2.3 Die menslike hulpbronnefunksie : Induksie Flashcards
1
Q
Def v induksie
A
- Induksie is die proses om nuwe werknemers aan ‘n besigheid/ werksomgewing/organisasie bekend te stel.
- Nuwe werknemers raak vertroud met hul nuwe fi siese werksomgewing/ organisasiekultuur/produkte en dienste.
- Inligting rakende die prosesse/prosedures/metodes van die besigheid word aan nuwe werknemers gekommunikeer.
- Die werksverwagtinge/rolle/verantwoordelikhede word aan nuwe werknemers verduidelik.
2
Q
Doel v induksie
A
- Stel nuwe werknemers voor aan die bestuur en kollegas om verhoudings met mede-kollegas op verskillende vlakke te vestig.
- Laat nuwe werknemers welkom voel deur hulle aan hul werkruimte voor te stel.
- Laat nuwe werknemers die geleentheid hê om vrae te stel wat hulle gemaklik kan maak onsekerheid en angs sal verminder.
- Stel nuwe werknemers vertroud met die organisasiestruktuur
- Sorg dat werknemers hul rolle en verantwoordelikhede verstaan, sodat hulle produktief en effektief kan wees.
3
Q
Aspekte wat in ‘n induksieprogram ingesluit moet word
A
- Inleiding aan sleutelpersone en onmiddellike kollegas.
- Veiligheidsregulasies en -reëls.
- Oorsig van die onderneming.
- Besoek die perseel.
- Bespreking van die dienskontrak en diensvoorwaardes.
- Bespreking van werknemersvoordele
- Inligting oor die onderneming se produkte / dienste.
- Vergadering met senior bestuur wat die onderneming se visie /waardebeskrywings / daaglikse take sal uiteensit.
- Diensvoorwaardes,
- Administrasiebesonderhede oor stelsels en prosesse.
- Bespreking van personeelbeleide.
- Programme vir maatskaplike verantwoordelikheid.
4
Q
Voordele van induksie
A
- Verhoog die kwaliteit van produktiwiteit
- Laat nuwe werknemers toe om vinnig in te skakel en effektief te werk.
- Verseker dat nuwe werknemers reëls en beperkings in die besigheid ken.
- Nuwe werknemers kan verhoudings met ander werknemers in ander vlakke vestig
- Laat nuwe werknemers gemaklik voel in die werkplek, wat angs en onsekerheid verminder.
- Nuwe werknemers sal veiligheid regulasies en reels verstaan.