1.5 Die Impak van onlangse wetgewing op besighede WVBBS Flashcards
1
Q
Waarvoor staan WVBBS
A
Wysingswet op vergoeding vir beroepsbesering en siektes.
2
Q
Wat is die doel van die WVBBS
A
- Bied ‘n omvattende beskerming aan werknemers wat beseer is tydens die uitvoering van hul pligte.
- WVBS is van toepassing op alle deeltydse en voltydse werkers wat siek /
beseer / gestremd / vermoor word weens ‘n ongeluk / siekte in die werkplek - Dit sluit werkers uit wat hulle skuldig maak aan opsetlike wangedrag / werkers
wat vir minstens twaalf maande buite Suid-Afrika werk, uit / lede van die SA
Weermag / Polisiedienste. - Dit maak voorsiening vir die instelling van ‘n Vergoedingsraad wat die Minister
van Arbeid moet adviseer oor die toepassing / bepalings van WVBS. - Werknemers mak maandlikse bydraes for vergoedimgsfonds
3
Q
Wat is die voordele van die WVBBS vir besighede?
A
- Bevorder Veiligheid in die werkplek.
- Werknemers dra nie by tot hierdie fondse nie.
- Eisprosesse is relatief en eenvoudig.
- Elimineer tyd en koste wat spandeer word aan lang siviele hofverigtinge.
- Enige vergoeding aan werknemer of hul gesin is vrygestel van inkomstebelasting.
- Werkgewers word beskerm teen finansiele las iindien n ongeluk in die werkplek voorkom, die werkgewer nie nalatig is nie.
4
Q
Wat is die nadele van die WVBBS vir besighede?
A
- Eisprosesse kan tydrowend wees.
- Binnelandse’/militere werkgewers word nie gedek nie.
- Werkgewers mag gewing word om swaar strawwe te betaal as hulle skuldig gevind word aan nalatigheid.
- Implementeringsprosesse wat deur die wet vereis word, kan duur wees.
- Prosedures wat deur hierdie wet vereis word, kan duur wees aangesien papierwerk n ekstra admin las op besighede sit.
5
Q
Oortredeings/diskriminerende aksies volgens die WVBBS.
A
- Werkgewers wat omkoop of voorkom dat werknemers die ongeluk of besering aan meld.
- Verskaf vals inligting oor vorige, ernstige ongelukke / beroepsiektes.
- Werkgewers wat nie bydra tot die Vergoedingsfonds nie.
- Werkgewers wat nie eise vir beserings toelaat nie, diskrimineer beseerde
werknemers. - Werkgewers wat te lank neem om eise te verwerk.
- Vergoeding wat verreken word teen enige skuld van die persoon wat op die
vergoeding geregtig is.
6
Q
Strawwe vir nie-nakoming van WVBS
A
- Besighede kan beboet word omdat hulle weier om die eis in te dien of omdat hulle die wet breek.
- Ondernemings kan gedwing word om groot betalings te maak as hulle nie die
nodige voorsorgmaatreëls volgens die Wet getref het nie. - Hulle kan gedwing word om enige herstelkoste wat deur die Vergoedingsfonds vereis word, te betaal.
Werknemers kan ondernemings hof toe neem omdat hulle hom/haar (die werknemer) nie by die kommissaris van die Vergoedingsfonds geregistreer het nie. - As ondernemings skuldig bevind word aan wangedrag, sal hulle groot boetes tronkstraf moet betaal.
7
Q
Maniere waarop ondernemings aan die WVBS kan voldoen
A
- Besighede moet n gesonde en veilige werksomgewing bied.
- Verseker dat die perseel en toerusting in n goeie en werkende teostand is.
- Registreer by die vergoedingskommissaris en verskaf die besonderhede van besigheid.
- Rapporteer alle voorvalle waat die dood, besering, of siektes van werknemers veroorsaak.
- Heffings moet aand ei vergoedingsfonds betaal word.
- Hou rekords van werknemers se inkomste en besonderhede van werk vir vier jaar.
8
Q
Verduidelik kortliks die WVBBS
A
- Ingestek om die gesondheid en veiligheid van werknemers in die werkplek te bevorder en beskerm.
- Verskaf riglyne vir die vergoeding van werknemers wat in die normale uitvoering van hul pligte by die werkplek beserings of siektes opdoen.