5.1 A Strategiese bestuursproses en nywerheidsanalise-instrumente Flashcards
1
Q
Beskryf strategie
A
- ‘n Strategie is ‘n doelgerigte aksie wat ‘n besigheid volg om sy doel/doelwitte/ doelstellings te bereik.
- Dit word gedefinieer as ‘n langtermyn plan van aksie om ‘n spesifieke doel te bereik.
- ‘n Strategie is ‘n spesifieke plan van aksie om ‘n probleem op te los/ geleentheid aan te spreek.
- Dit verhoog die besigheid se vermoë om sy missie/visie te bereik.
- ‘n Strategie integreer/ken toe/bestuur organisatoriese aktiwiteite/hulpbronne om huidige/toekomstige doelwitte/doelstellings te bereik.
- Dit is gemoeid met langtermyn ontwikkelings/planne eerder as roetine bedrywighede/prosesse
2
Q
Beskryf strategiese bestuurproses
A
- Die strategiese bestuursproses word gedefinieer as die manier waarop ‘n organisasie sy strategie definieer.
- Dit stel bestuurders in staat om keuses te maak/ aksies uit te dink rakende ‘n stel strategieë wat die besigheid in staat sal stel om verbeterde prestasie te bereik/behaal.
- Dit is ‘n deurlopende proses wat die besigheid in staat stel om sy vermoë om uitdagings te hanteer te identifiseer/verbeter en besighede in staat stel om strategieë te implementeer wat prestasie sal verbeter.
3
Q
Wat moet n besigheid doen om n strategiese bestuurproses te implementeer?
A
- ‘n duidelike visie, missiestelling en realistiese doelwitte in plek hê.
- beskikbare instrumente vir omgewingskandering gebruik, wat ‘n SSGB-ontleding/Porter se Vyf Kragtemodel/PESTWO-ontleding/nywerheidsanalise-instrumente kan insluit.
- alternatiewe strategieë formuleer om op besigheidsuitdagings te reageer.
- ‘n aksieplan ontwikkel, wat die take insluit wat voltooi moet word wat nagekom moet word en hulpbronne wat verkry moet word, ensovoorts.
- die besigheidshulpbronne organiseer en personeel motiveer.
- geselekteerde strategieë implementeer deur dit effektief aan alle belanghebbendes te kommunikeer.
- strategieë deurlopend evalueer/monitor om regstellende stappe te neem.
4
Q
Noem 3 Nywerheidsanalise-instrumente
A
SSGB-ontleding/SWOT-ontleding
Porter se Vyf Kragte-mode
PESTWO-ontleding/PESTLE-ontleding
5
Q
Waarvoor staan SSGB?
A
Sterkpunte
Swakpunte
Geleenthede
Bedreigings
6
Q
Is bedreigings intern of ekstern?
A
ekstern
7
Q
Is geleenthede intern of ekstern?
A
ekstern
8
Q
Is sterkpunte intern of ekstern?
A
intern
9
Q
is swakpunte intern of ekstern?
A
intern
10
Q
Wat is die komponente van Porter se 5 kragte model
A
- Krag van verskafers
- krag van kopers
- Hidernisse van nuwe toetreders tot die mark/Bedreigings
- Krag van mededingers
- Plaasvervangers
11
Q
Wat is die komponente van die Pestwo ontleding?
A
- Politieke
- Ekonomiesse
- sosiale
- tegnologies
- Wetlik
- Omgewings