Via Afrika LW - Hoofstuk 7: Steun Stelsels by diere Flashcards

1
Q

Wat is ‘n kwadripleeg?

A

Iemand wat nie sy bene of arms kan gebruik nie omdat hulle verlam is.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
2
Q

Wat is die drie hooftpes skelette by diere?

A

Hidrostatiese steunstelsel, eksoskelet-steunstelsel, endoskeletsteunstelsel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
3
Q

Omskryf ‘n hidrostatiese steunstelsel:

A

‘n Hidrosatiese steunstelsel is ‘n tipe liggaamssteunstelsel wat in baie ongewerwelde diere voorkom, soos erdwurms en seekommers. In plaas daarvan om bene of ‘n harde eksoskelet te gebruik, maak hierdie diere staat op ‘n vloeistof-gevulde liggaamsholte (gewoonlik ‘n geslote stelsel) om vorm en struktuur te behou.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
4
Q

Omskryf ‘n eksoskelet:

A

‘n Eksoskelet is ‘n harde, eksterne skelet wat die liggaam van ‘n dier beskerm en ondersteuning bied. Dit kom veral voor by ongewerweldes soos insekte, spinnekoppe en skaaldiere. In teenstelling met ‘n endoskelet (binne-skelet, soos by mense), lê die eksoskelet aan die buitekant van die dier se liggaam.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
5
Q

Noem 4 eienskappe van ‘n eksoskelet:

A

1) Beskerming: Die eksoskelet dien as ‘n beskermende laag wat die dier se interne organe teen beserings, uitdroging en vyande beskerm.

2) Steun: Dit bied strukturele ondersteuning vir die liggaam en help om die dier se vorm te behou.

3) Beweging: Die eksoskelet is dikwels in segmente verdeel, wat die dier toelaat om sy ledemate te buig en te beweeg.

4) Groeibeperking: Omdat die eksoskelet nie kan rek nie, moet die dier dit afwerp en vervang met ‘n groter een as dit groei, wat bekend staan as molting of vervelling.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
6
Q

Omskryf die endoskelet

A

‘n Endoskelet is ‘n interne skelet wat binne-in die liggaam van ‘n organisme voorkom. Dit verskaf strukturele ondersteuning, beskerming vir interne organe en dien as aanhegpunte vir spiere, wat beweging moontlik maak. Dit is die tipe skelet wat gevind word in gewerweldes soos mense, voëls, visse en soogdiere.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
7
Q

Wat is die eienskappe van ‘n endoskelet?

A

1) Binneliggaamsteun: Die skelet is aan die binnekant van die liggaam en ondersteun die dier se vorm en beweging.

2) Groeivermoë: Anders as ‘n eksoskelet, kan ‘n endoskelet saam met die organisme groei. Dit hoef nie vervang te word soos by ‘n eksoskelet nie.

3) Samestelling: Endoskelette bestaan hoofsaaklik uit been en kraakbeen, wat lig genoeg is om beweging toe te laat, maar sterk genoeg is om beskerming en ondersteuning te bied.

4) Aanhangsel: Spiere heg aan die bene vas, wat beweging toelaat wanneer die spiere saamtrek.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
8
Q

Wat is die voordele en nadele van ‘n hidrostatiese skelet?

A

VOORDELE:
- Waterdiere kan groter word omdat ide steun van water die uitwerking van swaartekrag verminder.
- Landdiere kruipmaklik in die grond in vir beskerming.
- Beweging het min energie nodig omdat die dier deurwater of klam grondomgewings gehelp word.

NADELE:
- Geen steun vir stiepe en ledemate of aanhangsels.
- Landdiere se groei is beperk.
- Kan nie vinnig ontonstap nie.
- Het geen verdediging of beskermende meganismes
- Moet in klam of water omgewings bly om te oorleef en ontwatering te voorkom.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
9
Q

Wat is die voordele en nadele van ‘n eksoskelet?

A

VOORDELE:
- Pantserplate om sagte inwendige weefsels en organe te steun en beskerm.
- Verskaf vorm en strukturele steun.
- Voorkom ontwatering
- Verskaf beweging vir spiere.

NADELE:
- Beperk grootte van dier
- Groei probleme kan veroorsaak word.
- Dier moet vervel om te groei.
- Gebruik baie energie met hergroei na elke verveling.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
10
Q

Wat is die voordele en nadele van ‘n endoskelet?

A

VOORDELE:
- Groter en meer buigsaam.
- Kan groei.
- Beperkte energie nodig vir meer groei omdat skelet aangevul en nie vervang word nie.
- Verskaf vorm en strukturele steun.
- Bene se grootte kan wissel om massa te steun.

NADELE:
- Geen eksterne beskermings meganismes.
- Spiere aan buitekant gelee (kan maklik beskadig word)
- Voorkom nie ontwatering nie.
- swak hefboomwerking vir spierbeweging.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
11
Q

Watter tipe skelet het mense?

A

Endoskelet

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
12
Q

In watter twee afsonderlike gedeeltes word bene gedeel?

A

Asskelet en aanhangskelet.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
13
Q

Waaruit bestaan die asskelet?

A

Die skedel, werwelkolom en toraks

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
14
Q

Wat is die funksie van die asskelet?

A

Bied beskerming en vorm vir die brein, ruggraat en organe in die toraks.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
15
Q

Wat beskerm die skedel en deur wat word dit gevorm?

A

Die skedel beskerm die brein en word gevorm deur die kranium en gesigsbene.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
16
Q

Wat is die groot opening by die basies van die skedel genoem en wat loop daarduer?

A

Die foramen magnum en die rugmurg loop daardeur.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
17
Q

Wat is die twee belangrikste gesigsbene?

A

Maksilla en mandible

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
18
Q

Wat is die drie verskillende tipes tande wat alle soogdiere het en hul funksies?

A

Snytande - Sny kos in klein stukkies
Oogtande - Help om die kos van te hou en te skeur of byt
Voorkietande en kiestande - pers kom saam en maal dit fyn.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
19
Q

Hoeveel werwels is in die mens se werwelkolom?

A

33 - 7 servikale werwels, 12 torakale werwels, 5 lumbale werwels, 5 saamgesmelte bekkenbene in die sakrum, en 4 stuitbene in die koksiks

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
20
Q

Wat omring die werwelkolom?

A

Die werwelkolom omring en beskerm die delikate rugnurg, wat deur die sentrale holte loop. Dit is ook ‘n hegtingspunt vir ribbe, die skouergordel en die bekkengordel.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
21
Q

Waaruit bestaan die toraks?

A

12 pare ribbe, die sternum, en torakale werwels.

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
22
Q

Waaruit bestaan die aanhangskelet?

A

Arms, hande, bene, voete, pelvis - kleiner dele wat aan die grootter dele aanheg.Wat

How well did you know this?
1
Not at all
2
3
4
5
Perfectly
23
Q

is die funksie van die aanhangskelet?

A

beweging

24
Q

Wat is die algemene funksies van die menslike skelet?

A

Beweging, beskerming, steun, stoor, gehoor, vorming.

25
Q

Waaruit bestaan ‘n tipiese langbeen?

A

Medulla, murg, diafise, epifise, artikulere kraakbeen, periosteum, bloedtoevoer.

26
Q

Waarom kan bene in die endoskelet van werweldiere as organe beskou word?

A

Omdat hulle ‘n versameling van verskillende weefsels is wat ‘n gemeenskaplike funksie uitvoer.

27
Q

Wat is bloed?

A

Bloed is ‘n vloeibare bindweefsel wat plasma, rooi- en witbloedselle, asook plaatjies bevat en vervoer suurstof en ander opgeloste stowwe deur die liggaam

28
Q

Wat is gestreepte skeletspiere?

A

Skeletspiere is met tendons aan bene geheg. Hulle bestaan uit langwerpige selle wat miofibrille bevat om saam te trek. Skeletspiere help met beweging.

29
Q

Wta is hialienkraakbeen?

A

Kraakbeen is ‘n sterk buigsame en elastiese weefsel. Kraakbeen bedek die punte van bene in gewrigte en tree as skokbreker op om beserings tydens beweging en impak te voorkom.

30
Q

Wat is Been?

A

Been is die onbuigsame weefsel in die lggaam en vorm die bene vna die skelet. Been verskaf steun en beskerming aan die liggaam, vorm bloedselle in die beenmurg en stoor mineraalsoute soos kalsium.

31
Q

Wat is digte veselagtige bindweefsel?

A

Digte veselagtige bindweefsel is sterk en buigsaam. Wit veselagtige bindweefsel word gevind in tendons wat spiere met bene verbind. Geel veselagtige bindweefsel word gevind in ligamente wat been met been verbind.

32
Q

Wat is ‘n gewrig?

A

‘n gewrig in die gewerwelde skelet is waar twee of meer bene bymekaarkom en sy funksie is om met beweging te help en verskaf groter strekte en beskermende oppervlak.

33
Q

Wat is die hooftipes gewrigte in die menlike liggaam?

A

1) Onbeweeglike gewrigte - Die gewrig is sterk, maar laat nie beweging toe nie.
2) Gedeeltelik beweeglike gewrigte - Laat klein hoeveelheid beweging toe.
3) Beweeglike geweigte of sinoviale gewrigte - laat beweging op verskillende maniere toe.
4) Veselgewrigte - hou tande in die tandkaste.

34
Q

Wat is ‘n sinoviale gewrig?

A

Dit is ‘n beweegbare gewrig wat vloeistof bevat wat wrywing verminder, soos in die knie of elmboog

35
Q

Wat is die rol van kraakbeen in gewrigte?

A

Kraakbeen bedek die punte van bene in gewrigte om skokke te absorbeer en gladde beweging te bevorder.

36
Q

Noem die tipes sinoviale gewrigte.

A

Skarniergewrig, bal-en-potjie, spilgewrig, glygewrig

37
Q

Wat is die rol van ‘n gewrig in die ligaam?

A

Gewrigte verbind bene van die skelet en maak dit stabiel en beweeglik.

38
Q

Wat is die rol van ligamente?

A

Bene word deur ligamente verbind, wat aan hulle ekstra stabilitiet en strekte gee.Ligamente verbind die bene en die gewrigkapsules

39
Q

Wat is ‘n antagonistiese spiere?

A

Spiere wat teenoorgesteld van mekaar werk.

40
Q

Wat bevat spierveselselle?

A

Sitoplasma (sarkoplasma), talle kerne en mitochondria.

41
Q

Wat is ragitis?

A

Ragitis is ‘n siekte wat veroorsaak word deur ‘n tekort aan vitamien D, kalsium of fosfaat, wat lei tot swak en sagte bene by kinders.

42
Q

Wat is die hoofoorsaak van ragitis by kinders?

A

‘n Tekort aan vitamien D, wat noodsaaklik is vir die opname van kalsium en fosfaat in die bene.

43
Q

Watter simptome dui aan dat ‘n kind aan ragitis ly?

A

Simptome sluit in swak spiere, gebuig of misvormde bene, vertraagde groei, en pyn in die bene.

44
Q

Hoe kan ragitis voorkom word?

A

Ragitis kan voorkom word deur ‘n dieet wat ryk is aan vitamien D (soos vis, eiers, en versterkte melk), genoeg blootstelling aan sonlig, en voldoende inname van kalsium en fosfaat.

45
Q

Hoe word ragitis by kinders behandel?

A

Behandeling sluit in die aanvulling van vitamien D en kalsium, asook sonligblootstelling en soms mediese ingryping vir ernstige beenvervorming.

46
Q

Wat is osteoporose en hoe beïnvloed dit die liggaam?

A

Osteoporose is ‘n siekte wat veroorsaak dat bene broos en dun word, wat die risiko vir beenbreuke verhoog, veral by die ruggraat, heupe, en polse.

47
Q

Watter faktore verhoog die risiko om osteoporose te ontwikkel?

A

Faktore soos veroudering, ‘n tekort aan kalsium, lae hormoonvlakke (soos estrogeen ná menopouse by vroue), ‘n sittende leefstyl, en genetika kan die risiko verhoog.

48
Q

Hoe kan osteoporose voorkom word?

A

Osteoporose kan voorkom word deur voldoende inname van kalsium en vitamien D, gereelde gewigdraende oefening, en ‘n gesonde leefstyl wat rook en oormatige alkoholverbruik vermy.

49
Q

Watter simptome kan dui op osteoporose?

A

Osteoporose toon dikwels geen simptome totdat ‘n been maklik breek, rugpyn veroorsaak deur ‘n gekraakte werwel, of ‘n afname in lengte as gevolg van ruggraatkompressie.

50
Q

Hoe word osteoporose gediagnoseer en behandel?

A

Osteoporose word dikwels gediagnoseer deur ‘n beendigtheidstoets (DXA-skandering). Behandeling sluit in medikasie om beendigtheid te versterk, sowel as lewenstylveranderings soos dieetverbetering en gereelde oefening.

51
Q

Wat is artritis en wat veroorsaak dit?

A

Artritis is ‘n ontsteking van een of meer gewrigte wat pyn, styfheid, en swelling veroorsaak. Dit kan veroorsaak word deur ouderdom, oorerwing, beserings, of outo-immuun siektes.

52
Q

Wat is die verskil tussen osteoartritis en rumatoïede artritis?

A

Osteoartritis is ‘n afbreek van kraakbeen in gewrigte weens veroudering of slytasie, terwyl rumatoïede artritis ‘n outo-immuun siekte is wat die gewrigte aanval en inflammasie veroorsaak.

53
Q

Watter simptome dui daarop dat iemand aan artritis ly?

A

Simptome sluit in gewrigspyn, swelling, styfheid, en beperkte beweging in die aangetaste gewrigte.

54
Q

Hoe word artritis gediagnoseer?

A

Artritis kan gediagnoseer word deur ‘n mediese ondersoek, x-strale, bloedtoetse (vir outo-immuun tipes), en ander beeldvormingstoetse om die toestand van die gewrigte te evalueer.

55
Q

Hoe kan artritis behandel of bestuur word?

A

Behandeling kan insluit medikasie (pynstillers, anti-inflammatoriese middels), fisiese terapie, lewenstylveranderings soos oefening en gesonde eetgewoontes, en in ernstige gevalle chirurgie om beskadigde gewrigte te vervang.