1.4 Die Impak van onlangse wetgewing op besighede WBDV Flashcards
1
Q
Waarvoor staan WBDV
A
- Wet op Basiese Diensvoorwaardes
2
Q
Verduidelik kortliks die WBDV
A
- sit uiteen mimimum voorwaardes van bilike arbeidspraktyke en menslike hulpbronpraktyke in werkplek
*
3
Q
Doel WBDV
A
- Verskaf duidelike diensvoorwaardes vir werkgewers en werknemers
- Stel minimum vereistes vir dienskontrak
- Reguleer die reg op bilike arbeidspraktyke soos uiteengesit in die grondwet
- Voldeon aaan reels en regulasies wat deur die internasionale arbeidsorganisasie uiteengesit
- Bevorder ekonomiese ontwilkkeling en sosiale geregtigheid
- Reguleer die variaseis van basiese diensvoorwaardes
4
Q
Voordele van WBDV v besigheid
A
- Skep raamwerk van aanvaarbare indisnenemingspraktyke
- Bevorder regverdige behandeling van werknemers en gewers aan
- Moedig konsultasie tussen werkgewers en nemeraan
- Omskryf min vereistees wat die basis vorm van die dienskontrak
- Werksure word gespesifeer sodat die werkgewer nie werknemers kan ontgin nie.
5
Q
Nadele van WBDV v besigheid
A
- Die ontwikkeling van ‘n wettige dienskontrak kan tydrowend en duur wees.
- Besighede kan dienskontrakte negatief beskou en dit moontlik nie implementeer nie, wat lei tot ongehoorsaamheid en boetes.
- Geen werkgewer mag ‘n werknemer dwing om meer as 45 uur per week te werk nie. Dit kan lei tot verminderde produktiwiteit.
- Die huur van goedkoop arbeid is nie meer moontlik nie, dus kan ondernemings nie werkers uitbuit nie.
- WBDV dwing ondernemings om aan baie wetlike vereistes te voldoen, wat die arbeidskoste kan verhoog.
- Om aan sekere van die WBDV te voldoen is soms baie duur. Negatiewe effek op bes se kontantvloei.
- As besigheid nie aan wet voldoen nie, kan hul aangekla word en sal moet boetes betaal.
6
Q
oortredings /diskriminerende optrede volgens die WBDV
A
- Verbied werkers om lone / salarisse met medewerkers te bespreek.
- Voorkom dat werkers toegang tot dienskontrakte het.
- Weier om ‘n geldige mediese sertifikaat van ‘n siek werker te aanvaar.
- Weier om ‘n werknemer gesinsverantwoordelikheidsverlof te gee om ‘n siek
familielid te onderhou
7
Q
Strawwe wat ondernemings kan opdoen omdat hulle nie aan die WBDV voldoen nie.
A
- Arbeidsinspekteurs kan ‘n nakomingsbevel diel deur aan die Departement van Arbeid te skryf.
- Arbeidsinspekteurs kan ondersoek instel oor klagtes.
- Besighede kan na die arbeidshof geneem word vir n oortreding.
- Besighede wat skuldig bevind word aan die nie-nakoming, kan swaar boetes ontvang.
- Hulle kan beveel word om skadevergoeding aan die werknemer te betaal.
- Die direkteur-generaal kan die nakomingsbevel ooreenkom / verander /
kanselleer.
8
Q
Maniere waarop ondernemings die WBDV kan nakom
A
- Werkers moet slegs 9 uur per dag in ‘n 5 dae werksweek werk. OF 8 uur per dag in ‘n 6 dae werksweek. OF Oortyd mag nie langer as 10 uur per week wees nie.
- Werkers moet betaal word vir siekverlof vir tot en met 6 weke tydens n 36-week siklus.
- Werkers moet dubbel ontvang as hulle gedurende openbare vakansiedae of Sondag werk
- Werkers moet na 5 ure se werk n 60 min breek ontvang.
- Besighede moet nie kinders onder die ouderdom van 16 in diens neem nie.
9
Q
Wat bepaal die WBDV?
A
- Werksure
- Oortyd
- Verlof
- Maaltye en rusperiodes.
- Publieke vakansiedae
- Beeindiging van indiensneming
- Kind en dwangarbeid.
10
Q
Bespreek die bepalings van die WBDV op werksure
A
- Werkers mag nie meer as 45 uur per week werk nie.
- Werkers mag nege uur per dag werk indien hulle vyf dae of minder per week werk
- OF agt uur per dag werk indiend hulle meer as vyf dae per week werk.
- Nagwerk wat na 18:00 en voor 6:00 die volgende dag volgens ooreenkoms , moet vergoed word deur toelae of vermindering van werksure.
11
Q
Bespreek die bepalings van die WBDV op oortyd
A
- Werkers moet instem om oortyd te werk, hulle mag nie gedwing word nie.
- Werkers kan nie meer as drie uur oortyd per dag / 10 uur per week werk nie.
- Een en ‘n halwe keer die normale tarief vir oortyd gewerk op weeksdae en Saterdae.
- 2 die normale vergoeding vir oortyd wat op Sondae en openbare vakansiedae gewerk word.
- Een en n half keer die normale tarief vir oortyd gewerk op weeksdae en Saterdae.
12
Q
Wat is die soorte verlof?
A
- Jaarlikse verlof
- Siekverlof
- Kraamverlof
- Gesinsverantwoordelikheidsverlof
- Ouerskapverlof
13
Q
Watter jaarlikse verlof is werkers na geregtig?
A
- 21 opeenvolgende dae jaarlikse verlof per jaar OF Een dag vir elke 17 dae gewerk OF Een uur vir elke 17 uur gewerk.
- ‘n Werkgewer kan ‘n werker slegs in plaas van verlof betaal as die werknemer die werk verlaat.
- Jaarlikese verlof moet toegestaan word binne 6 maande nadat die verlofsiklus eindig.
14
Q
Watter siekverlof verlof is werkers na geregtig?
A
- 6 weke siekteverlof betaal in ‘n tydperk van 36 maande
- OF 1 dag betaalde siekteverlof vir elke 26 dae gewerk gedurende die eerste ses maande van diens
- ‘n Mediese sertifikaat kan vereis word voordat u ‘n werknemer betaal wat langer as twee opeenvolgende dae afwesig is of wat gereeld afwesig is.
15
Q
Watter kraamverlof verlof is werkers na geregtig?
A
- ‘n Swanger werknemer is op vier opeenvolgende maande verlof geregtig.
- ‘n Swanger werknemer mag nie toegelaat word om werk te verrig wat gevaarlik is vir haar of haar ongebore kind nie.
- Die aanvangsdatum is gewoonlik vier weke voor die verwagte geboortedatum of op advies van ‘n dokter / vroedvrou.