ekonomiese ontwikkeling ?
Besighede is dikwels nie kundig oor maatskaplike kwessies en sosiale verantwoordelikheid nie, en kan lei tot
vermorsing van nansiële hulpbronne as dit nie korrek ondersoek word nie.
Waarvoor staan SEB
Swart Ekonomiese Bemagtiging