Lewenswetenskap - Wetenskaplike Metode Flashcards
Wat is Die Wetenskaplike Metode?
Die Wetenskaplike Metode is ’n stel gestruktureerde stappe wat geneem word of die proses wat gevolg word wanneer ons wetenskaplike verwantskappe ondersoek.
Wat is die formaat wat ‘n weteskaplike ondersoek altyd weergegee word?
‘n doel, ‘n ondersoekende vraag, ‘n hipotese, apparaat en ‘n metode, waarnemings en resultate (die insameling van data), ‘n gevolgtrekking
In ‘n wetenskaplike ondersoek, wat is ‘n doel en hoe is dit gestel?
‘n Doel is wat jy wil bewys of wat jy wil ondersoek. Dit is gewoonlik ‘n stelling wat begin met “Om”
Watse veranderlikes moet genoem word in ‘n doel van ‘n wetenskaplike ondersoek?
Die onafhanklike en afhanklike veranderlikes moet genoem word.
In ‘n wetenskaplike ondersoek, wat is ‘n ondersoekende vraag en hoe is dit gestel?
Dis jou doel in ‘n vraag vorm en eindig met ‘n “?”
In ‘n wetenskaplike ondersoek, wat is ‘n hipotese?
‘n Hipotese beantwoord die ondersoekende vraag met wat jy voorspel sal gebeur. Dit is slegs ’n voorspelling – die hipotese mag nog ‘verkeerd’ bewys word.
Dit werk goed om jou hipotese te begin met: _________________
“dit word verwag dat…”
In ‘n wetenskaplike ondersoek, wat is ‘n metode
‘n lys van stappe met kort en duidelike sinne met die metode van presies die eksperiment uitgevoer moet word. Dit kan ‘n genommerde lys wees of ‘n kollys.
Waarvan moet jy seker maak as jy ‘n metode neerskruif van ‘n wetenskaplike ondersoek?
Maak seker dat jy sê wat die persoon moet doen, hoeveel gebruik moet word, en met watter apparaat.
Wat moet jy insluit na die metode van ‘n wetenskaplike ondersoek?
Sluit voorsorgmaatreëls en/of veiligheidsmaatreëls in, indien van toepassing.
Wat is voorsorgmaatreels?
Voorsorgmaatreëls is hoe die metode uitgevoer moet
word sodat die lesing akkuraat en presies is.
bv Draai die inspuiting onderstebo sodat enige lugborrels na die spuit se opening kan beweeg. Tik dit liggies met jou vinger. Druk die stopper versigtig totdat die lugborrel uit is.
Wat is veiligheidsmaatreels?
Veiligheidsmaatreëls is om te verseker dat die persoon wat die ondersoek uitvoer nie seerkry of siek word nie.
Wanneer daar byvoorbeeld met skadelike of vlambare chemikalië gewerk word, liggaamsvloeistowwe of besmette water, moet handskoene gedra word. ’n Veiligheidsbril en ’n laboratoriumjas word ook aanbeveel. Wanneer iets met bakterië besmet is, moet daar ’n masker gedra word.
Wat moet geksryf word na die veiligheidsmaatreels?
Neem rekord van die resultate / skryf resultate neer / tabuleer die resultate – afhangend van die eksperiment. Maak seker om te sê wat die resultate is wat jy neerskryf bv. aantal bottels of kleurverandering in proefbuis.
Wat beteken dit om waarneming te gebruik in ‘n eksperiment?
Om jou sintuie te gebruik - Let op na veranderinge in kleur, klank, reuk, smaak.
Wat is jou resultate in ‘n eksperiment?
Wanneer jy jou waarnemings neerskryf, staan dit bekend as
jou resultate. Die beste is om dit in tabelvorm te doen of stel dit grafies voor, indien moontlik.
Wat is kwantitatiewe data?
Veranderinge wat ’n spesifieke getal numeriese waarde het, noem ons kwantitatiewe data of resultate
Wat is kwalitatiewe data?
Veranderinge wat nie ’n spesifieke getal/ numeriese waarde aan gekoppel het nie, maar ’n kleur-, klank- of reukverandering is.
Wat is ‘n gevolgtrekking in ‘n weteskaplike ondersoek?
Verwys na die verhouding tussen die onafhanklike
veranderlike en afhanklike veranderlike – hoe het die
afhanklike veranderlike verander as gevolg van die
onafhanklike veranderlike?
Die faktore of groothede wat tydens ’n wetenskaplike ondersoek verander en gemeet word, word ______________ genoem
veranderlikes (variables)
Wat is ‘n onafhanklike veranderlike (independent variable) en waar word dit voorgestel?
Faktore wat deur die wetenskaplike/leerling verander word, om die afhanklike veranderlike te beinvloed. Word op die horisontale-as voorgestel (die x-as)
Wat is ‘n afhanklike veranderlike (dependent variable) en waar word dit voorgestel??
Word waargeneem en gemeet omdat dit verander as gevolg van veranderinge wat aan die onafhanklike veranderlike gemaak word. word op die vertikale as (die y-as) voorgestel.
Wat is ‘n gekontroleerde veranderlike (controlled variable)
Die faktore wat konstant gehou word om te verseker dat die
eksperiment of ondersoek regverdig/ betroubaar is.
bv - elke plant moet elke dag 13:00 die middag 50ml water kry
Wat is die VHA akroniem voor en waarvoor staan dit?
Die VHA akroniem word gebruik om te verduidelik hoe ‘n veranderlike gekontrolleer kan word.
- Veranderlike = Sê watter VERANDERLIKE konstant gehou moet word.
- Hoeveel = Maak seker om te sê HOEVEEL van elke stof / chemikalie gebruik word
- Apparaat = met watter APPARAAT die hoeveelheid afgemeet word.
In ‘n tabel, waar word die onafhanklike veranderlik geskryf?
Die onafhanklike veranderlike word in die linkerkantste kolom van die boonste ry geskryf.
In ‘n tabel, waar word die afhanklike veranderlik geskruif?
Die afhanklike veranderlike word in die regterkantste kolom van die boonste ry geskryf
Die tabel moet ‘n onderstreepte _________ hê wat bo of onder die tabel geskryf word. Die __________ moet sê “ ‘n Tabel van…” en dit moet beide ________________ bevat.
opskrif. opskrif. veranderlikes.
Elke kolom moet ‘n ____________hê.
opskrif.
Eenhede word in die kolom / ry _______________ geskryf en nie in _____ _________________ sel nie.
opskrif. elke individuele.
Wat moet jy seker maak om aan te dui op ‘n dubbel lyngrafiek aangaande die lyne?
Indien ‘n grafiek twee lyne op het, moet die lyne benoem word op die grafiek, of ‘n sleutel moet geteken word om aan te dui wat elke lyn verteenwoordig.
Wat doen jy as daar gevra word om die resultate op ‘n grafiek te bespreek?
Wanneer daar gevra word om die resultate op die grafiek te bespreek, moet ons na die tendens verwys en die datapunte van beide die x-as en y-as bespreek.
In die weteenskaplike metode, waarna verwys betroubaarheid?
In die wetenskaplike metode verwys betroubaarheid na die vermoë om ‘n eksperiment te herhaal en dieselfde resultate te kry
In die weteenskaplike metode, waarna verwys akkuraatheid?
Akkuraatheid (of geldigheid) verwys na die mate waarin die resultate ooreenstem met die ware of aanvaarde waarde.
Wat is ‘n reagens?
Reagense is stowwe wat gebruik word om die teenwoordigheid van ander chemikalieë te bepaal. Dit word gewoonlik aangetoon deurdat die reagens van kleur verander in die teenwoordigheid vir die stof waarvoor getoets word.
Wat is indikators?
Indikators is tipes reagense wat pH veranderinge aandui.
Wat is die 8 reels vir biologiese tekeninge?
1) Sorg dat die tekening in die middel van die bladsy is om plek vir byskriflyne en byskrifte toe te laat.
2) Maak seker dat die tekening groot genoeg is om duidelik te wees. Verkieslik Helfte van ‘n A4
3) Moet nie te hard druk nie, anders is dit moeilik om lyne uit te vee en netjiese verbeterings en regstellings te maak.
4) Hou die tekening eenvoudig en gee aandag aan proporsie.
5) Moenie kleur of skakering gebruik nie.
6) Die opskrif kan bo of onder die tekening verskyn en moet onderstreep wees.
7) Die titel moet die voorstelling van die tekening insluit wat jy teken bv lengtesnit of dwarsnit.
8) Die opskrif moet soveel inligting as moontlik bevat, byvoorbeeld waarvandaan die tekening verkry is (byvoorbeeld ‘n mikroskoop of ‘n fotomikrograaf) en die vergroting indien onder ‘n mikroskoop geplaas.
Wat is ‘n lengtesnit?
‘n Dun snit deur die langste deel van die voorwerp - Deur die lengte van ‘n voorwerp.
Wat is ‘n dwarssnit?
‘n dun snit deur die kortste deel van ‘n voorwerp - Deur die breete van ‘n voorwerp.