5.1 B Strategiese bestuursproses en nywerheidsanalise-instrumente PESTLE Flashcards
Identifiseer die faktor van Pestle uit die volgende voorbeelde:
* Politieke stabiliteit/onstabiliteit
* Buitelandse handelsbeleid
* Nasionale Mededingingsbeleid
Politiek
Identifiseer die faktor van Pestle uit die volgende voorbeelde:
* Ekonomiese groei/ekonomiese
stabiliteit
* Wisselkoerse
* Inflasie en rentekoers (Primakoers en
repokoers)
Ekonomies
Identifiseer die faktor van Pestle uit die volgende voorbeelde:
* Demografi e van verbruikers
* Inkomste/ welvaart verspreiding
* Opvoedingsvlak/ geletterdheidsvlak
Sosiaal
Identifiseer die faktor van Pestle uit die volgende voorbeelde:
* Vlak van tegnologiese innovering
* Toegang tot nuwe tegnologie
* Internet/kommunikasie-infrastruktuur
Tegnologies
Identifiseer die faktor van Pestle uit die volgende voorbeelde:
* Arbeids-/indiensneming wette
* Kopiereg/patentwette
* Privaatheid- en databeskermingswette
Wetlik
Identifiseer die faktor van Pestle uit die volgende voorbeelde:
* Klimaat/klimaatverandering/
* aardverwarming
* koolstof voetspoor
* Omgewingsvolhoubaarheid/
bewaring/beskerming
Omgewings
Noem uitdagings wat in die Politieke faktor plaasvind en aanbevelings op hoe om dit te hanteer?
- Sommige regeringsbeleide kan besighede raak. > Doen navorsing oor/pas onlangse regeringsbeleide toe.
- Verbruikersregte-organisasies kan besighede verhoed om produkte te verkoop as hulle nie aan sekere vereistes voldoen nie. > Netwerk/Voer invloedwerwing uit met die NRO’s/GGO’s en alle verbruikersregte-organisasies.
- Handelsooreenkomste kan besighede verhoed om sekere medisyne/produkte in te voer > Handel slegs met lande wat gunstige handelsooreenkomste met die regering het.
- Die Nasionale Mededingingsbeleid van Suid-Afrika kan die bedrywighede van ‘n besigheid beïnvloed. > Ondersoek/ voldoen aan die Nasionale Mededingingsbeleid.
Noem uitdagings wat in die Ekonomiese faktor plaasvind en aanbevelings op hoe om dit te hanteer?
- Hoe inflasie koers of rentekoers kan besighde negatief beinvloed aangesien klante nie meer hoe pryse kan bekostig nie> Oorweeg om winsmarges te verlaag eerder as om produkpryse te verhoog.
- Lenings kan duur wees as gevolg van hoë rentekoerse. > Leen geld by finansiële instellings wanneer rentekoerse gunstig is.
- Fluktuasies/Skommelinge in buitelandse valuta kan invoere beperk. > Oorweeg wisselkoerse wanneer die besigheid met ander lande handel. / Handel met lande met ‘n gunstige wisselkoers.
- Afnames in direkte buitelandse belegging deur belangrike buitelandse beleggers.> Verskaf aandele teen mededingende/ laer pryse om meer direkte buitelandse beleggings te lok.
Noem uitdagings wat in die Sosiale faktor plaasvind en aanbevelings op hoe om dit te hanteer?
- Kliënte sal moontlik nie produkte kan bekostig nie as gevolg van lae inkomstevlakke/afleggings/ werkloosheid.> Verkoop plaasvervangende produkte teen laer pryse as gevolg van lae vlakke van inkomsteverspreiding/Stel mense van die plaaslike gemeenskap in diens.
- Besighede mag dalk nie vertroud wees met die plaaslike/inheemse taal van hul kliënte nie. > Leer plaaslike/inheemse tale/huur werknemers aan wat goed vertroud is met die plaaslike/inheemse taal van kliënte.
- Hoë misdaadsyfers kan die handelsure van besighede beïnvloed, wat lei tot verminderde wins. >Werk saam met gemeenskapspolisieforums en verbeter sekuriteit in die besigheid.
- Sommige besighede kan verkope verloor aangesien kliënte dalk verkies om hul geld op mediese uitgawes te spandeer. > Ontwikkel nuwe produkte wat daarop gemik is om die leefstylhoudings/ neigings van kliënte aan te spreek.
Noem uitdagings wat in die wetlik faktor plaasvind en aanbevelings op hoe om dit te hanteer?
- Oorweeg die implikasie van dieverskillende wette wat ‘n direkte impak/invloed op ‘n besigheid kan hê, byvoorbeeld die WVB/WBDV. > Voldoen aan alle relevante wetgewing wat besighede kan beïnvloed.
- Wetlike vereistes vir die bedrywighede van sekere soorte besighede is tydrowend. > Voldoen aan die wetlike vereistes vir die besigheidsbedrywighede, byvoorbeeld lisensie /handelsmerkregistrasie/patente.
- Hoë regskoste verbonde aan die verkryging van ‘n lisensie/handelsmerk/ patent/kopiereg kan sommige besighede verhoed van bedrywighede.> Begroot vir hoë wettige vestigings-/ aanvangskoste
- Wettigheid van besigheidskontrakte kan sakebedrywighede beperk. > Besighede moet die wettigheid van besigheidskontrakte ken/verstaan sodat hulle aan al die vereistes voldoen.
Noem uitdagings wat in die omgewings faktor plaasvind en aanbevelings op hoe om dit te hanteer?
- Maatreëls om besigheidsafval weg te gooi, kan duur wees.> Implementeer kostedoeltreffende maatreëls om mediese afval weg te goo .
- Verpakking van sommige produkte is dalk nie omgewingsvriendelik nie/mag nie herwinbaar wees nie.> Implementeer herwinningsmaatreëls om besoedeling van die omgewing te voorkom. /Gebruik verpakking wat herbruikbaar /herwinbaar /bioafbreekbaar is.
- Die besigheid is dalk nie bewus daarvan dat sy huidige praktyke nie volhoubaar vir die omgewing is nie en dat dit bydra tot omgewingsagteruitgang. > Raak betrokke by omgewingsvolhoubare praktyke soos die bewaring /beskerming van natuurlike hulpbronne.
Noem uitdagings wat in die Politieke faktor plaasvind en aanbevelings op hoe om dit te hanteer?
Noem uitdagings wat in die Politieke faktor plaasvind en aanbevelings op hoe om dit te hanteer?
- Mag nie tred hou met/bewus wees/op hoogte bly van die nuutste tegnologie nie >Doen deurlopende navorsing oor die nuutste beskikbare tegnologie/ toerusting in die mark
- Werknemers mag dalk nie vaardig wees om nuwe tegnologie/toerusting te gebruik of in stand te hou nie.> Lei bestaande/huidige werknemers op/ stel nuwe werknemers aan om nuwe toerusting/tegnologie te gebruik en in stand te hou.
- Besighede kan dalk nie nuwe tegnologie bekostig nie.> Vergelyk pryse /Kies geskikte verskaffers vir nuwe toerusting/masjinerie/ tegnologie teen billike pryse.
- Kan dalk nie voorsiening maak vir/ bekostig/toegang hê tot aanlyntransaksies/e-handel nie. > * Besighede moet gerat/gereed wees vir aanlyn handel/e-handel.